My ma het opgehou lag

10/01/2012 in Sonder kategorie

Ou Dok vertel my dat hy gedurende sy hospitaal
jaar in die laat sestigerjare in Kaapstad geleer het jy nooit die komiese moet verwar met die werklikheid nie.

Hy se die betrokke Saterdag middag maak al hulle jong hospitaal jaar dokters reg om te luister op die draadloos na Curriebeker eindstryd tussen WP en Transvaal. Die ouens wat van diens af is het iets sterker en hulle wat op roep is moet maar volstaan met n koeldrankie.

Hy se net voor die afskop word hy geroep, as n vurige WP ondersteuner is hy uit die aard van die saak bitter teleurgesteld maar plig roep. By die wagkamer gekom kry hy n ma en haar dogter wat so pas vanaf Springbok gearriveer het. Die dogter is baie bekommerd oor haar ou moeder en deel hom mee dat haar ma opgehou lag het! Ou Dok se hy kon ontplof maar hou hom in en begin die tannie ondersoek om te kyk waar haar lag nou heen is. Ten einde laas word na haar pupille gekyk en sien hy Hier is groot fout, die Tannie moet n hengse drukking op haar brein he want die pupille is baie vergroot. Hy verduidelik aan hulle dat die spesialiste wat met die klas goed werk eers Maandag beskikbaar sal wees en dat hulle haar moet opneem tot die slim manne Maandag na haar kan kyk.

Die Maandag ontdek hulle n hengse gewas op haar brein wat toe in due course verwyder is en daar het die Tannie haar lag terug!

Ek vra vir ou Dok wie het toe die Curriebeker gewen maar hy kon om die dood nie onthou nie.

2 antwoorde op My ma het opgehou lag

  1. lawweliza het gesê op 10/01/2012

    Jou opskrif het my aandag getrek. Hierdie ma het ook half haar lag verloor. As dit nie vir die kinders was nie het sy haarself dalk al iewers gaan inboek. Welkom hier!

  2. Pypsteel het gesê op 10/01/2012

    Baie dankie. Tel jou kop op en moenie jou lag verloor nie, dan is jy in jou kannon in.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.