Jy blaai in die argief vir 2012 Mei.

Ontmoet Beate Creations

Mei 30, 2012 in Sonder kategorie

‘n
Vinnige terugblik oor waar alles begin het…..

 

Gedurende
die Desember 2006 vakansie om my hande besig te hou tydens my jaarlikse verlof het
ek begin om met Beads te werk.  Dit was
so ongelooflik terapeuties dat voor dat ek my oë kon uitvee ‘n paar beads
verander het in kratte vol.

 

Gou
het ek besef dat ek van my hande werk sal moet verkoop wat moeilik was en so
het Beate Creations ontstaan in 2006.  Nou
vir die volgende vraag wat noem ek die “Besigheid”?  Omdat ek baie waarde heg aan ‘n naam was dit
vir my belangrik dat die naam wat ek gekies het ‘n weerspieling moet wees van myself
asook die vreugde wat dit my bring en tot my oorstelpheid vind ek die naam “BEATE”.  Bowenal dat dit amper soos Beads klink
beteken dit presies wat ek dit wil hê, “Something that brings joy”
(Vertaal uit Latyn)

 

So
het Beate gegroei en gedurende 2008 glo ek het die Heilige Gees dit op my hart
kom druk om die Hoop Reeks te begin.  Dit
was nadat een van die Direkteure by my vorige werk Testikulêre Kanker ontwikkel
het.  Ek het oorspronklik vir hom die
eerste Hoop Ketting gemaak maar eers ses maande later my bevestiging gekry het
en ook die presiese ontwerp wat dit huidig is.   

 

Ek
het ook van die begin af besluit dat die Hoop reeks gratis sal wees met net een

Voorwaarde.  Die ontvanger moet deur een of ander krisis,
siekte, of beproewing gaan.  Dit is glad
nie te koop nie.  Tot op datum is daar al
net so oor die 10 000 Hoop Armbande of Sleutelhouer Nasionaal en
Internasionaal weggegee.

 

Nou
die doel van die Blog is vir die wat van die Hoop Reeks wil bekom om my te kan
kontak sowel as die van julle wat wel van die Hoop Reeks al gekry het om julle
stories met ons te kom deel.  Om vir
mekaar Hoop te kan
gee.

 

So
ek hoop om van julle te hoor.