Jy blaai in die argief vir 2012 Augustus.

Wat is jou choas?

Augustus 27, 2012 in Sonder kategorie

WaT Is Jou CHOAS????

 

Wat is jou chaos?

Wanneer alles onderste bo en
agterste voor is is dit chaos?

Wanneer jou rekeninge meer is as
jou inkomste is dit jou chaos?

Of wanneer die een wat jy die
liefste is nie meer vir jou lief is nie is dit jou chaos?

 

Ek sien chaos en Hoop op dieselfde
plek.  In die middel van chaos is daar
altyd Hoop.  As jy jou “rock bottom”
bereik het en die vloer so hard getref het dat jou wind uit jou lyf gestamp is
dan word jy verplig om nuwe vars lug in te asem en dan my vriend op te styg na nuwe
hoogtes. 

 

Mens kan nie so ver sien op gelyke grond soos
wanneer jy op ‘n berg, heuwel staan nie. 
Met die visie kom daar effort, en inspanning.  Jy moet die berg klim om die visie te kan hê.  Selfde met Hoop, jy moet die chaos hê om die
Hoop te kry. 

 

Hoop dit maak sin.

So hou op bang wees vir chaos want
daarna kom is soveel lekkerder.  Die soet
by die Bitter.

 

 

 

H.O.P.E.

Augustus 22, 2012 in Sonder kategorie

Nee nee ek tik nie in Morse kode nie ek die (foto) raak geloop en dit bring weer ‘n vars perspektief vir my na die woordtjie Hoop toe. H.O.P.E = Hold On Pain Ends.

Is dit nie mooi gestel nie? Ek dink so. Alles in die lewe het seisoene self pyn en verdriet ook. Elke storm vat ‘n tyd om homself uit te woed. En dan breek die son deur. Ek weet nie vir wie probeer ek meer moed in praat nie vir my of vir julle.

Daar staan immers in die Bybel dat ons nie meer sal kry as wat ons kan hanteer nie, party keer dink ek omdat ek aan die ronde kant is dat die Here my soms sien as 2. Maar dan moet ook sê as die by seën kom dan kry ek dit ook dubbeld.

So hou vas aan die nuwe betekenis van Hoop, en onthou dit word weer beter. Tyd heel en gebede verander omstandighede

Drink uit jou piering!

Augustus 10, 2012 in Sonder kategorie

Ek het die ‘n paar
weke gelede die sinnetjie raakgeloop. 
Vir my was dit iets nuuts dalk het julle dit al gesien.

 

Ek drink uit my
piering want my koppie loop oor.

As ‘n mens dink jy
is arm en stil gaan sit en lysie maak van al jou “bates” dan kom jy agter dat
jou balansstaat nie so bleek lyk nie.

 

Ons gryp hysteria so
maklik aan die keel beet en skreeu “Wat nou?” “Wat gaan van ons word?” en dan
sonder dat jy dit agter kom seil jou bootjie verby die verdoemende ysberg en jy
kom aan die ander kant uit.

 

God se genade is so
groot vir ons.  Ons moet dalk eerder aan
Hom vasgryp en geanker bly as aan Histerie, bang-maak-stories en Self
uitgedinkte spoke.  Net Hy kan vir jou
Hoop gee, nie net Bybelse Hoop nie, ja dit ook maar Hoop wat jou vandag kan
deur dra wanneer jy nie meer krag het om ‘n voet voor die ander te sit nie. 

 

So skink jou koppie
en drink die Here se seën in

 

Om net weer te herinner!

Augustus 5, 2012 in Sonder kategorie

Vir die van julle wat nie lekker seker is waaroor my blog gaan nie, kom ek verduidelik van die Hoop Reeks:

Waar het alles begin?

BeateCreation het in 2006 ontstaan. Ek het ‘n naam gesoek wat sinoniem kan wees met my juwele reeks asook wie ek is.

Vandaar “BeateCreations” wat in Latyn beteken “Something that brings joy”

Hoekom die Hoop Reeks ?

Gedurende 2008 het die Heilige Gees dit op my hart kom druk om iets te ontwerp vir mense wat deur een of ander krisis gaan.

In Mei 2012 het ons ‘n blog begin waar u met ons u storie van Hoop kan kom deel en so weer ander kan bemoedig en inspirer.

Hoe om van die Hoop Reeks te bekom ?

Die Hoop Reeks is Gratis, maar slegs vir iemand wat weer ‘n skeppie Hoop benodig.

Stuur vir my ‘n boodskap en ek pos vir jou

Wat is die simboliek agter die Hoop Reeks?

Groen:

Soos wat nuwe gras uitspruit na ‘n veldbrand so sien ek groen as ‘n nuwe begin met nuwe hoop.

Kruis:

As Stormwaters jou lewe deurspoel is dit jou geloof wat jou anker in God se hand waaruit geen mag jou ooit sal kan ruk nie.

Gebedsboks:

By ‘n vriendin se ouerhuis is daar ‘n bord wat lees “Gebede verander omstandighede”. Ek glo dat elke gebed krag het, hetsy dit uit angs, woede of hartseer gebid word die Here oordeel nooit enige van ons gebede nie. Hy hoor elke gebed.

Hart:

Liefde is nie te ‘n “goedvoel” gevoel nie, dit is om deernis te hê vir ander se pyn, verlies & vrese. Dit is aanvaarding sonder oordeel, meededeelsaamheid sonder selfsug.

Vlinder:

‘n Vlinder is die internasionale teken vir hoop. Deur ons geloof kan ons hoop vekry en so met nuwe vlerke kan ons opstyg bo ons omstandighede.

Die Hoop Reeks is my geskenk aan u maak dit u eie en weet dat die Here u nooit bo u vermoëns sal toets nie.

Haal asem, en word weer kind

Augustus 2, 2012 in Sonder kategorie

Om te leef (om letterlik asem te haal kos niks). God het alles klaar geskep. Al die nodige sisteme vir ons om te lewe is klaar in plek gestel deur Hom. Laat ek dit so verduidelik. Dinge werk in ‘n siklusse. Ek erken eerlik dat ek niks van Evolusie weet nie of al deelgeneem het in redenasies daaroor nie. Ja ek stem dinge wat ons gebruik in ons lewe ja dit kos wel geld, maar wat het jy vandag nodig om te leef?

Ons raak so besig. Ons stres oor dinge wat tien teen een nooit eers kan gebeur nie. Die krississe wat wel gebeur sien ons nooit eers aankom nie. Dit mag vreemd klink maar wat beteken dit om te leef? Die konsep was nog altyd vir my ‘n vreemde ervaring op ‘n manier. Ek was nooit regtig seker wat presies hoe verduidelik ‘n mens hoe leef jy of anders gestel hoe ervaar jy die lewe?

Om te leef het ek het altyd gedink dit gebeur wanneer jy genoeg geld gemaak het, jou koskaste kreun onder die kos, in ‘n verhouding is, of geseend is met kinders.

Maar vandag dink/voel ek dit is wanneer vir slegs ‘n kort rukkie te midde van die grootste krisis, grootste pyn, grootste verlies jy kan besef JY LEEF!!!

JY HET ‘n DOEL!

JY IS BELANGRIK!

JY MAAK SAAK!

JY IS KOSBAAR!

Want vir die blote rede dat jy geskape is dit is ‘n wonderwerk en jy is gekies om hier te wees en om te kan leef. Om die son op jou vel te voel, of om natuur te kan ruik, of om eendag sonder dat jy weet ‘n impak te kan hê om iemand se lewe en dit so te verander.

Ek sien God en ons soos wanneer ‘n kind in gehardloop kom en opgewonde vertel wat hy/sy gedoen het. So sien ek ons tyd op aarde. Wat gaan jy entoesiasties vertel as jy in die hemel kom? Van watter “mooi” gaan jy kan vertel?

Asem in die lewe en blaas uit jou angs, jou vrese en jou “bejaarde”gevoel en word weer kind!