Jy blaai in die argief vir 2012 Julie.

Hoop verg moed!

Julie 23, 2012 in Sonder kategorie

Hoop verg moed.

Hoop verdryf spoke van gister wat vas klou in jou gemoed.

Hoop is soos ‘n nuwe grashalm wat uitloop na ‘n veldbrand.

Hoop is aansteeklik goed.

Nou dit is weer hoop!

Instant Hope – Just Add You?

Julie 23, 2012 in Sonder kategorie

Instant Hope – Just Add You?

 

Het jy Hoop?  As jy het hoe weet
jy dit?  Wat gee jou Hoop? Hoe langdurig
is jou Hoop?  Pas hoop in jou dag
in?  Het jy plek daarvoor of is jou dag
so vol gepak met “worry en stress”.  Lyk jou
hart en gemoed soos jou buitekamer wat jy al jou oortollige dinge in pak.  Mooi uit die oog uit?  Of is jou hart en lewe  “‘n oop skoon vertrek”  waardeur die lug kan
vloei en die son kan
skyn.

 

“Instant Gratification” is ‘n baie groot engelse woord vir die van ons
wat nie  meer wag nie ons het nie meer
geduld nie ons gryp wat ons dink ons nodig het en hol uit, en dan kom ons agter
die “nuwe ding” pas nou nie te lekker in jou lewe in nie. Nou wat nou?

 

Ek is gebore met die “ek haat dit om te wag” chromosoom.  Ek het geen geduld nie.  As ek ‘n koek bak sal ek die deur kort kort
oopmaak om te kyk hoe vorder die koek en as hy platval ewe onwaardig sê “maar
ek het alles reg gedoen”.  Ja maar jy het
nie geduld gehad nie my kind.

 

Ek dink die Here moet meer ons troos en ons lewens weer aanmekaar plak
omdat ons te vinnig is, te vinnig dinge doen en sê. Ons vertrou nie Sy
tydsberekening nie.  En was Hy al ooit
laat of verkeerd?  Ja ja sal ek my hoor
sê maar maar maar??  Hy is nooit laat nie
nooit nie.  Hy maak nooit ‘n fout
nie.  Dit is nie altyd wat ons wil hoor
nie, maar ongelukkig is dit so. 

 

Ek glo net deur Sy genade kry ons die regte soort Hoop, die regte soort
krag, die regte leiding en ook die regte padkaart wat jy moet volg.  So vou jou kaart oop.  Pak jou GPS weg en skuif jou hart, kop en
lewe so dat jy weer vir Hom plek maak om jou te lei.

 

Ek gaan probeer om meer soos die teks te leef en nie meer “grab and run”
nie .

Romeine 5:4 “..en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van
geloof kweek hoop”

Ek wonder …

Julie 19, 2012 in Sonder kategorie

Dit was ‘n besluit wat lank en moeilik gemaak is maar ons Siamees (Boeboe) met die blouste blou oë is 22 jaar deel van ons familie. Die laaste maand het sy regtig verswak en begin oud raak. Sy loop nog rond en eet nog maar die blou is stadig besig om te verdof.

Nou wonder ek hoe vol is die hemel van ons geliefdes. Nie net die 2 been tipe nie maar ook die 4 been familie lede. Jammer maar ek glo hulle gaan ook hemel toe. Ek kan my al voorstel die dag as jy daar bo kom dan is daar ‘n ry van bekendes wat jou inwag. Wat sal hulle vra? Ek hoop ek sien al my viervoet kinders weer want hulle het my help vorm in die mens wat ek vandag is.

Elkeen het op sy of haar manier hulle onvoorwaardelike liefde, vriendskap gegee. So uit hulle harte uit.

‘n Kuber wonderwerk

Julie 17, 2012 in Sonder kategorie

Wie sê daar is nie meer iets soos wonderwerke nie? Wel die bloggers op Litnet is vir my ‘n kuber wonderwerk.

Wel hier het ek ongelooflike mense “ontmoet” by wyse van spreke wie se harte warm klop. Klop met omgee en liefde en Hoop. Julle almal se passies oor die lewe en die deel van julle stories is vir my ‘n ongelooflike wonderwerk van Hoop.

Julle entoesiasme is aansteeklik. Julle verskil soms maar daar is meer omgee en saam baklei teen die donker siele. Elk een vertel sy of haar storie en niemand probeer iemand “upstage” nie. Almal is net hulle eerlike self, ek leer so baie elke dag hier en ek waardeer die tyd hier. Trolle en al.

Sing suster sing!

Julie 17, 2012 in Sonder kategorie

Ek sit my vingers op die rekenaar se keyboard soos ‘n orrelis sin op die kerkorrel op ‘n sondag morê. Ek sou vandag ‘n erg oudste gereformeerde kerklied uit Calvyn se dae gespeel het. Dit is hoe ek voel. En toe soos die Engelsman sal sê “The penny dropped”.

Hoe meer ek toe laat om van my Hoop (wat ek glo vrek kosbaar is) laat steel word deur aardse mense en dinge hoe meer dans die duiwel met sy vurk. Toe nou nie ou perd. Ek vind my vreugde my skuiling en my hoop by die Here en saam met Hom vat ek die lied en draai dit om in ‘n lewendige spontane jubellied.

Hoop is soos ‘n soos verkoue op ‘n goeie manier. Dit is aansteeklik. Jy moet net jou hard en kop genoeg oopmaak en skuif jou hart reg dat jy bietjie plek maak tussen al die kwellings en bedroefheid rond. Kom trek daai gordyne oop en laat die lig in vloei. Glo my dit is die moeite werd. So sing suster sing.

Hoop – Is ‘n goeie Ding

Julie 14, 2012 in Sonder kategorie

Hoop is een van die sterkste wapens wat jy ooit in jou lewe mag hê. Sodra jy Hoop in jou kop en jou hart het gee jy die duiwel ‘n “run for his money”. Hy haat Hoop en sal alles doen om dit te vernietig.

So staan vas en baklei. Jou hoop verlig jou pad wat voor jou uitgestrek lê.

Verwronge Hoop

Julie 14, 2012 in Sonder kategorie

Verwronge Hoop

 

Waarvoor hoop
julle?  ‘n Nuwe werk, ‘n nuwe kar, ‘n
nuwe verhouding maar wat  gebeur as die
ding waaroor jy voor hoop nie uitwerk soos wat jy dit in jou kop gesien het
nie?  Hoe pas jy jou realiteit aan?  Verander dit jou siening van die lewe en hoop
of steur jy nie jouself baie aaraan nie. 

 

As jy weet iemand hoop
vir iets wat op die langeduur vir hulle skade en pyn  gaan beteken,  het jy die reg om daardie een van sy Hoop te
ontneem? Of stem jy saam en gee die persoon so die verkeerde raad net om hulle
‘n vals idée van Hoop te gee. 

Is dit dan nie wreeder
nie?  Ek het erens verlede week gelees
“Hurt me rather with the truth than comfort me with a lie”.

Hartseer

Julie 13, 2012 in Sonder kategorie

Vandag ‘n jaar gelede is my beste vriendin dood nadat daar 3 of meer bloedklonte deur haar hart geskiet het.

Sy was die gees van ons vriendekring. As sy iets wou doen kon jy wat doen maar doen sou ons dit doen.

Van Rugby wedstryde tot uitgereende Kersiefeeste. Noem dit en ons het dit gedoen. Daar was pret, en lag en daar was ook soms woede en baklei maar dit was aan die min kant.

Ek dink nie mens raak dood ooit gewoond nie en die alleen pad daarna is nie altyd ‘n maklik pad om te stap nie.

Ons het nie haar heengaan verwag nie en sy was ook nie siek nie. Dit het so onverwags gebeur.

Ag askies ek wou net afpak en vir ‘n oomblik stil sit

Keuses

Julie 12, 2012 in Sonder kategorie

Keuses

 

Hoop soos baie dinge
in die lewe  het ek besef het baie met
keuses te doen.

 

Ek het die week die
keuse gehad om negetatiewe aandag se energie te gebruik en om te swaai in iets
posetief.  Ek het gekies om aan te gaan
met my Hoop reeks (nie dat ek ooit dit sou staak nie) dit help soms om so ‘n
energie inspuiting te kry.  In teendeel
dit was net vir my bevestiging dat dit wel werk en wel ‘n verskil maak.

 

Die lewe gee ons
altyd keuses dit hang net af of jy dit wil raaksien en wat jy daarom gaan
doen.  Die seer in die wereld kan ek nie weg vat nie maar dit is immers nie my werk nie
maar om my deeltjie te doen om iemand bietjie beter te laat voel ja dit kan ek doen.

 

Iets wat vir iemand
kitch is is vir iemand ‘n lewensredding. 
Dit hang net af van watter hoek beloer jy die situasie.  Die Here is almagtig en alwetend Hy laat
dinge oor ons pad kom en soms verstaan ons nie hoekom nie.  Ons verstaan nie die dood van ‘n geliefde,
die siekte van ‘n kind, die verloor van ‘n besigheid nie maar wat ek wel weet
is dat ten midde van enige storm is Hy. 
Geen storm hoe kragtig is kragtiger as Hy nie.

 

Skerwe

Julie 10, 2012 in Sonder kategorie

In nadenke van die hele herrie wat ontstaan het na my vorige blog en die link wat aan my Hoopreeks gelink is het ek die volgende op die hart.

1. Die Here is my God en slegs by Hom en deur Hom kry ek krag en nuwe Hoop.

2. Ek is hier om te bly.

Soms is mens so bang vir dinge wat kan verkeerd loop. Dat jou perfekte lewe sal val en in stukke sal breek. Dit is eintlik een van die beste dinge wat kan gebeur. Ons is soms so vasgevang in ons “pot” as jy val dan vat die Here die stukke en maak ‘n nuwe skepping. Iets pragtigs.

Ek daag jou uit kom kyk deur my krake en laat die Here se Hoop wat deur skyn jou oë verblind.