Profile photo of pollie1

by

Die Dalai Lama se ander kant….

Junie 6, 2009 in Sonder kategorie

Die Dalai Lama is weer nuus. Hy is pas in Holland verwelkom vir ‘n
Intergeloof gesprek. ‘n Paar weke terug was ek ook dik vies toe hy ‘n
visum geweier is, maar getroos toe Barbara Hogan so lekker nuus gemaak
het toe sy haar kruipende kollegas onder hul alies geskop het (lees
maar haar verskoning – dus baie netjies geformuleer en nie so
vernederend soos sommige gedink het nie. Die Ingelse weet van.). Maar
daar was ‘n oulike artikel van ek-kan-nie-meer-die-van-onthou-nie in By
oor die probleme wat baie ouens met die Dalai Lama het. Hy is blykbaar
‘n meesterlike manipuleerder en steek sy onverdraagsaamheid teenoor sy
Dorje Shugden teenstanders in die land netjies weg. Origens was Tibet
tot met die oorname van die Chinese blykbaar ‘n feodale teokrasie waar
diewe en die ander chancers se hande sommer net vir die lol afgekap is,
slawerny lieflik in swang was en ‘n klein persentasie in weelde geleef
het. Dis nou daardie verlede wat die Dalai Lama weer wil herstel kry,
dink sommiges.

Nouja, die Tibetane onder die Chinese is nie
beter af as onder daardie bevoorregte klasse van hul oupas en hul oumas
nie. Maar die Boedisme, met sy beautiful oomblikke is ook maar wreed,
boeta. Hulle verbrand mekaar se ordes se leiers in hul twiste en
daardie monnike wat so straat af is met die opstande het ook nie vir my
gelyk of hulle mediteer nie. Laat my baie dink aan die kerk met sy
beautiful Jesus-image, maar die mindere twiste en gurighede van die
kerklikes. 

Dit alles regverdig nog nie die weiering van die
visum aan die Dalai Lama nie. Natuurlik nie. Maar toe ek die onlangse
revisie van sy romantiese beeld begin bedink, besef ek net weer: die
heiliges het altyd maar hulle onheilige strepe. Hoe gaan die ou
Psalmvers: moet op prinse nie vertrou nie…. Goed en kwaad mix goed.

2 antwoorde op Die Dalai Lama se ander kant….

  1. rosa02 het gesê op Junie 6, 2009

    gelukkig het die onheiliges ook heilige strepe … dis partykeer net so demn moeilik om dit raak te sien

  2. vuurklip het gesê op Junie 7, 2009

    Opskrif in ‘n Nederlandse koerant:

    “Zuid-Afrika: De Dalai Lama niet, Mugabe wel”

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.