Is dit Ouderdom?

Julie 10, 2012 in Sonder kategorie

Is dit ouderdom? Of lewenservaring?

Ons twee duifies koop nou ‘n nuwe motor! Vir my!  Maar om dit te doen moet ons sy bakkie verkoop!  Die besluit was en is nie maklik nie!  Want die afskeid van die bakkie is nie maklik nie!  Nou waar het dit nou verander?

Manlief se ryding is derde hands gekoop. Vir ‘n klomp sente!! 5 jaar terug! Desember afbetaal maar met ‘n reswaarde! (Ja toemaar ons sal nie weer so dom wees nie). Desember breek die en daai en ‘n klomp duisende verder ry ons weer.  Nou 6 maande later het ons weer duisende spandeer waarvan R8 000 daarvan die laaste week en half!  Die handelaar wil ons min gee! Soos in min met ‘n baie klein letter M! Die skrif is aan die muur! Ons moet verkoop want ons wonder hoekom die bakkie se handelaar so min wil gee en manlief kan nog ‘n lys opnoem wat hy weet een of ander tyd gedoen moet word! En dan praat ons nie van Diesel wat nou duurder as Petrol is nie en ook nie van die Dienste wat elke 10 000 km gedoen moet word nie!  En ons kom nie voor nie!

Ons wip ons en begin soek na motors.  Ons wil klein-ne-rig koop want ons seun is een van die dae ook padvaardig..en omdat mens nie meer op openbare vervoer in die stad kan staatmaak nie sal hy ‘n ietsie moet kry..en so beplan ons vooruit!.. So mamma kry ‘n nuwe  voertuigie, Pappa sal met mamma se groot kar ry wat eers pappa s’n was voor die bakkie en boetie moet nog bietjie wag!

Ek soek klein! Want ek ry rerig by uitsondering verder as 30 km van die huis af.  Ek soek ietsie wat my persoonlikheid weerspieel! Ek soek nie klein wielietjies nie!  Ek soek nie ‘n 1200 nie! en kleur? watter kleur!

Jinne! Daar is letterlik duisende voertuie om van te kies!  Dit sal mens gek maak!  Ons hmm en haa en manlief trek tabelle van vergelykings op en op so manier begin ons elimineer wat ons nie wil koop nie!  En tussen deur grom ons vir mekaar want die gedagte aan afskeid neem is erg. Ek erken dit net nie! en manlief?  Hy ween behoorlik!

En ons gaan kyk voertuie by ‘n kennis waar ons altyd koop omdat ons hom vertrou.  Hy bied ook die meeste aan vir die bakkie!  En ons kry twee potensiele voertuie!  En manlief kyk en hmm en haa en vergelyk en teen sondag aand weet ons wat ons wil he!  Ek wil nie dat manlief sy keuses afdwing nie maar ek luister tog as hy dit en dat kwytraak.

die uiteinde is dat ons gister gaan finaliseer het.  En vandag sal ons seker  die nuwe ou voertuigie kan gaan haal!  En manlief sal eers drie weke self probeer om sy bakkie uit die hand te verkoop andersins vat ons dit na drie weke terug en sal die handelaar dit sonder probleme vat en vir manlief gee wat hulle ooreengestem het!  Die handelaar is goed vir ons want hy en manlief kom saam van babawees af.  Hy wil net he ek moet ‘n sjokolade koek in die deal gooi!  Ek wou eers vra of hy kan sien dat daar nie op my voorkop “bakster” staan nie maar toe gee hy vir manlief nog ‘n duisend Rand af op die kar so ek sal nou maar stilbly en ‘n koek bak!

Maar is dit net ouderdom ?  Dat ons al hoe moeiliker besluite neem oor iets soos kar koop en verkoop?  of is dit Sentiment?

wat is die waarheid?

Julie 10, 2012 in Sonder kategorie

Ek lees nou die storie van Tom Cruize en Kate Holmes wat skei oor Tom se geloof. Gister is ‘n skikking bereik waar Tom nooit alleen mag wees met sy dogter nie.

Wat ‘n ontnugtering moes dit nie wees vir Tom nie? Dat die vrou met wie hy getroud is so iets drasties doen!  EN ek glo hy kan haar aksies nie verstaan nie want alles wat hy glo en lewe is sy waarheid!

Vir Kate lyk die waarheid anders want sy het ‘n jaar en half terug al opgehou om die geloof te volg.  Haar waarheid beteken sy moet haar dogter met alles in haar wese beskerm. Al beteken dit Suri mag nie weer haar pappa sien nie.  En iewers tussen twee mense se waarheid is ‘n klein 6 jarige dogtertjie met haar eie waarheid.

En so lewe ons elke dag in ons eie waarheid.  My waarheid en my man se waarheid verskil. Jou en my waarheid verskil.  En hierdie waarhede waarmee ons lewe maak dat ons soms so erg verskil dat ons nie meer oor die weg kom nie.  Dit maak dat vriendskappe opbreek en tonne herhinneringe agterlaat maar niks wesenlik nie.

En ons gaan altyd verskil in waarheid.  Want ons agtergrond en tradisies en kultuur verskaf aan ons “die waarheid”.  En baie maal wonder ek..maar WAT is nou eintlik die waarheid?

Op die einde van die dag kan mens dan maar net leer om te respekteer!  Solank jy ‘n ander persoon se waarheid respekteer sal ons almal oor die weg kan kom.  Respekteer Tom se geloof en dit wat hy lewe deur sy geloof en Respekteer Kate se uitkyk op die lewe asook die besluite rondom hulle dogter.  Respekteer jou maat en jou maat sal jou respekteer. En maak vrede dat ons gaan verskil!

En doen jou bes! En dan kan enige mens met jou verskil en jy sal weet wat ookal hulle oor jou voel en dink nie saak maak nie want jy het JOU BES GEDOEN! En respekteer dan sy gevoelens of denke oor jou maar wys deur jou lewenswyse dat hy verkeerd kan wees.

Krone, Hare en pruike

Junie 19, 2012 in Sonder kategorie

Daar word mos daagliks beweer dat ‘n vrou se hare haar kroon is.  Is dit? Ek sal nie weet nie want ek het nie hare nie!

as kind het ek hare gehad. Maar toe was dit nie my kroon nie want ek het soos enige ander kind nie geweet dis belangrik nie.  Ek het sorgeloos gespeel en was altyd ‘n juffrou – en hare was vanselfsprekend, net soos jou ma en pa was. Soos die buurtannie was en soos maatjies was.

Toe ek groter word het ek ook my hare “gedoen”. Krultange gehad ensovoorts. Teen matriek al het ek al nie meer eintlik normale hare gehad nie as ek nou terug dink.  Ek het egter nooit gedink ek is anders nie. Want my ouerhuis het my nie anders behandel nie.

Na my kinders se geboortes was dit al baie erg.  My “boldness”.  Eindelose hoeveelheid mense het my nie in die oog gekyk nie maar na my haarlyn en rate aangedra of wou gebede doen vir my kanker.  My skoonfamilie se kinders het aanmerkings gemaak en dit was ongemaklik afgemaak.. want hulle kon nie die Imperfeksie verstaan nie oor niemand ‘n gebrek..of iets..gehad het nie.

Daar was selfs gese ons moet ons eers laat toets of ons kinders normaal gaan wees voor ons ‘n verhouding het of beplan om te trou.  Dit het opsigself sy merk gelaat.

Maar tenspyte van dit alles het my man my nooit anders behandel nie.. vir  20 jaar al is ek sy prinses. Die enigste vrou vir hom.

so 6 jaar terug het ek die bold move (mooi woordspeling) gemaak en al my dun haartjies afgeskeer.  En ek het besluit om pruike te dra.  Dit was ‘n alleen pad wat ek gestap het want ek het eintlik nie geweet wat my makeer nie.  Die feit dat ek en my liewe boetie ‘n velkondisie het, het nie eers vir my enigsins na die regte rede gevoel nie.

Vandag weet ek dit is die rede.  Maar ek is nie anders as enige persoon wat aan female boldness of Allopecia ly nie.  As jy jou hare verloor is jy nes die volgende een wat hare verloor. 

Ek moes leer van pruike. Van al die verskillende soorte wat daar is.  Ek moes leer dat pruike, nes modes, “brand names” het. Dat daar goeie en slegte pruike is. Het jy geweet pruike word op verskillende maniere gemaak.  Jy kry pruike met ‘n “mono” top.  Dit is wanneer hulle gaas bo insit sodat jy ‘n paadjie in jou hare kan kam. Dit lyk baie normaal.  Dan kry jy normale pruike wat jy nie in ‘n paadjie kan kam nie… en jy kry pruike met NET voor op die haarlyn waarin hare met die hand geknoop word sodat dit lyk soos ‘n haarlyn.  En  natuurlik betaal jy vir elke “feature”. Die pruike wat gewoon is, is die goedkoopste maar die prys word bepaal volgens die lengte van die hare..en so sal jy tot R 1000 meer kan betaal vir ‘n mono top of ‘n handgeknoopte haarlyn.  En dan word daar ook onderskei tussen regte hare en kuns hare.  Die regte hare pruike is baie baie duur agv van die proses waardeur die hare gaan.  Daardie pruike is swaar en jy verloor die hare soos jy regte hare sal verloor.  Hulle kan in ‘n styl in gekrul of getang word.  Hulle verloor hulle style deur die loop van die dag omdat hulle so swaar is.  Maar hulle blink minder. so dis meer natuurlik. 

Die kunshare word van plastiek gemaak en meestal blink hulle. Hoe goedkoper die pruik (soos die R200 pruike wat jy sien in vlooimarkte) blink so jy moet ‘n sonbril opsit..hoe duurder hoe meer natuurlik lyk hulle alhoewel hulle tog nog blink.  Jy stof hulle af met poeier..so dit lyk meer natuurlik.  Die membraan waarmee die hare gemaak word, word in ‘n styl gestoom en dan koudgemaak sodat die hare die styl “onthou”..dit word remembrance membrane genoem.  Jy vat letterlik die pruik en skud dit en sit dit op jou kop.  Die styl word heeldag gehou. 

Pruike word weggehou van hitte want dit sal opkrul en ‘n bolletjie in smelt.  Daar is nou reeds so 6 maande nuwe pruike op die mark wat jy kan begin krul en regtuit maak en hitte tange maak niks aan die membraan  nie.

Pruike word ook min gewas.  Want jy hou jou kop skoon.  Jy gooi koue water en shampoo in ‘n wasbak en laat le die pruik.  Netnou haal jy dit uit en spoel dit in skoon water af.  Dan staan dit op ‘n staander terwyl dit droogword.  Jy sprei conditioner op en kam dit deur. 

Pruike hou tussen 3 maande tot ‘n jaar na gelang van hoe jy dit opas.  Soos die pruik ouer word, word dit mooier volgens my. Want dit begin meer uitpof en minder blink word…tot dit begin “frizz”..dan laat sny ek gewoonlik die frizz af en dra dit nog langer.

Binne in het dit rekkies wat jy stywer kan stel sodat dit eksie perfeksie pas.  Pruike is nie warm nie en dit laat baie lug deur. Pruike word ook in die wonderlikste kleure gemaak.  Party is een kleur, ander weer in hybrind colors..dws 2 of meer kleure..en jy kry selfs pruike wat lyk of die haargroei wat uitgroei donkerder is as wat dit bo gekleur is.  Dis natuurlik en die gemiddelde persoon weet gladnie dat ek pruike dra nie.  Want hulle weet nie waarvoor om te kyk nie.

Nou na 6 jaar weet ek presies wie is te duur en waar oorsee kan ek bestel en koop.  Ek weet nadese watter tipe style my pas asook watter kleure ek kan dra.  Ek het “brand name” voorkeure want sommige pruike is baie fyn en koek  vreeslike vinnig en ander is dikker hare en hou langer.  Ek dra knippe in my hare of bande.

En ek is baie gelukkig!  Nou dat ek ook weet dat dit ‘n rare kondisie is om te he..die feit dat ek bold is…begin ek alhoemeer gemaklik voel oor my gebrek.  Ek sorg dat ek versorg is en gaan een van die dae begin gym sonder hare. 

Ek het ‘n vriendin wat aan ‘n toestand lei waar sy al haar hare uittrek. Dis onwillekeurig.  Sy dra ook pruike. En sy lyk altyd pragtig! 

“n mens kan toelaat dat jou “gebrek”  jou inhok. Hetsy in jou huis of in jou kop.  Ek kies om nie ingehok te word nie.  Ek kies die son en die lewe.  Ek weet wel dat so gebrek soos haarverlies ‘n baie sensitiewe saak kan wees.  en dat as dit jou oorkom jy genoeg tyd moet vat om met dit vrede te maak.

En wat was vir my die snaakste van die hele storie?  Toe ek besluit om pruike te begin dra was ek amper vir 2 jaar ‘n vreemdeling in ons omgewing. By die kerk of winkel het mense my nie meer herken nie.  Hulle het almal gedink my man het ‘n nuwe fling of vroutjie.  My kinders sou in ‘n winkel van my wegloop om iets te kry en dan by my verby loop en hulle “ou” ma soek.  Nou kan ek maar my kleur verander van gister na vandag – almal ken my weer en almal groet my weer.

Moenie dat ‘n gebrek jou ooit inhok nie. Dis nie nodig nie. Ander mense sonder gebreke weet meestal net nie hoe om dit te hanteer nie. As jy normaal optree sal hulle normaal wees.  En as jy hulle inlig sal hulle verstaan!  Ons het in vandag se vinnige lewe nodig dat mense verstaan!  Want jou plekkie in die son is net so geldig soos hulle plekkies in die son.

gaan mooi

xx

Op voetsool vlak

Junie 9, 2012 in Sonder kategorie

En ek lees die koerante – natuurlik lankal nie meer die papier weergawe nie – die elektroniese weergawe.  En ek deel ook ietwat van myself op sosiale netwerke. En dan lees ek ook die dagblaaie se kommentare elektronies. En ek google nuwe woorde as ek dit nie ken nie… en ek lees alles op ‘n papboks..en ek lees op my selfoon..en ek lees tydskrifte terwyl ek nuus kyk/luister….en ek lees klein opvou biljette in medisyne..  en ek lees en lees..en ek lees tussen deur ook tussen die lyne!

Ek lees hoe kwaad mense is.  Hulle is kwaad vir hulself oor hulle dom besluite maak.  Hulle is kwaad vir hulle kinders wat dom foute maak. Hulle is kwaad vir die juffrou, meneer. Hulle is kwaad vir medepadgebruikers. Kwaad vir die persoon voor in die tou wat nie gou genoeg betaal nie. Kwaad vir die kind wat nie respek het vir groot mense nie. Kwaad vir die kerk, die keisers wat die land regeer. Hulle is kwaad want hulle het nie werk nie. Kwaad oor hulle nie die lewensstyle kan volhou wat 10 jaar terug die norm was nie.  Hulle is kwaad, kwaad kwaad.

En iewers het ‘n kind (maak sy kleur rerig saak?) nie ouers nie want vigs of dwelms of drank of net slegwees het hulle ouers gevat.  En iewers word ‘n kind onnadenkend deur ‘n “grootmens” geskel en veroorsaak seer vernedering vir altyd.  Iewers le ‘n baba in ‘n asblik of in die koue en oorleef tot iemand genadiglik tot sy of haar redding kom.  Iewers brand ‘n mens van vlees en bloed se huis af terwyl haar geliefde binne in is.  Iewers staan iemand verlee en bedel oor dit al is wat oor is van sy lewe en kies ons om hom nie in die gesig te kyk nie want dis net die maklikste. Iewers slaap mense langs die veld by ‘n vuur en slaan in yssweet uit terwyl ons verby jaag huistoe.  Iewers krap iemand in jou asblik vir kos.  Iewers sit iemand (dalk ‘n grootmens en dalk ‘n kind) en sien geen nut nie en gaan selfmoord pleeg..

en ons is kwaad!  Ons raak verslaaf aan dwelms en maak ander om ons kwaad.  Ons skel die persoon wat deur die verkeer vleg want amper ry jy jou kar moertoe soos jy moet koes en briek om vir hom uit te swaai..terwyl hy geen kar het nie.. Ons skiet geld deur ‘n ruit na ‘n blikkie en kyk nie eers hoe die persoon dit nie kan optel nie want die karre om hom is te veel.  Ons skel swart. Ons skel wit!  en jaag terug na ons blyplekke wat meestal deur banke besit word in karre wat meestal deur banke besit word.  Ons maak kaggelvure of sit verwarmers aan.  Ons renovate huise en lewer kommentaar oor sus en so nie sy deel in jou tuin lewer nie maar ons dink nie dat hy doodeenvoudig nie die stamina het nie oor hy nie sommer net na ‘n yskas kan loop om vir hom kos te kry nie.  Ons is kwaad want die witbrood onder ons arms word kleiner – al het ons nog die brood!!

Is dit nie tyd om op te hou score hou nie?  Is dit nie tyd om die bedelaar in die gesig te kyk nie?  Of om die kleinlikhede van die lewe opsy te skuif nie.  Ons hoef nie verskoning te vra omdat dit beter met ons gaan nie want ek en jy weet ons werk vir wat ons het.  (Ja daar is oneerlike mense wat van ander steel.  Steel het nie ‘n kleur nie en jou eie velkleur sal nie huiwer om van jou te steel nie – doodeenvoudig net oor hulle kan -) maar ons kan help waar ons kan. Ons kan al help deur net minder kwaad te wees. Om pro aktief te wees. DEur werk te skep en werk uit te dink.  Nood leer bid. Wonderlike dinge gebeur as ons koppe bymekaar sit. 

Ons kan help deur kwaadheid te ontlont. Ons kan help deur meer te lag.  Deur te dink dat R100 ‘n verskil kan maak. Deur hande uit te steek en ‘n brood vir iemand te gee wat kyk watter pakkie hondebene kan hy bekostig. Ons kan ‘n verskil maak deur weer menslik te raak.  Ons is afgestomp.

Watse lewe is dit nou?  Daar is genoeg redes om te voel soos baie voel. Om kwaad te wees. Om te voel jy word onreg aangedoen.  maar wat gaan jy doen om dit te verander? 

Die strate as jou huis

Junie 1, 2012 in Sonder kategorie

Dis Jenny. Jy sal haar kry by Burgerspark in Pretoria. Sy slaap saans by die Sentrale polisie stasie. Iemand op my facebook het haar afgeneem en met haar gesels. Haar storie is nie vertel nie maar ek dink die foto vertel alles wat mens nie in woorde kan vertel of wil hoor nie.

Wat gebeur met jou dat jy nie meer moed het om aan te gaan met ‘n “normale” lewe nie?  Hoekom gaan jy strate toe? Jy pleeg nie selfmoord nie want daarvoor het jy te veel hoop.  Jy het net te min hoop om verder ‘n blyplek, klere, lewensstyl te onderhou.

Vat jy net eendag ‘n Sakkie, pak goed in en loop weg?  Wat pak jy in? ‘n Toiletrol? hoe lank gaan die toiletrol nou eintlik hou voor dit weggedra word of klaar is?  pak jy ‘n borsel in en shampoo.  Wanneer hou jy op die borsel gebruik..sodra dit breek of jou hare te vuil is om te kam? Pak jy jou Bybel in of dra jy God in jou hart?

As mens kies om op die strate te bly sal daar volgens my niks wees wat mens eintlik kan pak wat gebruik kan word nie. Want as jy jou nuwe lewe kies of as dit aan jou uitgedeel word maak niks meer saak nie. Jy gaan nie meer bekommer oor jou naels skoon is en of jou hare netjies is nie. ‘n Spieel gaan jou herhinner aan wie jy nie meer wil wees nie. Fotos? hoe lank sal fotos hou van kinders wat jou weggegooi het? hoe lank voor jy nie meer die kinders op die fotos gaan eien nie. 

So baie mense word rondgegooi deur die lewe. So baie verloor moed. Baie staan oor en oor op en begin voor. Boemelaars gee op, op die lewe en sy vereistes. Hulle word die straat oppassers. Hulle drink die pyn weg as daar iets te drinke is.  Hulle is vindingryk as dit kom by ‘n warm plek soek vir slaap.  Ek praat hier van Jenny en haar generasie. Ek praat nie van die boksslapers in Voortrekkerweg nie. Jenny en haar maters loop jare al in Pretoria se strate. Hulle vermaak hulself op skaars kolletjies gras. Hulle piepie die ou Raadsaal dat die kliptrappe roes.  Hulle krap luise in die son. Hulle bedel nie eers nie.  Hulle gaan hulle gang asof hulle die konings van die strate is.  Ek onthou die een het met twee toiletrolletjies op die plein gele..en ek het verby gestap.  Soos ek stap het hy my deur die toiletrolletjies gevolg asof dit sy verkyker was.  Ek het dit geniet.

Jy sien hulle soms met ‘n hond. Soms met ‘n houtbeen.  Hulle IS net.  En hulle kies dit! Hulle gaan haweloos dood en niemand soek hulle nie.  Hoe moet dit voel?

Dis maklik vir enige persoon om te kla. En ek hoor heeldag hoe mense kla. Hulle kla oor hulle nie genoeg geld het om die belastings en elektrisiteit te betaal nie. Hulle het nie geld vir sigarette nie.  Hulle geld is te min vir rooivleis, vir die haarkapper wat nou so belaglik duur is. En so gaan hulle aan..terwyl daar mense is wat werklik niks het nie. En dan kla hulle ook nie.

Ek kan my nie eers veronderstel hoe dit moet wees nie. Want ek het nog genoeg hoop!

Die keuse lyk dus vir my voor die hand liggend.

Liewe Dogter

Mei 23, 2012 in Sonder kategorie

Liewe Dogter.

Vandag het ek indie dagblad gelees hoedat jy, liewe mooie meisiekind selfmoord gepleeg het.  Jou selfmoord het skokgolwe deur 4 verskillende skole gestuur omdat jy in die 2 en halwe jaar wat jy op hoerskool is al in al vier hierdie skole was. 

Die vlae hang halfmas om jou kort lewe te herdenk!  Die maats skryf op jou facebook blad so asof dit die seer sal minder maak.  Elke een gaan lees die briefies weer en weer op jou blad en huil en dink hoe hartseer hulle voel.  En miskien dink hulle dat hulle meer moes doen vir jou. Of meer moes belangstel in jou lewe.

Van wat ek kon aflei was jou omstandighede nie lekker nie. Die feit dat jy so pragtig was het geen snars saak gemaak nie. Dit het nie jou omstandighede verbeter nie.  Jy het toe besluit om jou lewe te neem op die gevangenisterrein waar jy gebly het.

Niemand kan jou laat terug kom nie.  En as jy nou die keuse kon kry sal jy dalk steeds kies om nie terug te kom nie.

Liewe mooie meisiekind.  Ek kan my nie naastenby indink hoe jy moes voel nie.  Ek kan maar net erken dat die grootmens wereld ‘n wrede wereld is.  Waar mense so opgeslurp kan raak in hulle eie lewens dat hulle nie meer kan sien dat ander seerkry nie.  Ek glo die sielkundige het jou lewe probeer uitpluis.  Ek glo ook dit was te min te laat.  Hulle pogings was nie goed genoeg nie.

Huidiglik word daar ‘n vreeslike groot bohaai opgeskop oor ‘n skildery met ‘n half kaal man.  Die man en wat hy doen maak nie eers saak nie.  Want die inligting gaan niks verander aan jou omstandighede waarin jy was nie.  Die feit dat daardie man reeds by vrou nommer 6 trek en meer as 20 kinders het tel nie want niks daarvan het jou omstandighede beter gemaak nie.  Daardie man liewe kind het die mag in sy hand om kinders soos jy se omstandighede te verbeter. Hy kan as hy wil.  Maar sy klomp vroue en eie lewe het veel meer saak gemaak as jou nietige lewe.

Ek ken nog kinders soos jy liewe mooie kind.  Hulle bly in Wendy huise sonder krag.  Hulle is goeie sportmanne by die skole maar is altyd in die moeilikheid omdat die onderwysers nie weet hierdie kind word heeldag op die skoolgrond met sport besig gehou nie..en dat hy nie tuis huiswerk kan doen nie omdat dit te donker is.

Ek ken kinders wat nes jy nie ‘n lekker lewe tuis het nie.  Op die oog af lyk alles normaal maar eintlik is die pa ‘n nikswerd en moet die ma die pot aan die kook hou. Nou het die ma so suur en mislik geword dat die kinders die slagoffers geword het.

Liewe kind!  Hoe moes jy nie gevoel het nie?  Hoe leeg moes die lewe voor jou gele het.  Wat het jy deurgemaak dat dit die enigste oplossing vir jou was?

En niemand se trane kan jou terug bring nie.

My liewe skat.  Ek dra jou vir God aan.  Dat jy hitte sal he. Dat jy Vrede sal ervaar. God se immers ” Laat die kindertjies na my toe kom”

Rus sag

‘n mamma wat elke dag dankbaar is vir dit wat sy vir haar kinders kan doen.

xx

Positief! positief? Positief…

Mei 23, 2012 in Sonder kategorie

Somstyd is dit baie ooglopend hoekom iemand positief is!  Dis hulle ge aardheid!  Daarom kry die lewe hulle net doodeenvoudig nie onder nie!

En dan kry mens n ander tipe positiewe ingesteldheid wat nie so ooglopend is nie.

‘n vrou vind eers uit haar man het ‘n affair toe hy vir haar vertel.  Haar hart is stukkend.  Hy trek uit en los haar met die diere en die huis.  Hulle het geen kinders nie omdat sy nie kan kry nie.  Die man het nooit werklik grootgeword nie en in die meer as 20 jaar van hulle huwelik het sy vrou later meer sy ma geword as sy maat.  Nou kuier hy rond, ry motorfiets. rook dagga en geniet die lewe nadat sy lewe na soveel jaar aan bande gele is.  Die vrou het ‘n ruk voor die skeiding haar werk verloor. Sy is nie sleg af nie. Sy het ge erf en daarby kan sy met geld werk.  Sy bly steeds tuis en lek haar wonde.  Die baie albums wat sy gemaak het van hulle lewe saam le eenkant en sy kan nie deur dit blaai nie!  Sy huil baie.  Hy geniet die lewe.  Sy koop ‘n motorfiets! Miskien help dit.  Nee dit versag nie die pyn nie.

Sy maak haar borste groter. Dit lyk mooi maar dit help nie!  Sy dwing haarself uit die huis uit.  Sy gaan braai op die strand en kuier saam vriendinne wat weet hoe sy voel.  Sy is seergemaak omdat dit een van haar beste vriendinne is wat nou saam haar man is.  Die egskeiding kom en gaan.  Hy trek terug en weer uit.  Sy sit die huis in die mark maar die mark is dood… Sy lek haar wonde. Sy tel haar lewe stukkie vir stukkie op.  En kry ‘n tydelike werk ver van waar sy bly.  En besluit om te trek. Die huis kan maar verhuur word vir al wat sy omgee.  En toe kom haar ex man terug.  En verklaar hy het een vreeslike fout gemaak.  Sy besef deur al die hartseer deur, versorging van diere en nuwe vriende maak het sy oor hom gekom.  Het sy gegroei as mens.  En het sy hom nie meer nodig nie.  Het sy nie meer nodig om ma te speel vir ‘n man nie.  En nou lag sy heerlik! Elke dag! Elke oomblik het vrolikheid in want sy is verantwoordelik vir haar eie geluk. Nooit weer hoef sy afhanklik te wees van ‘n ander persoon se nabyheid om gelukkig te wees nie. Maar sy het nou iemand ontmoet…sy weet nog nie waarnatoe dit gaan lei nie maar sy is nietemin klaar gelukkig.

Dis Positief!

Elke dag beleef ons duisende beelde en oomblikke waarin ons oombliklike besluite moet maak of ons dit positief of negatief ervaar.  As jy iets negatiefs ervaar beteken dit o.a jy stem nie saam nie en word dit ook nie in jou geheue of verwysing gestoor nie.  As jy egter saamstem met iets en dit maak jou gelukkig word dit gestoor en gebruik jy dit as deel van jou lewe.  Kies jy om dit as ‘n kontrak te aanvaar.  As jy dit aanvaar maak dit jou gelukkig en positief.  En noem ons dit geloof.  Ons GLo dan in ons eie geluk. Ons glo dat ons gelukkig kan wees.  Ons het nie meer persone of mense nodig om ons gelukkig te maak nie want geluk le binne onsself.  Persone, dinge, diere en omstandighede verhoog net die vlak van geluk en positiwiteit!

Daar word gese dat jy is wat jy eet! Ek verskil.  Jy is wat jy praat en lewe en glo.  As jy geluk en positiwiteit uitdeel trek jy dit na jou toe aan.  En dan kan niks jou stuit nie.  Nie die olieprys, of gekla van jou buurman nie.  Jy sal gelukkig wees waarookal jy beland!

Winne the Pooh het gevra “what day is it today?” en die liewe klein Piglet het geantwoord “it’s todaayy!” waarop Pooh toe opgewonde reageer..” OH..its my favorite day!”

Mag dit ook vir jou so wees.

Positief? Positief! Positief…

Mei 22, 2012 in Sonder kategorie

Hoe Positief is jy?

Ons het elke dag genoeg rede om NIE positief te wees nie! Noem dit op! Die stadsrade se dienste, die paaie, die arogansie van diensleweraars, die dienste wat nie bestaan in die staatsdepartemente nie. Die bysleep van rassisme in skilderye!…daar is genoeg negatief in elke dag dat ons kan omslaan en niks verder groei of dra nie. Nes ‘n dooie blom!

Kom ons vergeet daarvan!  Kom ons sit dit vir ‘n ruk opsy en fokus op dit wat nog mooi en lekker en positief is.

Ek ken ‘n vrou. Sy is die vrou van ‘n man. Laughing  Sy is die ma van kinders en die vriendin van vriendinne. Sy is ‘n suster, ‘n dogter en ‘n volbloed vrou.  Sy ken swaarkry! Saam haar man verloor sy alles. Dit kry haar nie onder nie. Sy staan op uit die as. Neem twee kinders by haar eie in pleegsorg en sien hulle deur skool.  As gevolg van omstandighede kan sy nie meer dat haar kinders universiteit toe gaan nie. Sy huil nie. Sy gaan op haar kniee en Bid.  Sy maak haar stoor reg en begin ‘n onderneming.  Sy maak haar kinders entrepeneurs en saam saam leer sy hulle om by markte hulle produkte te verkoop. Sy self begin met ‘n baie unieke kunsvorm.  Ek sien haar werk orals.  Sy het uit as uit opgestaan!  DIt is positief!! 

‘N man en vrou  skei.  Hy ry weg met ‘n boks vol besittings wat die omvang van sy huwelik was. Met ‘n ou klein karretjie.  Hy stop op ‘n bekende snelweg en praat met God.  Die eerste  keer in ‘n lang tyd.  Daardie nag praat God met die man! En belowe hom dat sy vrou terug sal kom, ook sy kinders en al sy besittings..en meer!  Hierdie man hou vas aan die belofte van God.  En God gee dubbeld terug.  God gee hom ook ‘n belofte!  Die man trek agter God se belofte aan na ‘n kusstreek van ons land.  En na 7 jaar se swaarkry maak God dit NOU waar!  Die man het baie geleer.  Die man het sy eie idees gehad van hoe dinge sal werk..en telkemale het God hom gewys hoe dinge is.  En dit was Goed!  En die man pluk nou die vrugte! Hy bly getrou aan God se woord. Die man, sy vrou en kinders se uithou vermoe is harverwarmend!  Die vrugte wat nou gepluk word is soet. DIT is positief!

‘n Gesin se broodwinner is werkloos!  Hulle leer God ken in daardie tyd. Hulle lewe volgens Jeremia 29:11.  Hulle lewe drie jaar volgens hierdie skrif. In hierdie drie jaar verloor hulle nie hulle huis en voertuig nie. (Dit nadat hulle al ‘n vorige huis en ‘n voertuig verloor het) Die pa kry werk en begin voor in ‘n nuwe loopbaanrigting.  Die pa beweeg op teen die leer en vorder binne ses maande na ‘n nuwe maatskappy toe wat hom meer as dubbel betaal as wat hy gevra het.  Die pa en ma vat lank maar gaan tree vir tree vorentoe en eendag was hulle uit die  moeilikheid uit.  Toe moet die kind universiteit toe.  Die pa knyp die ma en die ma knyp haar ogies toe. Want dis duur! Die kind kry werk. En hulle betaal haar studies. die kind kry goeie salaris en is baie gelukkig.  Die kind kry ‘n verhoging.  Die pa en ma is dankbaar! en se vir HOM Dankie! DIS positief!!  En God bly voorsien!

‘n man en vrou is al in hulle 70’s. Hulle woon op ‘n klein dorpie waarvan die strate steeds grondpad is.  Hulle het min in geldjies voorsien! Nee hulle het voorsien! maar niemand dink jy gaan lewe tot amper 80 en nog springlewendig wees nie!!  Die man maak altyd grappies.  Die vrou versorg en lag altyd.  Die vrou het amper nooit gewerk vir ‘n baas nie. Sy is ‘n versorger.  Die man ken nie ‘n rekenaar nie en ook nie ‘n selfoon nie. Hy weet net mens antwoord die ding by die groen telefoontjie.  Die man kan drade regmaak en span. Hy kan boer! Dis wat hy ken!  Nou is hulle eintlik afgetree en kry ‘n karige pensioentjie van die staat.  Hulle is Godvresende mense!  Hulle leef van die hand na die mond.  Hulle pas die boere se plase op en so word voorsien vir die vrieskas. ‘n lammetjie hier! ‘n Varkie daar! En toe kry die man werk. Hy span draad vir die boere. Hy skuif kampe.  En so werk hy amper 3 jaar sonder blaaskans! En toe hy net begin dink aan rus..kry hy werk by n privaat skool en koshuis!  Hy werk vir ‘n enorme salaris wat vir ons amper niks is nie.  Dis die grootste salaris wat hy nog in sy lewe verdien het. Hy werk van 8 uur tot 4 uur en dis presies 5 minute in spitstyd huistoe!  Hulle lag en gesels as hulle jou sien.!  Hulle deel pampoen en mangoes uit.  Hulle haal varsgebakte brood en ingelegte perskes uit en jy moet proe hoe die poeding proe!  Dis dankbaarheid en Positief wees!!  En dit terwyl hulle kinders hulle weggooi het! 

vervolg………..

Vry!

Februarie 24, 2012 in Sonder kategorie

En so besef ek skielik! Ek lewe lankal anders.

Ek en die IT man wat my lewe al 22 jaar deel gaan woon ‘n Finansiele inligtings aand by.  Ek sien ander, vreemde mense.  Ek besef ek is lankal uit voeling met watter klere nou in die mode is.  Ek sien mooi sandale en sagte vloeiende broeke.. Alles vreeslik gekreukel oor dit heeldag gedra was.  Maar dis klere wat gestryk MOET word..so die kreukel pla eintlik die oog.

Ek sit alleen. My man praat met almal. Ek observeer. Nie oor ek skaam is nie.  Oor dit is wat ek doen.

Dit was baie interessant om te hoor en statistieke te sien oor hoe die VSA, Italia, Griekeland en Europa gedoen het en waar SA staan ten opsigte van Finansies.  Sa doen nog baie goed in vergelyking….

maar dis nie waaroor ek dink nie..

Ek dink terug..en besef ek lewe lankal anders. En daarmee saam my gesin.

Dit het begin toe die IT man skielik sonder werk sit. 13 maande.  Ons MOES sny.  Sommige maande het ons nie geweet hoe en wat nie.  Ons het nie geweet wat om te eet nie. Maar ons het ge eet en deurgekom.  Dit het ons persepsies oor geld verander.  Oor wat jy nodig het om te oorleef en steeds te leef! Sonder om geluk prys te gee.  En sonder om jou waardigheid prys te gee. Of DIT wat jou definieer!

Ons het begin deur NET die nodigste te koop!  Een produk moes doen vir skoonmaak.  Een groot sak meel kon vetkoek bak, koek bak, potbrood bak.. Melk is sommige kere met water verdun (jip dit was ons realiteit) Geen souse, Geen snaakse pakkies kos..groente soveel as moontlik vars wat ons gevries het.

En toe ons daar uitlig nadat die IT man werk gekry het, het ons vir altyd verander!  Ek maak die IT man se hemde! MOOI hemde wat hy uitkies tussen die Woolies hemde om weer en weer te dra!  ek maak amper al my eie klere. Want ek hou van anders wees!  ons bak ons eie brood. Ons maak ons eie pasta.  Ons bak ons eie pizza. Rogmeel is heerlik!  die brood en pasta en pizza kry van dit in… en skielik eet ons minder want ons is gouer versadig.. Ons koop ons wasgoedmiddel by ‘n klein onderneming..  die suiwerste skoonste seeppoeier denkbaar. Ek gebruik geen wasgoed versagmiddel nie. Ek gebruik sout! die Swembad se sout! Vanila verfris die lug net soos gekoopte lugverfrissers..dis net meer eko vriendelik! 

ons vermy winkels so ver moontlik. Ons koop graag by ‘n mark wat net saterdae handel dryf. Ons kyk die verskaffer in die gesig en koop skoon groente en vrugte wat vars is..Ons koop die wonderlikste Salami’s en wildsvleis..sonder oormatige vet en sonder ‘n middelman se “mark up”.  Muffins word gegeur met roosmalva en Citroen malva.

En kom ons agter. Ons hou van kwaliteit! Maar ons hou nie van uitgee nie..so daarom het ons begin alles self doen en maak.  Ons beheer wat in ons brood, pasta, pizza ingaan.  Die IT man drink net Milo, koue Milo want hy is nou al 4 jaar drank en koffie vry!  Rooibostee en gemmer is heerlik as jy dit met heuning versoet!

En het ons vryheid. Want geen winkel, produk of mode bind ons nie.  En is ons gesonder! en Verloor ons gewig…..en soos ons koppe die grense afskud van dit-wat-nodig-is-vir-oorlewing en dit wat opgedwing word ..is ons meer sorgvry en streef ons meer en meer daarna om gesond te wees.

Ons plant tamaties en appelliefies in die tuin tussen die plante.  Ons laat ons tuin oorgroei in ‘n natuurlike staat sonder om alles in bolle of vierkante te sny. Ons maak ons eie mooiste kombuiskaste, ons doen ons tuinwerk self, verf, skuur, onderhou self..en skielik het ons meer ekstra fondse…wat ons spaar..vir ‘n ander dag!  Ons koppe is skoon van invloede en druk!  Ons TV is oud, ons beplan nog nie om dit te vervang nie (ja die kinders kla daaroor), ons herwin ou meubels …landelike deurleefde gevoel staan my al hoemeer aan.  En nee ek is nie oud nie! Ek kies net al hoe meer anders..

Die nuutste is sappe.  Heerlike beet en wortel….gemeng met appels, pynappel, pere! My “slaai sap” is tamaties, slaaiblare, komkommer, seldery met sout en peper..

Ons gaan eet soms by die Wimpy – oor dit my vriend se wimpy is en oor hy die lekkerste koffie en chippies maak..en dan sien ek weer ander mense buiten my gesin..en weet ek, ek is gelukkig met hoe ons lewe!

Hou moed daar is raad!

Februarie 22, 2012 in Sonder kategorie

Seerkry is oral – dis om ons – in ons – die geheim is om die vermoe aan te leer hoe om vir seerkry tong uit te steek – want solank jy toelaat dat seerkry jou definieer kan jy nie verander in die mens wat vir jou bedoel is nie.

Hmm dink jy. Ek praat maklik. Die ding is..niemand beplan om seer te kry nie. Jy loop vinnig om by jou doel uit te kom, jou skoen of groottoon hak vas en jy slaan neer!  Dit geld basies vir fisiese wonde wat jy opdoen asook emosionele wonde wat jou aangedoen word.

Ons wens nie om seer te kry nie.  Ons beplan dit nie. Ons kry seer. Punt.  Jy kry seer oor iemand dit jou aangedoen het.  Dit kan bewustelik gebeur of onbewustelik.  Ons kry seer omdat ons dinge persoonlik vat. Ons kry seer omdat ons in posisies beland waar jy ‘n sagte teiken is.  Ons reageer in verhoudings op so manier dat ander nie meer om ons wil wees nie en wegstap..en dit maak seer…die redes vir seerkry is legio…

HOE kry mens die wonde gesond?  Moeilik! Maar dit kan gebeur.  Gesondword is so ver soos jy dit toelaat!  As jy elke dag aan die wond krap kan dit vir altyd bly bloei! Of as jy die wond skoonmaak, toeplak en los kan dit gesond word en kan jy vorentoe!

Ek weet dis nie maklik nie.  Ek weet jy hou daarvan om jou seerkry te voer!  Om die slagoffer te wees!!  of doen jy?

Vat een stappie! begin by jouself! wat kan ek vandag doen wat my beter gaan laat voel? sjokolade? ja! wyn? Ja! maar dit help nie heeltyd nie en opas Wyn gaan kop toe! en dan sleutelbeen toe en dan voete toe! ..en dan slaan jy weer neer!!  😀

Staan voor die spieel en se vir jouself: Gister se seerkry kan my nie meer onderkry nie.  Ek is meer werd as dit! Se net mooi dinge van jouself vir jouself!

Doen jou bes!  Vandag terwyl jy sleg voel sal jou “bes” nie wees wat die more is as jy beter voel nie maar as jy elke minuut van elke dag jou bes doen kan niemand vir jou se jy kon beter doen nie..en sal jy nie meer in jouself twyfel nie!!..

Moenie fyngevoelig wees nie.  Moenie dinge persoonlik vat nie!  Feit is dat die persoon wat jou afkraag weerspieel wat in sy of haar binneste aangaan! Dit het niks met jou te doen nie! So laat val aanmerkings van jou af soos water van ‘n eend se rug..

Moenie aannames maak nie –  as jy vra, sal jy duidelikheid kry – en kan jy nie jou eie storie bou in jou kop nie!  As jy nie stories bou nie kan jy nie aannames maak nie!  Aannames is mos die moeder van all..ff….gemors!  Jy weet dit! Hoekom maak jy nog aannames?

want: ons voel miskien ons doen nie ons bes nie, of ons het moed op gegee om ons bes te doen, en dan se iemand iets neerhalends..ons maak aannames dat ons nie goed genoeg is nie en vat ons die aanname onmiddelik persoonlik!  En GLO ons later alles in ons koppe en kry ander mense dit meer reg om ons te verneder! Kort voor lank voel jy laer as ‘n gat in die grond…en gat gedagtes weet ons mos nou al is sleg vir ons!!

Dus is die somtotaal – as jy jou bes elke dag doen – kan niemand vir jou met woorde seermaak nie, kan niemand aannames maak dat jy goedgenoeg is vir seermaak nie, hoef jy niks persoonlik te vat nie!

Dit werk! En JY is dit werd!!