Ek wil weer probeer

April 2, 2013 in Uncategorized

Jare laas geblog, maar met my nuwe geskenk laptop moet ek, is dan soms lus., om nog wyshede kwyt te raak

Yesterday is history

Tomorrow is a mystery

Today is a gift

That’s why it’s called the present”.  Aan die positiewe woorde het ons vriend Alfie, my herinner.

Klink mos baie goed.

T..

 

 

 

Ek en my Kindle

Februarie 11, 2012 in Sonder kategorie

Heel verras en met vrees en bewing, het ek die Kindle as kerspresent gekry.

Ag nee, dink ek , ek hou tog so van ‘n regte egte boek in my hand. Ek hou van die omblaai, van die reuk!

Nee ma, geniet dit, ma sal sien hoe lekker dit is. Sê my seun.

Waar kry ek die boeke en hoe laai n mens dit af?

Ai die ouma  sien vir alles ‘n swarigheid , maar my seun laat my nie so  maklik met ‘ laat los ‘ wegkom nie.

Hy kyk op Litnet en kry vir’FLETSHERS E BOOKS.’  Wonderlik, daar gaan ons. 

Ek kry vir”Cutting for stone” van Abraham Verghese, net gister.  My leesvriendin sê dis die beste boek wat sy in haar lewe

gelees het!  Dit is ‘n bekvol.  So, ek kan nie wag om te begin nie.Op die oomblik lees ek op my Kindle, ‘N BOEK VAN

STEPHEN KING,  Is jy al bang ?vra my vriendin. So ver nog nie, dit kom sekerlik nog!

lees is tog lekker!

‘Yellow Books” Oor die bekoring van geel boeke.

Maart 27, 2010 in Sonder kategorie

Ek lees vanoggend Murray  La vita se rubriek in”Die Burger, “oor die bekoring van geel boeke.” en toe onthou ek hierdie ?toevalligheid.

Twee jaar gelede het ek in ‘n tweedehandse boekwinkel ingestap en so uit die bloute hoor ek myself sê:  “Do you have any yellow books?” Die dame kyk my verbaas aan en skud haar kop.  Nee,sy weet nie waarvan ek praat nie.( Op daardie stadium het ek glad nie van die Engelse kwartaalblad geweet nie.)

Ek stap toe tog rak toe en bo-op ander boeke lê sowaar ‘n verinneweerde geel boek.  Die titel? THE AGONY AND THE ECSTACY van Irving Stone.”Great novel of Michelangelo-as powerful as the genius it portrays”.

Weer na jare gelees, het ek dit opnuut waardeer en toevallig het ek nog ‘ pak poskaarte van Italië, wat dit nog interessanter gemaak het.

‘n Ruk daarna het ek weer dieselfde vraag aan ‘n ander boekwinkel eienares gevra, sy kyk my toe ook verbaas aan.Sy wonder seker oor die Snaakse Afrikaanse Dame, maar ek gaan kyk maar weer na die boeke. Ek voel toe dat my skoen aan iets op die grond raak.  Wat lê daar?”Nog ‘n yellow book” MAN’S SEARCH FOR MEANING’ van Victor Frankl.

(Hy wys daarop dat die mens se diepste behoefte is,om te weet dat sy lewe regtig iets beteken.) Wat ‘n juweel .

So kry ek ook oplaas ‘n amper “geel” boek van M.E.R. DIE TWEELING TREK SAAM”.My kleinkinders sal die boekie geniet.

Ek beaam Murray se siening “oor die bekoring van geel boeke.”

Nog iemand?

Die groot trek terug.

Maart 2, 2010 in Sonder kategorie

Ek het gister na die inbelprogram op R S G geluister,  na die mense wat terugkom,se redes , hoekom hulle terugkom.

Bo en behalwe die GROOT VERLANGE, waarmee ek my kan  vereenselwig is daar die andersheid van ‘n ander land en ook die soms vreemde kultuur van die mense.

Ons Afrikaners is mos gasvry en vriendelik, ons praat sommer maklik met iemand en probeer help. Uit ondervinding weet ek dat dit nie so in Holland of Duitsland is nie.Ons vreemde aksente gee ons weg, dan is daar sommer ‘n denkbeeldige muur, want almal is nie vriendelik teenoor vreemdelinge nie.

Selfs as ons by Familie in Duitsland gaan kuier en hulle begin met hulle besondere idiome en grappies, wat ek nie geleer het nie, voel ‘n mens taamlik verlore al het  die sjampanje al gevloei , Ha!en ek redelik Duits magtig is, 

So, ek wil ook nie in ‘n ander land bly nie!

Dit neem baie jare voordat ‘n mens in hulle kringe toegelaat word. My kinders wat nou tien jaar in Nederland bly, begin nou eers tuis voel.

Natuurlik hang dit van ‘n mens self af, vriendelike mense word mos gouer aanvaar.

Ek lees nou die boek van Karel Schoeman , ‘N ANDER LAND” .

 Hy skryf oor ONS land S A,as,’N ANDER LAND”

Hy voel vreemd en ontuis, hy beskou homself  as  ‘n toeskouer wat geen aandeel aan die onbegrepe blymoedigheid van die mense het nie.Hulle vriendelikheid is vir hom heel ongewoon.( Dit voel asof ek hom ‘n regte suurknol wil noem)

Ek het nou die boek halfpad gelees, kan dit nie neersit nie.

Audrey Blignaut het van hierdie boek gesê:”…’n boek wat ..jou lewensbeskouing beslis beinvloed.”

 So gaan ek dan verder lees , om die gevoel van , mense wat na ander lande verhuis, beter te verstaan.

Elkeen ondervind dit anders.

In die ou dae toe ons” DIE SUIDERSTEM ”  gelees het, was daar ‘n spreuk, bo in die hoek van die bladsy :

” DIE LEWE IS ‘N SPEELTONEEL, ELK SPEEL SY ROL EN KRY SY DEEL.”

Waar jy ook al is, hier of in ‘n ander land.

Vandag waai die wind ons weg hier in die Strand, maar ons bly.

Ouma se storieboek.

Februarie 24, 2010 in Sonder kategorie

Ek het al voorheen van hierdie organisasie U 3 A, vertel wat oral in die wêreld bestaan. Ook hier by ons in al die groot stede en sowaar ook in die Strand en Somerset Wes.

Dit is UNIVARSITY OF THE THIRD AGE.  third age?  dIS NOU EKKE DAAI.

Nadat ek in die koerant Herman se rubriek geleeshet, van stories op te teken ten einde te bewaar.  Hy sê ‘n Wêreld , ‘n beskawing, ‘n lewensorde is besig om onder tegaan uit te rafel te disintegreer.

 ‘n Ander persoon het van   ” DIE INGEKRIMPTE WERELD VAN DIE AFGETREDENE ” geskryf.  Dit het my opnuut na die pen laat gryp, want dis sommer nonsens om dit hedendaags met my te laat gebeur.

 Die U 3 A bied toe ‘n kursus aan om  ” Grand mother’s or Grand father’s Story book” te skryf.

Ons kry toe riglyne om ons geheue terug in die herinnering  te plaas.  Daar kom toe stories uit en ons lag en gesels en vertel, en die helende gevoel van lag, maak van ons gelukkige mense.

Die riglyne is:

Wat is jou naam en hoekom het jy juis daardie naam gekry?  Al gedink aan ons oupas en ouma se vernoemings patroon?( Ons kinders weet daar niks van nie.)

Wanneer gebore , hoeveel het jy geweeg(  Ag ek glo nie my ouers het ‘n skaal gehad nie, het my seker in ‘n meelsak opgehang en toe die ou handskaaltjie gebruik.)

Waar het jy gewoon, wat se huis , het jy speelgoed gehad? ( daar kon ek weer lekker van die lappoppe en klei osse vertel, alles selfgemaak)

Wanneer het jy jou eerste fiets gekry?  Hoe het jy geleer fietsry? Ek vertel dan hoe ons gesukkel het om met ‘n seunsfiets te leer, afgeval en seergekry en opgeklim en weer gery!

Daar is nog baie riglyne, om op so ‘n ver “trip down memory lane te ” te gaan.

Ek vra toe vir my kinders.”  Wie sal dit tog lees ? “

Ons sal Ma ,skryf jy maar net.

Ek hoop dit inspireer soos ek geinspireer is. Ouma se storieboek is dus in wording.

Werk om besig te bly.

Februarie 13, 2010 in Sonder kategorie

Ek lees vanoggend Maryke se blog en is toe so bly dat ‘n mens tog iets durf sê oor hierdie verskriklike verlange na die oorsese Kinders;’n weemoed kom sit en klou vas aan jou hartsnare , wat nie wil weggaan nie.  Ek weet dit gaan goed met hulle en hulle is gesond, maar ? So Ver!  Natuurlik kan ons nie saampraat met mense wat werklike kinders verloor het nie.

Dan werk ons en werk en hou ons besig met baie dinge, net om besig te bly.

Ek lees ook dat ander mense hulle beskou as weghardlopers sonder om elkeen se spesefieke omstandighede te ken. Nouja ‘n mens moet jou maar nie aan al die kritiek steur nie.

Miskien moet ons bymekaar kom en elkeen kry n beurt om te kla en hoe —  hoeeee— hooeee    te huil, en al die skuld op Meneer Zuma te plaas.

“Jack of all trade and master of none.”

Februarie 2, 2010 in Sonder kategorie

Besig bly , besig bly,moenie gaan sit en jou duime draai nie.Dit is mos die opdrag aan al die afgetredenes.

So, daar is lapverf, lappieskombersmaak, klavieroefen en nog lees ook.

Ek besluit toe om weer ‘n slag my hand aan pottebakkery te waag, nadat ek van Esias Bosch , die meester pottebakker

gelees het. Hy sê dit is ‘n seën om met jou hande te werk. Dan is dit hartgemaak en handgemaak.. 

Hy is 86 jaar oud en is nog fluks aan die werk. Ek bel ook sommer een van sy dogters, hier naby en toe is ek eers begeesterd.

Klasse word by C P S aangebied en ons leer van ons liewe Elsabe, ‘n kunsonderwysers hoe om ‘n borsbeeld te maak.

Sy verduidlik uitvoerig . eers ‘n leë rol of iets om rondom te werk.Jy begin met n bolletjie klei eers goed gebrei , met die kop, oê ens.

By die begin vergeet ek natuurlik van die rol, maar moes later amper my beeld verwoes om ‘n opening te maak.(anders bars dit in die oond.)

Voor my is my pragtige kleindogter Ané se foto en ouma begin. Dit neem toe nogal ‘n paar ure.  My man kyk die eindproduk so en

sê: ” my vrou, na wie lyk dit dan nou?   meer na Madiba, waar is Ané se gesiggie dan?Sowaar—– nog ‘n bietjie klei hier wegneem en daar bysit probeer ek weer met my gemoed heel laag.

.

Na ‘n ruk sit ek weer trots agteruit en aanskou die beeld. Toe lyk dit sowaar na hierdie ouma op 70 jaar!

Ag nou gooi ek dit weg, want so ‘n ou gesig vir my arme kleinkind. Ané sê: ” nee ouma hoe kan jy my weggooi, dis dan so pragtig!”

Dierbaar die kleinkind van my, sover is alles nog mooi wat ouma maak, want dit is hartgemaak en handgemaak.

 Die punt bly maar, besig bly , besig bly, al lyk die eindproduk ook hoe!

Kry weer moed.

Januarie 31, 2010 in Sonder kategorie

Vrydag moes ons na Multichoice gaan  om ‘n probleem met die D S T V  op te los, vir die derde keer. Ons was toe al redelik moedeloos.

Die mense staan en wag , almal is haastig en wag en wag en wag.

Eindelik toe my beurt kom , moes ek staan en my storie vertel, want n jong swart man sit op die stoel.

Hy spring op en sê: “Au  Mama  you are old  you must sit now’!

Wat ‘n verrassing,  Ek wonder altyd hoe  hierdie jong generasie oor ons voel.  Wys jou, omdat hulle respek vir hulle oumense het , het hulle dit hopelik vir ons.

Ek stap toe sommer op ligter tred daar weg, en het weer moed vir ons land.

Lekker lees in die Nuwe jaar.

Januarie 16, 2010 in Sonder kategorie

Lees jouself interessant!  Lees ek vanoggend in Rian Se rubriek.

Dit stem ek regtig mee saam; nie eintlik met sy vae goedkeuring van poligamie nie.wat glo help om die lewe  meer woema te gee!  Waar kry pappie dan tyd om te lees?

Ek glo van die drie vroue het sekerlik meer tyd om te lees.

Ons word toegegooi , en heerlik moet ek sê, met resensies van boeke. Dit stimuleer ons om te lees en te lees; maar wanneer? en

dan nog die huwelik interessant te hou? Juis help dit, want daar is altyd iets interessant om oor te gesels of te redekawel of te

stry.  Dit is mos kommunikasie wat nodig is in die huwelik.

Ek lees so tussen die Vyejem kook, deur, wanner ek soms die pot moet roer.  Na ete moet ou tantes tog rus.  Dan is die tyd.  Ag moenie skuldig voel nie, more is nog ‘n dag.

So, lekker lees  en maak tyd.

Geen presente hierdie jaar.

Desember 22, 2009 in Sonder kategorie

So sê ons vir mekaar.

Ons moet spaar om vir die  ‘ander land ” kinders te gaan kuier en buitendien die ekonomie is problematies, so?

Maar ek weet dat hy tog skelmpies iets koop, ek sien die kleefpapier en die krismis papier wat op die vloer lê.

Natuurlik gaan koop ek ook iets.

Kersfees is nou eenmaal presente gee tyd.

Dit laat my toe aan die storie ‘The gift of the Magi” van O.Henry, dink.

Onthou julle nog? James en Della?

James verkoop sy kosbare horlosie , ‘n erfstuk van sy oupa om kammetjies vir Della se pragtige hare te koop.

Sy verkoop haar hare  om ‘n band vir sy horlosie te koop.

Toe die ontnugtering verbasing en verwondering met die oorhandiging?

Die “Magi’, was die wyse manne wat die geskenke vir die Christuskind gebring het. Volgens O, Henry  is dit hoe geskenkegee beginhet.

Hy sluit die storie so af;’but in a last word to the wise of these days let it be said– that of all who give gifts, these two were the wisest.

All who give and receive gifts, such as they, are wisest; They are the magi.

Geskenke moet dus uit die hart uit kom , al is dit hoe klein.

Geseënde Kersfees en geniet die  wonder van kersfees.