My stuiwer in die armbeurs

Mei 12, 2013 in Uncategorized

Hallo almal wat so vasbyt hier.

Die lui skrywer sal ook inchip en kyk of die gebruikers(on)vriendelike werf kan lewe kry.

Ek lees nog gereeld hier maar die lagge is maar min.

Met die dat die Beeld se werf ook nou moeilik raak kan ek maar net hier kom sukkel.

Ek dink ook Ouboet het n punt beet om n ander werf te bou maar ek is seker dat die een reg getimmer kan word.

Die kaggelvuur brand nou lekker en dit is die enigste hoogtepunt in die winter,verder is daar niks lekker aan die winter nie.

Eendag……………

Life is still great.

10 antwoorde op My stuiwer in die armbeurs

  1. Ja, dis maar ‘n gedoente hierdie gebruikers(on)vriendelike werf.

  2. gidivet het gesê op Mei 12, 2013

    Ja wat, laat ons maar nog vasbyt.

  3. tina10 het gesê op Mei 13, 2013

    Aha dis lekker om jou te sien. Op WordPress is daar reeds ‘n baie aangename Afrikaanse bloggemeenskap met ‘n hele paar oud-litnetters

  4. exionperfexi het gesê op Mei 13, 2013

    Is litnetwordpressbloggers dan eensame roofdiere wat soos draaijakkalse tussen verskeie webwerfgate moet rondsluip om ooral aan ander se skryfsels te aas en self af en toe modereerbare woordknolle agter te laat ?

  5. ek-myself het gesê op Mei 13, 2013

    Ek is bly jy het kom inloer, hoop jy kom nou meer gereeld.

  6. Ja gewis die woordtowenaars en humoriste het omtrent almal verdwyn

  7. lora2me het gesê op Mei 13, 2013

    Bring jou stuiwers, want ons beurs is maar leeg hierso. As ons genoeg kla, sal iemand seker luister of dink jy hulle het die skip verlaat sonder om die ligte af te sit?

  8. Bly dat jy darem ook weer ´n stuiwer kom ingooi het. Ons sal maar aanhou kollekteer tot dit beter gaan.

  9. Ek mis ook die vorige platform. Bly maar blog asseblief! 😉

  10. Ja man die plek sal nog werk
    Ja daar is pyne….maar as jy vashak….roep net, ek kom help

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.