Koebaai

Maart 8, 2009 in Sonder kategorie

 Ek dink die bordjie sê jy mag nie P in die see nie?

Nou ja, ek dink ek het vir eers genoeg gehad van hierdie geblogtery (gebogtery?).
Op hierdie stadium vind ek dit nie baie opwindend nie, inteendeel. Self het ek nie veel te sê nie. Het die blog maar eintlik begin sodat Elsa haar sê kan sê, maar kon haar tot nog toe nie oortuig om te begin nie. 
Miskien moet ek eers weer ‘n draai by die see gaan maak en my kop skoon kry.

Vrou

Maart 5, 2009 in Sonder kategorie

Na die vorige inskrywing wat party van ons so bietjie opgewonde gehad het, hier is iets om weer ‘n huppel in die stap te sit.

Vir die manne – hier is ‘n man wat weet waarvan hy praat en ietsie geleer

het in die ou lewe.

In case you missed it on ’60 Minutes’, this is what Andy Rooney thinks

about women over 40:

As I grow in age, I value women over 40 most of all. Here are just a few

reasons why:

A woman over 40 will never wake you in the middle of the night and ask,

‘What are you thinking?’ She doesn’t care what you think. If a woman over

40 doesn’t want to watch the game, she doesn’t sit around whining about

it. She does something she wants to do, and it’s usually more

interesting. Women over 40 are dignified. They seldom have a screaming

match with you at the opera or in the middle of an expensive restaurant.

Of course, if you deserve it, they won’t hesitate to shoot you if they

think they can get away with it. Older women are generous with praise,

often undeserved. They know what it’s like to be unappreciated. Women

get psychic as they age. You never have to confess your sins to a woman

over 40. Once you get past a wrinkle or two, a woman over 40 is far

sexier than her younger counterpart. Older women are forthright and honest.

They’ll tell you right off you are a jerk if you are acting like one.

You don’t ever have to wonder where you stand with her. Yes, we praise

women over 40 for a multitude of reasons. Unfortunately, it’s not

reciprocal. For every stunning, smart, well-coiffed, hot woman over 40,

there is a bald, paunchy relic in yellow pants making a fool of himself

with some 22-year old waitress. Ladies, I apologize.

For all those men who say, ‘Why buy the cow when you can get the milk for

free?’, here’s an update for you. Nowadays 80% of women are against

marriage. Why? Because women realize it’s not worth buying an entire pig just to get a little sausage!

Andy Rooney is a really smart guy!

Nou ja manne, stem julle saam met Rooney?
Indien nie, hou tog net julle bekke!

Waarheen dan?

Maart 2, 2009 in Sonder kategorie

 

Strooi van Sasha se as in die tuin.
Uiteindelik is dit al wat van ons oorbly. En as die wind en die reen daarmee klaar is, niks, absoluut niks.
Luister ek so na die mannewales en onnoselhede van ouer familielede, sê ek vandag vir Elsa; sommige mense kry dit reg om mooi oud te word, ander moet geskiet word.
“It’s a sad, sad world master Jack.”
 Inderdaad.

Brawe mans

Februarie 27, 2009 in Sonder kategorie

 

Iets vir die manne wat my sus uit China vir my aanstuur.
Koets solank vir die skoene wat na julle gegooi gaan word as die meisies dit lees.
Ek hol weg, gaan die naweek iewers wegkruip tot Maandag.

VERY BRAVE MAN JOKES

How do you turn a fox into an elephant?

Marry her!

What is the difference between a battery and a woman?

A battery has a positive side.

What are the three fastest means of spreading news?

1) Television

2) Telephone

3) Telawoman

What should you give a woman who has everything?

A man to show her how to work it.

Why is the space between a woman’s breasts and her hips called a waist?

Because you could easily fit another pair of breasts in there.

How do you make 5 pounds of fat look good?

Put a nipple on it.

If your wife keeps coming out of the kitchen to nag at you, what have you done wrong? Made her chain too long.

How many men does it take to open a beer?

None. It should be open when she brings it.

Why is a Laundromat a really bad place to pick up a woman?

Because a woman who can’t even afford a washing machine will probably never be able to support you.

How do you know when a woman is about to say something smart?

When she starts a sentence with ‘A man once told me…’

How do you fix a woman’s watch?

You don’t. There is a clock on the oven.

Why do men pass gas more than women?

Because women can’t shut up long enough to build up the required pressure.

If your dog is barking at the back door and your wife is yelling at the

front door, who do you let in first? The dog, of course. He’ll shut up once you let him in.

What’s worse than a Male Chauvinist Pig?

A woman who won’t do what she’s told.

Scientists have discovered a food that diminishes a woman’s sex drive by 90% … it’s called a Wedding Cake.

Why do men die before their wives?

They want to.

Ha ha. Lekker naweek.

JustWilliam se handelsware

Februarie 26, 2009 in Sonder kategorie

Ek sien JustWilliam skryf op sy blog van die meisies wat hulle ware so verkoop op straat en hy wonder so oor die kopers van die ware.
Soos orals oor gebeur dit ook maar hier by ons dat die “meisies” so langs die pad staan en dan verwonder ek my oor die middeljarige mans met BMW’s en Mercs wat stilhou en oplaai wat ‘n trokdrywer so pas afgelaai het na hy sy “transaksie” afgehandel het. En dan wonder ek oor Pappie wat weer vannaand huis toe gaan na ma en kinders toe.
Kry ek eendag hier op ‘n plaaspad ‘n man met so ‘n stukkie handelsware langs hom, heel opgewonde op soek na ‘n geskikte plek om sy ding te doen. Eien hom as die eienaar van ‘n hardeware winkel in die omgewing, ‘n hardegat ou man van laat in sy 60’s.
Elke keer nes hy dink hy kan nou sy transaksie afhandel dan kom daar ‘n trekker of vragmotor of fietsryer verby en dan ry hy weer weg. Later op my pad terug kry ek hom steeds aan’t rondry tussen die mielielande, maar duidelik moerig omdat hy; 1) sy lus verloor het (‘n ou man kan ook net so lank opgewonde bly!) en  2) omdat hy sy geld verloor het sonder vergoeding in ruil daarvoor.
Hy is met spoed by my verby terug hoofpad toe.
Dink ek, die paaie en die stadions en die spoorlyn mag dalk nie reg wees teen 2010 nie, en Bafana-Bafana gaan ook nie gereed wees vir die groot gebeurtenis nie, maar die meisies is ge-oefen en reg vir die groot aanslag!

Trane van blydskap

Februarie 24, 2009 in Sonder kategorie

 
Kyk baie selde TV maar sien toe die week die laaste gedeelte van die program waar daai ouens mense se huis platslaan en dan weer vir hulle ‘n nuwe een bou, tjop tjop.
In die geval was dit ‘n boer en sy gesin wie se huis afgebrand het en wat toe in tente en ‘n woonwa bly.
Ek kom by die gedeelte waar hulle skreeu “move the bus”. Dis die deel waar ons almal gewoonlik begin ‘n traan in die oog kry.
En dit oeeee en dit aaaaah en “oh my G….” soos almal in die groot US of A doen.
Die gesin word deur die nuwe huis gevat en weer oooooeee en aaaah en oh my G dit, maar die gesin is nie die uitgaande soort van mense nie. Baie terughoudend en on-emosioneel, maar baie dankbaar. Hulle wys dit net nie so ekspresief soos ander wat al op die program was nie.
Laaste van als bring hulle toe vir die gesin ‘n klein Spanjoel hondjie, en daar tjank die hele gesin snot en trane en ons huil saam!
Pragtig is dit nie? Hulle doen dit aan ‘n mens, meer as al die blink goed van die wêreld, die harige bondetjies vreugde.

In die nuus

Februarie 22, 2009 in Sonder kategorie

 

Die goeie nuus is; dis amper alweer Krismis en Kersvader het ‘n nuwe span takbokke in China gekoop. Technicolour om by die nuwe wêreld aan te pas.
Die ander goeie nuus is dat die SAL nou meer plek het op hulle vlugte om mense te vervoer. Hulle staak nou die gereelde dwelm vlugte en sal mense in die plek van sakke vol dagga op die sitplekke toelaat.
Die slegte nuus is dat Joost besluit het om sy filmloopbaan vaarwel te roep. Hy is glo nie goed genoeg bedeeld nie.
Die slegte nuus is dat Juluis Malema nou dalk sy plek sal in neem. Alles aan hom is groter as lewensgroot, veral sy bek.
Nog goeie nuus is, julle bly in een van die voorste lande ter wêreld. Ons is voor met TIK en dagga gebruik, ons is losvoor met moord en verkragting en ‘n kortkop agter Zim met plaasaanvalle.
Geniet die week, dit kan net interessanter word.

Valentine

Februarie 15, 2009 in Sonder kategorie

 

En toe was dit mos Valentein se dag. Ons doen gewoonlik nie sulke dae nie, dis net vir geldmaak en dalk baie jong kinders. Koop liewer deur die jaar vir Ma blomme en tediebere.
Maar die jaar besluit ons toe om die ding te doen. en ag tog, wat ‘n disater.
Ma kry die keuse; ‘n aand uit met Franse salonmusiek en ‘n piekniekmandjie, of ‘n aand uit in die teater met “Not the midnight mass”. Ma hou nie van Franse salon musiek nie. Ons gaan teater toe. Jongste dogter gaan saam.
Ag tog, vir ‘n begin sit ons vir amper ‘n uur vas in die verkeer, en ek haat verkeersknope en dom bestuurders. Valentein is en ek begin die aand nie goed nie. By die teater is die koffie wat ons koop voor die vertoning totaal ondrinkbaar. Ek begin dink Valentein hou nie van my nie.
Sit behaaglik terug en wag vir die vertoning om te begin. Ag tog, aag tog. Wat ‘n teleurstelling. Ek het laas met ‘n skoolkonsert so iets gesien, ‘n swak skoolkonsert iewers toe my kinders in die laerskool was, dink ek. Die ouens op die verhoog het hard probeer, ek sweer, maar die storie het eenvoudig nie gewerk nie. Miskien was dit 21 jaar gelede goed genoeg toe dit die eerste keer gedoen is. Maar nie in die jaar 2009 van onse Liewe Heer nie. Nee man.
Halfpad deur, toe dit speeltyd, ek bedoel pouse word, toe besluit ons genoeg is genoeg, ons loop en ek besluit ek en Valentyn moet dringend gesels, ek het heelwat wat ek vir hom wil vertel.
Ons gaan drink koffie by ‘n regte koffiekêfie en, behalwe vir die arm en die been wat een ou koppiekie gewone boertroos kos, is dit die eerste goeie ding wat ons van Vaaltyn af kry vir die aand. Ek mag hom dalk net vergewe vir sommige van die ander goed. Magtag, die show was R120 per kop man!
Ons gaan huis toe en gaan slaap.
Die volgende oggend verras Ma my met ‘n boks tjoklits en jongste dogter gee ‘n fraaie koffiebeker vir Pa. Die koffiebeker is mooi, ek like dit. Ons maak die boks tjoklits oop en proe, en ou Vaaltyn slaan weer toe.
Kyk, ek en Ma hou van tjoklits, enige tjoklits, eintlik hou ons te veel daarvan, dis hoekom ons lyk soos ons lyk en hoekom ons nou begin Gym het. Maar die boks tjoklits is, nou ja, gastronomies nie erg geslaagd nie, en dit vra om gedoen te word. Hoe op aarde kry iemand dit reg om ‘n gemors van die koningin van swiets te maak?
Jammer om te sê, maar my en Vaaltyn se verhouding het ‘n ernstige knou weg. Ek dink nie ek sal die ou weer volgende jaar oornooi nie. Sal maar hou by Krismis en Nuwe jaar en dis dit.
Ma se verjaarsdag lê om die draai, dit moet ek tog nie vergeet nie. Skoonma s’n ook. Miskien kan ek die tjoklits net in ‘n ander houer sit, mooi toedraai en vir haar gee?

Vrugteverkopers

Februarie 14, 2009 in Sonder kategorie

 

Loop gister saam met my vrou in die winkels. Op ‘n kol staan sy en wag by ‘n roltrap en voor haar staan ‘n wit ou en krap woes in sy neus rond. Hy bekyk sy vangs aandagtig en sonder om te blik of te bloos vee hy die bol snot aan die trapreling af terwyl opklim. En daar stan Ma, so naar sy kan opgooi. Sy ry toe ook met die trap na bo maar weier om aan die reling vas te hou. Sy gaan nooit, ooit weer aan ‘n trapreling vat nie, sweer sy.
Dit laat my toe dink aan ‘n ander voorval. Langs die pad staan hierdie vrugteverkopers. Pragtige groot, vet wit druiwe in boksies verkoop hulle. So mooi ek kry sommer lus vir die goed en grawe my beursie uit om te koop, maar so uit die hoek van my oog vang ek die een wat die druiwe uit ‘n groot boks in die kleiner boksies verpak wat dan verkoop word. En daar sit die knaap met sy vinger tot so duskant sy elmboog in sy neus!
Hy krap lustig, bekyk sy vangs, smeer dit aan sy broek se sitvlak af en gaan rustig voort om die druiwe met sy snotvinger en al te verpak.
Naar sê ek jou, groen van naar sit ek daar en bêre my beursie dadelik weer op sy plek. Toe kyk ek so rond en dink, daar is geen toiletgeriewe vir kilometers in sig nie, daar is wel bosse en lang gras so ‘n ent weg. Die ouens sit die hele dag lank daar in die veld. As hy nou wil broeklosmaak dan moet hy die bos in. Dink nou net; geen toilet, geen toiletpapier, geen wasbak in sig nie. En so kom hy terug uit die bos uit en kom verpak weer sy druiwe/perskes, wat ook al.
Nou wonder jy waarom koop ek nie meer vrugte by ‘n stalletjie langs die pad nie. Nee magtig man!

Fees van Lanterns

Februarie 12, 2009 in Sonder kategorie


Soos belowe, hier is nog ‘n paar fotos van die Shinese se fees om van drake en gode ontslae te raak! Daar is ‘n gloeilamp in elke lantern wat dit ‘n skouspel in die nag maak. Ek verwonder my dat dit nie juis drake aanlok nie!

Ek dink die liggies was so mooi vir daai kwaai ou god dat hy skoon vergeet het van sy simpel dooie hoender of eend of wat dit ook al was. Die wat hy toe niks aan die mense gedoen het nie.