Jy blaai in die argief vir 2012 Junie.

Beate se heel eerste maand in Blog Wereld.

Junie 30, 2012 in Sonder kategorie

Dankie Dankie Dankie

Dankie vir elkeen wat kom lees het van die mal vrou wat haar idee aan die wereld kom bekend stel het.

Dit was een van die meeste thrillingste maande ooit in my lewe en ek voel so blessed dat daar al oor die 900 mense tyd uit hulle lewens gevat het en kom lees het wat ek op die hart gehad het.

Ek leer nog van blog lingo en dinge hier doen. Party dae was hulle meer my “hoop” as wat ek uitgedeel het.

Ek het amazing mense deur die blog ontmoet wat my lewe verryk het.

So ek sien uit na die volgende maande hier.

Vaste Hoop

Junie 26, 2012 in Sonder kategorie

Vaste Hoop

 

Gee my ‘n vaste hoop op vandag en die morê
wat mag kom.

Al is my wereld in donkerte gehul en
donker onweerswolke vou sag om my.  Al is
my lewens voorraad maar skraps.

 

Met u my God kan
ek oor ‘n muur spring kan
ek vyand van vlees en die van gees storm loop. 
My oog hou op ek u en saam saam stap ons op die waters van die lewe.

 

Ondersteuners – Help die vrou asb

Junie 22, 2012 in Sonder kategorie

Hello

Help asb die brunette.

Hoe word ek iemand se ondersteuner?

En waar click ek as ek iemand ‘n maatjie wil laat word?

Ek kry die email maar ek kan niks sien nie.

Ag as mens ongelettered is.

‘n ander blik op Hoop

Junie 21, 2012 in Sonder kategorie

Iemand het vir my iemand in die vreemde se idee gestuur van hoe hulle hoop sien.

Ek deel graag met julle …..

Hope is to cherish a desire with anticipation.

Jou Donkerwolk

Junie 18, 2012 in Sonder kategorie

Ek
het net soos enige iemand anders ‘n slegte dag, ‘n dag wat jy eerder almal se
koppe wil afbyt of in ‘n kis klim en nie weer uit klim nie. In ‘n oogwink dan
gebeur daar iets, iets wat jou oombliklik uit jou bui ruk.  Iets wat jou hart verwarm en so jou bui laat
omswaai in iets posetief is.

 

Dit
is soos die kante van ‘n muntstuk.  Jy
het die keuse aan watter kant jy wil glo. 
Die slegte kant of die posetiewe kant. 
So bring ons weer lig in iemand anders se lewe onbewustelik. 

 

‘n
Baie wyse  vriend het die naweek op sy
Facebook blad gesit “
“Life is ten percent what happens to you
and ninety percent how you respond to it.” 
Jy kan
en gaan weer okay wees, alles wat die moeite werd is vat net tyd.  Hou net aan glo en moet nooit stil staan en
te lank agter toe kyk nie.  Met sleg kom
daar ook goed. 

 

 

NS!

Vir almal wat ek Hoop goed belowe het, dit is in wording en sal dit pos in die week.

Dankie vir julle geduld

Hoe begeester jy Hoop in iemand?

Junie 12, 2012 in Sonder kategorie

Ek loop al ‘n paar dae met die vraag “Hoe begeester ek Hoop in iemand”?

Om vir iemand Hoop te gee is soos om vir ‘n Rots/Bergklimmers ‘n stewige en “veilige” vas trap plek te gee wanneer die winde om jou so waai dat jou lyf rond gepluk word.

Dus om iemand ‘n oase van vrede en kalmte vir hulle siele te bied ten spyte van die chaos wat rondom hulle woed.

Elke leser van die Blog gee my Hoop. Dit bevestig net vir my dat ek moet voort gaan met die reeks om nog meer mense te probeer bereik.

Die winde van lewe woed ook in my lewe maar met die wete dat ek moet voortbeur en aanhou. Erens is daar iemand wat die stukkie Hoop nodiger het as wat ek kan dink.

Dankie

Junie 8, 2012 in Sonder kategorie

Dankie dankie Dankie

– Vir al die lees van my gekribbel

– Vir almal se raad met die foto’s

– Vir die posetiewe woorde en seënwense

Sonder julle sal die blog nooit so hoog kan vlieg soos wat ek hoop dit kan gaan nie.

Ek is bly dat julle ook die “Hoop Bug” geniet en mag julle deur trek word van “Hoop”.

Foto’s

Junie 8, 2012 in Sonder kategorie

As julle na my Avatar kyk sal julle die Hoop Sleutelhouer sien.

Die pics wat ek het is te groot om te laai.

Maar ten minste kan julle nou sien waaroor die blog gaan.

Die groen, 4 Charms met die betekenis.

Dit is vir my lekker om iets vas te hou as dinge wild gaan.

Dit voel altyd vir my asof ‘n mens ‘n meer direkte lyn met die Here het.

Ek raak so opgewonde oor die Hoopgoed. Om te dink dat een mens se lewe verryk of gehelp kan word

beteken die wereld vir my.

Foto’s

Junie 7, 2012 in Sonder kategorie

Hello

Ek wou foto’s opsit maar om een of ander rede kry ek dit nie reg nie.

So “watch this space” die foto’s kom

Wat beteken die Hoop Reeks vir my

Junie 5, 2012 in Sonder kategorie

Wat beteken die Hoop Reeks vir my….

Na ure se wroeging en gebede met Jesus het ek toe k onder leiding van die Heilige Gees besluit op die ontwerp asook die skrywe wat saam met elke armband en Hoop Sleutelhouer moet gaan.

Ek het besluit op Groen omdat dit my altyd laat dink het aan nuwe gras wat uitspruit na ‘n veldbrand. ‘n Nuwe begin.

Die 4 “Charms”:

Kruis – Simboliseer jou geloof.

As stormwaters jou lewe deurspoel is dit so maklik om God se hand te los en rondgeslinger te word in die maalkolk van die lewe. Maar ek glo dit vas niks kan ons uit Sy hand ruk nie

Gebedsboks – Simboliseer jou gebede maar ook andere se gebede vir jou.

By ‘n vriendin se ouerhuis is daar ‘n bord wat lui “ Gebede verander omstandighede”. Ek glo dat elke gebed krag het. Of dit uit angs gebid word of uit woede of hartseer. Die Here oordeel nooit iemand se gebede nie.

Hart – Simboliseer Liefde

Vir my het die idée van om lief te hê so maklik geklink maar hoe ouer ek word besef ek liefde is nie net ‘n goedvoel gedagte nie maar ‘n passie vir mense. ‘n aanvaarding sonder oordeel, meedeelsaamheid sonder selfsug Of ek ooit so lief kan hê soos Jesus gehad het is vir my ‘n doelwit maar of ek dit ooit ‘n 100% sal kan bereik is ‘n ope vraag maar dit bly ‘n strewe.

Vlinder – Simboliseer Hoop

‘n Vlinder is die internasionale teken vir Hoop. Ek sien dit so om iemand ‘n brokkie hoop te kan gee is om sy “bondel” probleme vir 10 sekondes van sy rug af te haal, sodat die persoon kan asemhaal maar dan gee jy terugtegee. Sonder Hoop kan ons nie opstyg bo ons omstandighede nie.