My stuiwer in die armbeurs

Mei 12, 2013 in Uncategorized

Hallo almal wat so vasbyt hier.

Die lui skrywer sal ook inchip en kyk of die gebruikers(on)vriendelike werf kan lewe kry.

Ek lees nog gereeld hier maar die lagge is maar min.

Met die dat die Beeld se werf ook nou moeilik raak kan ek maar net hier kom sukkel.

Ek dink ook Ouboet het n punt beet om n ander werf te bou maar ek is seker dat die een reg getimmer kan word.

Die kaggelvuur brand nou lekker en dit is die enigste hoogtepunt in die winter,verder is daar niks lekker aan die winter nie.

Eendag……………

Life is still great.

Aangename verrassing

Oktober 20, 2012 in Uncategorized

Halouuuuuu yes yes  hoezit.

Dit lyk toe of my bokse op die treklorrie geland het.

Ek het aanvanklik nie geweet hoe om iets te skryf nie maar nog so bietjie sukkel en lees gaan dit werk.

 

Die groot trek

Oktober 17, 2012 in Sonder kategorie

Dit lyk of die trek na wordpress gaan gebeur.

Sover het WP nie baie van my aandag gekry nie omdat die blad nie gebruikers vriendelik is vir hierdie tegnologiese agtergeblewene nie.

Die goeie nuus lyk vir my asof  die blogs amper in die selfde formaat gaan wees as wat ons nou gebruik.

Met al die blog gevegte wat plaasgevind het was blogging nie lekker nie alhoewel ek reeds n lui skrywer is.

Hopelik gaan ek weer met nuwe vuur in my na WP.

Sien julle aan die anderkant.

LIFE IS STILL GREAT

lonmin

Augustus 20, 2012 in Sonder kategorie

Ek sien ek het 10000 bladlese.Ek is maar n lui skrywer.

Vriend vertel my vanaand dat Fokkofpolieskar die beste show ooit gelewer het by die Wonderkoppie dat die gehoor morsdood neergeslaan het.

Hallo

Julie 3, 2012 in Sonder kategorie

Ek is nog hier. Julle moet my saamvat WordPress toe as julle loop. Ek sal n blog skryf oor die dag toe ek gedink het die oordeelsdag het aangebreek en ek is op aarde vergeet. Life is still great.

Hallo

Julie 3, 2012 in Sonder kategorie

Ek is nog hier.
Julle moet my saamvat WordPress toe as julle loop.
Ek sal n blog skryf oor die dag toe ek gedink het die oordeelsdag het aangebreek en ek is op aarde vergeet.
Life is still great.

Ek is nog hier.

Mei 21, 2011 in Sonder kategorie

Ou Harold Camping se g@t .Julle hoef nie oor my te warrie nie.

Ek voel dat die wegraping by my sal verbygaan en more weer julle blogs lees.

Roosmaryn het die beste blog geskryf tot dusver oor die stupid mense wat die stories verprei en kinders onskuldig laat glo dit is die einde van die wereld,dink net die spanning wat die kinders beleef.

Life is great. 

Verprei hierdie man nie rekenaar virusse nie?

Maart 5, 2011 in Sonder kategorie

Dit het al baie keer gebeur wanneer ek Francois Williams se blog oopmaak dat die volgende link opkom… http://oxoblaster.com/se.php?pop=1&aid=YmxhY2tvdXQA9D8&sid=518360&key=sex .Die link bring jou nêrens.

Dit gebeur ook op sênet waar die man reaksie uitlok.

Dit het nog met geen ander blogger se blog gebeur wat ek oopmaak nie.

Ken iemand die man of is hy n hoax want sy moeilikheid makery is n bietjie dik vir n daalder.

Ek gaan die pos weer herhaal om trefkrag te kry en julle insette sal waardeer word.

 

Life is great met my tong in my kies.

Die tafel is gedek.

Februarie 12, 2011 in Sonder kategorie

Partykeer spel ons woorde verkeerd of luister mens woorde en verwag wat nie bedoel was nie.

 

Die tafel is gedek en die manne kom sit aan.

 

Die gasheer sit aan die kop van die tafel en vra vir die mense of hy vir die seen sal vra……………almal knik hulle koppe instemmend in afwagting van die gasheer.

 

         ^

         ^

         ^

         ^

         ^

Gasheer: Seun! Bring asseblief die wyn!

 

Life is great