Hallo Almal

Julie 30, 2012 in Sonder kategorie

Hier in die ‘stad’ met die rivier en die eikelaning is die winter nog nie heeltemal verby nie. Gelukkig het nie ‘n enkele olifantsoor, brokenheart of varing dood geryp nie, en die ou werf is dus nie te vaal nie.

Vanoggend is die boomman hier, en met al die dooie takke wat val, skyn die son sommer helderder. Lyk so lekker om met so ‘n kragtige sagie goeters af te zirts. Ek dink ek weet wat ek op my Krismislys gaan sit.

Dis ‘n mooi dorp hierdie met allerhande interessante mense. Baie mense sien dit as ‘n soort voorportaal tot die hiernamaals, en die persoon wat glo die posisie net onder die engel Gabriel beklee het, was ook ‘n inwoner.

Dis ook uit hierdie vesting van geloof waar daar gereeld oor ‘die lot van die vrou’ beslis word. en dis glo slim mense wat al hierdie seer belangrike besluite neem! Red nou ‘n dorp met soveel slimmegeit.

Gelukkig is almal van ons nie so nie, en word die wat so is vinnig minder. Hier is ook regtige slim mense : professors en stoepfilosowe en lesers en baie digters en kunstenaars, almal gewone mense wat die lewe hier op aarde ‘n lekkerder plek maak.

Hello world

Julie 26, 2012 in Sonder kategorie

This is a sample post on your brand new blog. You can edit this post by clicking the button above, or delete it the same way, or even start an entirely new post by clicking the create button on the right of this page.

Have fun blogging.