Nuwe Internasional skuif na Konservatisme agv “Gatvol”

November 25, 2016 in Uncategorized

Twee prominente gebeure in die internasionale omgewing wat veral “vrees” laat ontstaan oor ‘n reaksionëre sneeubal effek internasionaal, wat dan veral die sg ver regse groeperinge in plekke soos Europa sou baat, is onlangs skerp gekritiseer, ook hier in Suid Afrika.

Beide Brexit en Donald Trump is ingevolge die “politieke korrekte” politieke omgewing, waarbinne die internasionale gemeenskap as die heersende dogma opereer, as sleg vir die wereld in die algemeen veroordeel.
Maar is dit rasioneel om dit as sodanig te sien. Die klimaat van politieke gedienstigheid, in beide die VSA en Europa, veral ten gunste van die Moslem vestiging in sulke lande, en die aandrang dat hulle nie bloot geassimileer moet word nie, maar inderwaarheid dieselfde gegun word as in hul eie lande. Dit is egter, volgens die meerderheid van die bevolking wat stem, bedreigend vir hulle eie waarde stelsels en beginsels. Neem byvoorbeeld die kwessie van geloof, waar alla gelowe verbied moet word, aangesien hierdie moslems dan ontuis sou voel. Baie soos die voorstaanders van die #fees must fall- beweging in Suid Afrika, waar die heersende sg westerse en kolonialistiese “gevoel” verwyder moet word. Dit natuurlik by veral universiteite, waar reeds ‘n aansienlike meerderheid swart studente studeer.
Internasionaal wil dit dus voorkom asof die hele politieke korrektheid beginsel, soos gevestig deur sg liberale denkwyses, sy raklewe oorskry het en dui hierdie uitslae op die “gatvolgeit” van die gewone burgery. Daar word nou in beide Brittanje en die VSA deur die liberales gehuil oor demokrasie wat nou nie die finale antwoord kan wees nie, want dit gee dan aan sg onkundiges en “barbare” die geleentheid om hulle wil op ander af te dwing. Klink bietjie vergesog in die lig van die liberales wat ook hulle politeke korrektheid op ander afgedwing het en ja, ook deur die demokratiese proses. Soort van my reg is meer reg as jou reg.

Tesame hiermee natuurlik ook is daar kommerwekkende aanduidings van pogings tot staat kaping in beide gevalle. By Brexit die groot banke in Europa, en by die Hillary Clinton geval, as mens sin maak van die sg “gelekte” e-posse, dat daar ook banke soos City Bank betrokke was by aanwysing van kabinetslede ens. Die VSA se stelsel van politieke druk groeperinge en gepaardgaande befondsing van verkiesing veldtogte lei natuurlik amper noodwendig hierna toe.

Dit wil tog blyk, as mens dit in ag neem, dat onafhanklike presidente soos Trump, dalk net baie goed vir die VSA kan wees, so ook die persone wat vir Brexit verantwoordelik was. (Volgende is natuurlik Frankryk-hou maar die verkiesings dop). Daar sal beslis ‘n meer ingwaartse beleid wees, maar dalk het die wereld juis dit nodig, siende dat die grootste ontsteltenis van die internasionale finansiële instellings kom (mag mens se die geldmag?) en die nodigheid om die wereld in ‘n nuwe rigting te stuur. Verandering is nie noodwendig altyd sleg nie.

Apartheid-Reënboog nasie – Selfde foute

September 26, 2016 in Uncategorized

Die huidige turbulensie in die Suid Afrikaanse politiek tesame met die angstigheid by die regerende party, die ANC, lei tot toenemende pogings om hul beleid in wetgewing deur te forseer. Daar is veel minder begerigheid om die prosesse van raadpleging te volg. Dit is natuurlik verstaanbaar as gevolg van die geweldige druk op die huidige leierskorps met betrekking tot die swakker uitslae in die afgelope Munisipale verkiesing, ‘n verskeidenheid hofsake wat teen die leierskap gaan en die amper anargistiese toestande wat met die #Fees must fall veldtogte by die universiteit kampusse gepaard gaan, veral met die geweldpleging en saak vernietiging\beskadiging.

As mens na die stelsel van Apartheid kyk was dit aanvanklik in essensie ‘n poging om ‘n staatkundige bedeling daar te stel. Die gepaardgaande maatskaplike en ekonomiese strukturering het gevolg en is deur middel van wetgewing deur gestoomroller. Dit was juis op daardie vlak van strukturering waar die stelsel veroordeel is as onmenslik en gefaal het. Die sg klein apartheid, wat in wese maatskaplike herstrukturering geïmpliseer het (social engineering).
Die huidige angstige deurvoer van wetgewing mbt ekonomies strukturering (BEE) en ander sosiale aangeleenthede soos bv die transformasie wetgewing in sport, wat in essensie op ‘n kwota stelsel wat afgedwing word, neerkom, dui op die nodigheid om iets positief te kry om aan ondersteuners te bied, veral daardie wat vir ander partye gestem het, ten einde hul magsbasis minstens te stabiliseer, voor die 2019 algemene verkiesing . In verskeie van die gevalle wil dit voorkom asof die ANC regering die korrekte grondwetlike voorskrifte probeer omseil.
Die sukses van die reënboognasie konsep sal op hierdie vlak beoordeel en as suksesvol aldan nie, geweeg word. Die opposisie, burgerlike samelewing en ander belange groepe moet juis hier ten sterkste betrokke raak.
Ek sou self wou dink dat daar aangedring moet word om op die terreine ‘n nuwe onderhandelingsproses te begin. Dit is net te belangrik om in die hande van een party te los en ons dalk deur dieselfde proses van stryd te moet sit.

Ope brief aan Max Du Preez

August 26, 2016 in Uncategorized

Ek het jou voorstel rondom die volkslied in Die Burger van 25 Augustus 2016 met belangstelling gelees. Dit is waarskynlik ‘n baie goeie voorstel en ek is seker dat die Demokratiese Alliansie (DA) wat ‘n liberale demokrasie voorstaan en veral individuele regte voorstaan, so voorstel sal steun en waarskynlik aktief ondersteun.

My probleem is die volgende:
Die volkslied was deel van die nasionale politieke skikking in 1994. Ek glo steeds die meerderheid mense ondersteun die skikking.
Daar is tans ‘n verdere “omwenteling” , onder die vaandel van transformasie besig om te gebeur. Dit is natuurlik die sg ekonomiese en maatskaplike rewolusie. Die probleem hiermee is dat dit, anders as die politieke skikking, ‘n eensydige proses is. Dit word natuurlik tans deur wetgewing gedoen ( sien “BEE” wetgewing en transformasie wetgewing). dit wil se baie soos in die “apartheids era”.
Die groot voorstaanders van die verandering van die maatskaplike en ekonomiese bestel, waarvan “wit” mense ten minste gedeeltelik, maar waarskynlik heeltemal uitgesluit is, is juis diesulkes wat dit eensydig wil bewerkstellig, en dit ook aktief bevorder. Ons as “wit” mense sou natuurlik graag ook ‘n bydrae wou lewer, maar dit word tans nie geduld nie.

Deur nou toe te gee dat die volkslied verander word gaan vir laasgenoemde “drywers” van geen waarde wees nie en geen effek he op hulle doel om “”eensydig”” die Suid Afrika wat hulle beoog op ons af te dwing nie. Dit sal nie eers simbolies van enige waarde wees vir diesulkes nie, behalwe dat dit die “oorwinning” sal vergemaklik. Dit sal “ons” ook geensins help in “ons” strewe om te help bou aan ‘n Suid Afrika, wat voordele vir alle landsburgers sal inhou, nie.

Hoewel dus ‘n “goeie” en eerbare idee getuig dit eintlik in effek van ‘n groot skoot naïwiteit. Ek dink so toegewing sou nou na 22 jaar van demokrasie ‘n goeie plan gewees het, maar ongelukkig is die drywers van radikale verandering nie tans besig met redelike, laat staan nog onderhandeling, metodes, nie. Mens sou eerder met so ‘n toegewing wou poog om darem in ruil toegewings te kry wat die “wit” inwoners van hierdie land die geleentheid bied om ook op die volgende terreine te help met die bou en vestiging van die nuwe samelewing.
Ek wil ook nie hê dat jy weer soos onlangs, sê, na aanleiding van die ANC se huidige manier van die land regeer , dat dit nie is wat jy in gedagte gehad het toe jy die “vryheidstryd” ondersteun het, nie. Ek dink dieselfde motiewe wat ons in die laaste jare gesien het is die rede waarom diesulkes die volkslied as verskoning gebruik.
Aangesien jy ook nie op my vorige skrywe gereageer het nie, is ek seker jy sal jou weer nie verwerdig om hierop te reageer nie. ‘n Ware demokraat.!

Demokrasie in werking

June 25, 2016 in Uncategorized

Die onlangse gebeure met die referendum in Brittanje en die oorwinning van die nee stem het vele lesse te leer. Ek wil nie praat oor die ekonomiese implikasies van die besluit nie, maar wel oor die politieke implikasies – vir die wereld, maar spesifiek ook vir Suid Afrika.

Eerstens die hele kwessie, wat internasionaal ‘n instelling”geraak het nl politieke korrektheid. Die mense op die grond lyk veral, ook na aanleiding van die uitslag, asof daar nou ‘n “keelvolheid” begin ontstaan met die gedagte van “voorskriftelikheid deur politieke partye” en gepaardgaande “gebrek aan eie standpunte huldig aangesien dit polities nie korrek sou wees nie”.

Tweedens die implikasie van sodanige “ongewilde” besluite deur die mense in opposisie met die “leiding” deur hoofstroom politieke partye. MAAR ook die reaksie op sodanige besluite deur daardie voorstaanders van die “regte” rigting wat verwerp word. In hierdie geval en die meerderheid gevorderde demokrasieë wereldwyd het die leier aangedui dat hy dit as mosie van wantroue beskou en gevolglik bedank. Dit natuurlik ‘n waardevolle les vir ontluikende derde wereld demokrasieë .

Sou mens die optrede van Premier Cameron vergelyk met die optrede van Pres Zuma, na die hofuitspraak rakende Nkandla en die sg spioenasie bande, wil dit voorkom asof Suid Afrika nog ‘n lang pad het om te stap alvorens ons as ‘n werklike demokrasie wat in die “gees” van demokrasie optree, gesien sal kan word. Sodanige optredes asook die gebeure in Zimbabwe, ook ‘n konstitusionele demokrasie, mbt sg verkiesingsbedrog, en die kontrasterende optredes in sodanige gevalle wys net weer dat om op te tree in die gees van demokrasie, nog nie in alle demokrasieë gevestig is nie.

Die ANC lede wat so graag prober voorgee dat die party die alleenreg op demokratiese beginsels het en na hul mening omtrent die “uitvinders” van demokrasie is, behoort weer na die kontrasterende optredes van ‘n Cameron tennoor ‘n Zuma te kyk alvorens hulle sodanige “grandiose” uitsprake maak.

Bring mens natuurlik by die “Afrikanisering” begrip van die samelewing , met die huidige klem op die “afrikanisering” van die universiteite en die kurrikulum van post apartheid hoër onderwys. Oordeel self of in die lig van bogenoemde dit tot voordeel van ons land en jeug sal wees. Ek dink tog die klem kan meer op die afrika “heritage” val, maar die waardes van hoër onderwys moet waarskynlik bly voortbestaan, al is dit net om nie tred met die moderne wereld te verloor nie, en ook aangesien afsondering van die toenemende “global society” bloot onnosel sou wees.

Net die laaste oor hierdie aangeleentheid. Ek dink die grootste skok vir die wereld ekonomie lê nog voor na die VSA president verkiesing en inhuldiging van Pres Donald Trump. Net omdat hy juis die politieke “korrektheid” uitdaag en die werklike vrese van mense verbaliser en die opponente juis politiek gedienstig optree om net nie “ander” te laat aanstoot neem nie.

Reenboognasie – Mite of feit?

June 1, 2016 in Uncategorized

Met die plaaslike verkiesing om die draai word die term “reenboognasie” weer baie rond gegooi.
In S A konteks sou reenboognasie impliseer ‘n verskeidenheid rasse en kulture wat gedeelde waardes het en ‘n geamentlike doel (uitkoms het). Sogenaamde eenheid in verskeidenheid.

Die terminologie het ontstaan sedert die onderhandelings in 1991 begin het en dan as versoeningings metodologie in 1994 geformaliseer is. Die aanvanklike inskiklikheid en omarming van die idee as ‘n vredesinisiatief en bevestiging van die nuwe bedeling was geesdriftig ontvang en ondersteun. Na my mening is dit gebruik om ook veral daardie segment wat die onderhandelings as “uitverkoop” beskou het ook betrokke te kry en ‘n sin van “behoort” te gee.Dit was aanvanklik uiters suksesvol as sodanige instrument.

Die terminologie is wyd aanvaar en seker meer as 90% van die bevolking het wel ingekoop in die idee. Mettertyd het die ondersteuning van die reenboog
nasie” toenemend kritiek ontlok en is dit in die onlangse verlede dikwels as ‘n mite afgemaak. Beslis nie net van die “wit”kant af ook nie maar veral uit “swart”geledere soos versinnebeeld in kommentaar op sosiale media waar die “wit”deel dan as “setlaars of kolonialiste” derhalwe teenstaanders van die bestel , uitgekryt word.

Na my mening wil dit tog voorkom of die gedagte en goed bedoelde idee van die reenboognasie sy tyd uitgedien het. ‘n Nuwe saambindende ïdee”sal moet gevind word om enersyds S A saam te bind en andersyds “n “relatiewe vreedsame” toekoms te verseker.

Die aktiewe erkenning van verskillende kulture en bevordering van verskeidenheid , met erkenning van regte van ander uitdruklik bevorder, MAAR defnitief sonder die “dwang”beginsel is na my mening noodsaaklik. Tot ‘n mate is die hele idee van die reenboognasie deur veral indirekte druk geforseer-dus indien jy nie die reenboognasie ondersteun nie jy enersyds “terug verlang na apartheid” of as ‘n vyand van die vreedsame proses, beskou. In S A en soos ons nou gewoond geraak het aan die idee van vryheid in alle opsigte soos vergestalt in die gronwet,is die keuse van sodanige “nuwe” konsep van kardinale belang wees. Dit wil se dat die nuwe saambindinde ïdee”sal moet “verkoop” word as sulks , dus gewillige inkoop in die idee. Die nie erkenning van die verskille ten koste van eenheid was waarskynlik die grootste rede vir die verlamsaming van die begrip van die reenboog nasie. Miskien het ons net die idee ontgroei en was die realiteit skok van ‘n Afrika (3de of 4de wereld) kultuur in plaas van ‘n sogenaamde (1ste wereld) kultuur/omgewing, bepalend. Die eerste konsep is nie noodwendig verkeerd of swakker nie, maar bepaald ‘n aanpassing in terme van veral infra-struktuur skepping en – onderhoud.

Transformasie, Sport en Politiek

May 6, 2016 in Uncategorized

Het die Suid Afrikaanse Rugby Unie (SARU) ‘n geleentheid gemis om van die politieke druk te ontsnap?

SARU het die bestuur van die Southern Kings, gesetel in die Oos Kaap onlangs oorgeneem. Die Oos Kaap is tradisioneel die tuiste van “swart rugby” soos vergestalt in die vorige bedeling waar dit die sterkste en grootste unie in die voormalige SARU se stal was. Die gebied was ook wyd bekend as die bakermat van die alternatiewe voormalige SACOS administratiewe strukture.

Die Southern Kings is by verre die “franchise” wat tans die swakste vertoon in die Super Rugby reeks.
Die mees algemene “verskoning”vir onder gemmidelde vertonings is dan gewoonlik dat daar ‘n “leer kurwe”is.

As mens dan vandag kyk na die samestelling van die span van die Southern Kings vir die wedstryd op 6 Mei bestaan die span uit 9 “wit” spelers. Die meerderheid van die spelers sal nie die beginspan van die ander franchises maak nie.

Nou wonder mens kan SARU nie hier se ons gaan die franchise vir ontwikkeling van ‘swart” en ander gekleurde spelers gebruik nie? Ek dink veral juis aan die geval van Edgar Marathule, wat die eerste paar wedstryde van die bank af gespeel het en toe hy die kans gegun word sy plek met uitstekende spel gevestig het . Is daardie doemprofete wat se dat afrigters “wit”spelers voorkeur gee nie dalk in die geval reg nie? “n Afrigter wat transformasie bevorder sal mos moeilik sy werk verloor, selfs al sou daar nie dadelik gunstige resultate wees nie.

Sodanige “strategie kan dan juis gebruik word om spelers vir toets rugby voor te berei asook dan reeds daar vas te stel of diesulkes op hierdie vlak presteer. Hierbenewens kan belowende spelers ingevolge die parlementere komitee vir sport se riglyne geleenthede gebied word om as toekomstige toets spelers voorberei te word. Natuurlik sal dit as rassisties beskou word sou dit slegs as ‘n “swart” span bekend staan, maar indien daar gese word dat bv minstens 9-10 spelers of selfs meer “swart”moet wees kan dit mos nie as rassisties gesien word nie. Dit is dan juis wat die voorstaanders van transformasie eis? Sou daar dan kapsie aangeteken word sal diesulkes se onderrok mos uithang.

SARU kan dan natuurlik ook “bewys” dat hy ernstig is om transformasie en gepaardgaande ontwikkeling van “swart”talent” te ontwikkel.

Het SARU dan dalk ‘n politieke “truuk” gemis hier. Sou dit nie ‘n effektiewe argument voor die parlementere komitee gewees het nie, asook ‘n goeie argument om die Minister se uitlating en “straf” te weerle? Sport liggame behoort te besef dat in hierdie tye dit noodsaaklik is om ook die politieke omgewing te “lees”en die politieke spel te speel. Dit is nie net so belangrik om die spel te “speel” nie, maar uiters nodig is vir oorlewing in die huidige omstandighede.

Die Morele “hoë grond” in Suid Afrika

May 5, 2016 in Uncategorized

Die afgelope tyd is daar in die openbaar, op sosiale media en ander plekke verskeie uitlatings wat bevestig waar die “morele verhewe posisie” tans manifesteer.
Dit is duidelik dat die gesetel is met die vryheidstryd en dan gepaardgaande “teen apartheid”standpunte. Veral op sosiale media maar ook in die openbaar word alle stanpunte uit geledere “meesal wit, maar soms ook ander” as ongeldig afgemaak aangesien persone wat die “voordeel”van apartheid” beleef het, hetsy direk of indirek nie, geldige standpunte het nie en word dit onverwyld afgemaak, meesal as “verlange na die vorige bedeling en gepaardgaande voorregte soos toe gegeld het”.

Die standpunte rondom gebeure soos korrupsie , verswakking van infra-struktuur en andere word dus doodeenvoudig geinoreer asof dit nie saakmakend kan wees nie. Wat natuurlik hiertoe bydrae is die apologetiese standpunte deur die groepe. Enige reaksie op kritiek in die verband word natuurlik beantwoord met die kwalifikasie dat daar besef word dat die verlede verkeerd was, maar…………. Dit vernietig in elk geval enige argument wat dan voorwaardelik sou wees. Die argumentering wat dan nie apologeties is nie word dan in elk geval as enersyds “rassisties”en /of as nie geldig nie vanwee die konteks van bevoorregting waarbinne dit geskied.”Hier word verwys na behoorlik gefundeerde standpunte wat nie “rassisties”is nie en defnitief ook nie haatspraak, wat wel gebeur, verteenwoordig nie.

Hoe het tog ‘n bepalende deel van die bevolking en gesaghebbende segment, wat tot ‘n groot mate die “eerste wereld” infra struktuur”veral mbt tot finansiële instellings daargestel het, in die situasie beland. Meer nog hoe kan dit omgekeer word sodat ‘n konstruktiewe bydrae gelewer kan word en alternatiewe standpunte wat sinvol oorweeg word daargestel kan word.

Miskien het ‘n party soos die DA die regte metode waar die standpunte dan nou deur “swart geledere” geuiter word. “Die DA verteenwoordig egter slegs ‘n geeltelike standpunt – die liberale demokrasie”- en word alle standpunte uiteraard na daardie raamwerk verwys. Die konserwatiewe/behoudende standpunte word nie rerig erens waar dit saak maak gereflekteer nie. Hierdie standpunte word op arrogante manier as “rassisties” en glad nie van belang in die “nuwe demokratiese Suid Afrika” afgemaak . Dit is asof konserwatisme gelyk gestel word aan hoogverraad teen die nuwe bedeling. Konserwatisme in Suid Afrika is ook anders as bv in Europa waar die vrye mark stelsel hoog voorop gehou word. Die standpunte aldaar wat “tradisioneel die sg “liberale demokrasie” (Die standpunte is erg vereenvoudig om die punt te beklemtoon) verteenwoordig het as ekonomiese onderbou eerder sosialistiese of dan staats betrokkenheid kenmerke wat heeltemal teenstrydig is met die standpunte van bv di DA. Sulke verskille maak die situasie nog meer kompleks, veral wanneer individue na die stembus moet gaan of uiting gee aan sekere waardes en beginsels.

DWS geldige argumente rondom die “dienslewerings”en infra-strukturele krissise uit die geledere word gereduseer “tot nie intelektuele” standpunte wat geen aandag verdien nie.

Dr Piet Croukamp het ook onlangs verwys na die gebrek aan standpunte wat die saak van die denkrigting stel. Om die standpunte dan daar in die openbare domein te kry sal waarskynlik oor die medium tot lang termyn plaasvind. Om sodanige standpunte legitimiteit te verleen sal die “sektor” wat as deel van die meerderheid in die Suid Afrikaanse konteks, die waardes en standpunte moet ondersteun. In die huidige tydsgleuf sal sodanige sektor, weens die beswaddering van sulke standpunte, bitter moeilik sulke standpunte en waardes in die openbaar ondersteun.

Op die politieke terrein is dit waarskynlik slegs die ACDP wat enigsins die standpunte huldig en kan bevorder, maar is tans, in die lig van die geweldige openbare aandag aan die 2 partye wat die amper ongesonde obsessive het met die verwydering van die President, benewens beperkte steun, amper irrelevant.

Transformasie = Apartheid?

May 3, 2016 in Uncategorized

Na aamleiding van die onlangse hernieude debat oor transformasie veral nadat die Minister van Sport sekere “strawwe” aangekondig het mbt sekere sport soorte wat nie aan transformasie doelwite (kwotas?) voldoen nie”.

Sou daar sekere doelwitte gestel gebaseer op die bevolking samestelling is dit tog seker niks anders as Apartheid nie, veral sou daar pogings wees om sodanige doelwitte äf te dwing” op welke wyse ookal.

Verskeie kommentare is reeds gelewer en voorspelbaar sal dit uit die onderskeie bevolkings groepe enersyds ondersteun word (swart) en andersyds veroordeel word (wit).

Ek glo dat enige regdenkende mens besef dat daar wel transformasie moet wees. Die vraag is of eerstens die bo na onder transformasie soos in sport se geval enersyds effektief is en andersyds regverdig is?

Uit swart geledere sou die argument dat daar agterstande is agv van “apartheid”en gepaardgaande gebrekkige geleenthede en gebrek aan infra-struktuur sodanige optredes regverdig.

“”Wit” geledere sal uiteraard se dit is onbillike diskriminasie teen die sporte wat “wit”mense beoefen om te verseker dat daar “kleurbillikheid” is ten koste van meriete. Uit “swart”geledere sou dit onmiddelik as rassisme in sy erge vorm afgemaak word , soos onlangs in die portefeulje komitee van sport gebeur het. Die argument dat kleur nie ‘n bepalende faktor in prestasie is nie en dat “swart”gegewe die regte geleenthede wel dieselfde kwaliteit kan lewer. Die teenpool is dan juis dat as kleur nie die maatstaf vir prestasie is nie is die huidige transformasie doelwitte dan nodig? Duidelik gaan die twee standpunte nie versoen word nie. Wat is dan nou die oplossing?

Onlangs ‘n argument mbt tot keuse uitoefening gehoor wat baie sin maak. Die argument lei dat fasiliteite wat opgerig word die kultuur waarbinne dit geplaas word reflekteer. Dus – die afgelope 20 jaar of wat is daar eintlik net sokker velde by swart skole en in swart gemeenskappe opgerig, want dit is die keuse. Daarenteen word hoofsaaklik bv rugby en krieket velde in hoofsaaklik “wit”skole en gemeenskappe opgerig, weereens uit keuse.

Sou regverdige transformasie doelwitte nie liewer dan bereken word teen die totale deelnemers aan sulke sporte en in verhouding bepaal word nie? Defnitief nie die ideale oplossing nie maar darem ‘n kompromie om almal relatief gelukkig te hou en steeds te poog om ongelykhede van die verlede te herstel.

Indien sodanige of ‘n ander tipe kompromie nie gevind kan word nie kan die huidige transformasie doelwitte wat bevolkings getalle moet reflekteer nie anders as bloot “apartheid”in ander gewaad gesien word nie.

Die persepsie van die 2 ekonomieë.

April 11, 2016 in Uncategorized

Adj Pres Ramaphosa se opmerking rakende die “taking the economy from whites” laat my weer dink aan oud – Pres Mbeki se teorie oor 2 ekonomieë.
Die reaksie op Adj Pres Ramaphosa se opmerking op sosiale media is hoofsaaklik ‘n weergawe van wat Mbeki bedoel het met die sg 2 ekonomieë.
Die 2 ekonomie teorie was dan gebaseer op ‘n sogenaamde “wit”ekonomie en dan aan die ander kant ‘n “swart”ekonomie.
Die reaksie uit “wit” geledere is hoofsaaklik om te verwys na die beduidende deel van die ekonomie wat deur die semi-staat sektor bedryf word en dan die “beduidende verval in die sektor”. Daar is foto’s van verval van infra struktuur in Suid Afrika en sommer Zimbabwe ook. Dit is natuurlik met verwysing na die “krisisse” in organisasies soos Eskom, Transnet, SAA, die Poskantoor, Petroi S A en ander. Hiermee saam ook die feit dat in meeste gevalle, uitgesluit die verval in dienslewering, die feit dat daar vir groot bedrae “fondse nie verantwoordelikheid voor gedoen kan word nie. Dit word dalk gemeld dat die deel van die ekonkmie dalk tot 35% van die ekonomie behels en dat tesame met groot myn en media belange dat die “swart” deel van die ekonomie reeds meer as 50% kan beloop.
Die reaksie van die “swart”deel van die bevolking behels noodsaaklik dat bewyse van oorheersing van die ekonomie gevind word in die sigbare vermoe van die “wit” deel van die bevolking. Dit is natuurlik woonbuurte, motors en ander besittings soos teleivisie ens .
In die lig van die armoede en haglike omstandighede waarin ‘n beduidende deel van die “swart” bevolking woon en mee saamleef asook die gepaardgaande getalle oorwig wat ‘n vermenigvuldigende effek op die persepsie het, is dit verstaanbaar dat die persepsie bestaan. Sekere politieke partye , onder andere die regerende party bly egter die persepsie, ten koste van die ander een bevorder vir politieke gewin en steunwerwing onder daardie magsbasis.
Dit kan dus geredeneer word dat die persepsie van oorheersing van die ekonomie polities voordelig is en dat die ander sy van die saak bloot eenvoudig geignoreer word. Die bevordering van die persepsie ten koste van die ander bring natuurlik die ewewigtigheid in belang en maak die feite van die stellings enersyds aanvegbaar, maar kan andersyds lei tot aanvaarding van een persepsie bo die ander as die norm of die feit, soos wat met die term rassisme gebeur het.
Ten einde dan die ekonomie suksesvol en volhoubaar te wysig sodat die meerderheid van die bevolking effektiewe toegang verkry is dan “verdraai” en kan net tot die nadeel van die ekonomie en ekonomiese ontwikkeling as sulks wees.

‘n Ope Brief aan Max Du Preez

March 14, 2016 in Uncategorized

My naam is Fanie Cronje en van my denkrigtings kan op my Blog “Pittige Politieke Insigte” op Litnet “gevind word”.
Ek was ‘n senior navorser by ‘n gerespekteerde staatsinstelling in die tagtigs en vroee negentigs. Ek ag myself derhalwe bekwaam genoeg om hierdie skrywe aan jou te rig.
Hierdie na aanleiding van jou opmerkings rondom die afrikaanse pers en beweerde steun vir die vakbond Solidariteit en Afri Forum inisiatiewe mbt beskerming van” afrikaanse of dan Afrikaner belange”.
Ek gaan van die standpunt uit dat daar ‘n bepaalde persepsie van vervreemding en gepaardgaande magteloosheid by die Afrikaans sprekende persone in besonder, en “Wit” persone in die algemeen , bestaan. Dit is veral rakende die bestaande politieke bestel maar ook weens vervreemding van instellings in die openbare domain en pogings tot vervreemding by instellings soos onder andere tersiere instellings. Hiermee saam die voortdurende verwysing na die Afrika kultuur wat dan europese kultuur moet vervang, juis by die betrokke inrigtings.
Hiermee saam opmerkings deur lede van die regerende party en “invloedryke persone soos jy” dat daar dankbaarheid moet wees dat die meerderheid van die bevolking bereid is om ‘n vreedsame samelewing te aanvaar en vergifnis te toon vir die onregte van die verlede. Dit is natuurlik absoluut in die kol, maar gerieflikheidshalwe word die vreedsame oorgawe van politieke mag aan die meerderheid verswyg. Dit het darem seker ook iets te doen gehad met die feit dat daar ‘n vreedsame en aanvanklike suksesvolle oorgang na demokrasie was.
Ek erken dat die dankbaarheid noodsaaklik is om aan die meerderheid te toon dat die oorgrote meerderheid “wit”mense ten gunste van die onderhandelde bestel “hoe gebrekkig ookal in sommige opsigte”, is en dit ondersteun. Dit is hier wat ek graag jou kundige insette en leiding wil hoor. Wat moet ons doen om die meerderheid te oortuig dat ons wel graag in hierdie Suid Afrika – soos jy weet, ons enige tuiste- te wil woon. Sou dit behels dat ons (By wyse van uitdrukking-ek sou nie graag die indruk wou skep dat ek namens enige iemand praat nie) afstand doen van die “”ekonomiese vermoe “waaroor ons beskik. Dat ons al die grond wat oor jare, in meeste gevalle, in suksesvolle boerderye omskep is, afstaan en vele ander gebiede waar dit al meer wil voorkom asof die meerderheid die “suksesse”as suksesse van die “struggle” beskou.
Ek verneem graag of jy dalk oplossings kan bied rakende die bestaande persepsie dat rassisme slegs deur “wit”mense gepleeg word en dat die persepsie gevestig word dat net die feit dat jy “wit”is outomaties impliseer dat jy rassisties is. Wat sou ons te doen staan om die persepsie te wysig en die persepsie te vestig dat die meerderheid “wit”mense graag ‘n sinvolle bydrae tot die ontwikkeling van die land wil lewer? Dit is egter baie moeilik as jy heeltyd as die “stok” in die wiel voorgehou word.
Ek wil ook graag se dat, hoewel Afri Forum nie noodwendig altyd “korrek” optree nie, as mens mobilisering rondom vervreemding as verkeerd beskou-miskien eerder metode van verset-. MAAR Afri Forum het suksesvol met die ANC en SAKP onderhandel oor die oplossing van die geweld op die Tukkie kampus. Daar word dus aksie gepleeg, anders as jy wat slegs kritiseer.
Max ons weet almal dat die radikalisering van standpunte juis lei na verharding van standpunte by die groeperings wat die uiterstes van die politieke spektrum beklee. Dit bring egter ook mee dat die “groot groep in die middel toenemend “geforseer”word om nader na die uiterstes te beweeg en dat die samelewing toenemend geradikaliseer word.
Dit is juis hier waar slegs negatiewe kritiek meer en meer gematigdes na die radikale kant toe dryf. Ek dink dit moet gestaak word sou ons die land sodanig wil maak dat ons almal daarin kan lewe. Max jy is juis in ‘n posisie om daardie “beweegbare”oorheersend gematigde groep te beinvloed om positief te wees en nie te radikaliseer nie. Dit gaan nie gebeur deur alle pogings tot oplossings (hoe gebrekkig ookal na jou mening) te veroordeel sonder om alternatiewe voorstelle, optredes te inisieer nie. Ek besef dat uit jou agtergrond as joernalis is dit moeilik om weg te kom van slegs die rapporteer funksie en/of kritiseer van standpunte met wat jy nie saamstem, nie.

Ek sou dink dat voorstelle/ inisiatiewe rakende hoe aspekte soos rassisme, transformasie, eiendomsreg en ander gehanteer moet word kan uiters waardevol wees. Ek dink mense reageer verskillend in krisis situasies. Die pogings om ‘n toekoms, ook vir “wit”mense te verseker, en die gepaardgaande ideaal van ‘n vreedsame toekoms is van sodanige belang dat mense ‘n verskeidenheid maniere (soms sekerlik nie binne almal se goedkeurings raamwerk nie) gebruik om dit te probeer bewerkstellig. Ek dink dit het egter nou tyd geword om self sodanige toekoms te verseker. Om dit aan die regering oor te laat blyk nie meer n opsie te wees nie. Ek dink ALMAL in hierdie land wat ‘n vreedsame en suksesvolle toekoms begeer MOET nou saamstaan en oplossings begin te formuleer. Ek dink nie daar is meer plek of tyd vir afbrekende kritiek, sonder alternatiewe voorstelle in hierdie tyd nie. Anders is ‘n Zimbabwe model dalk ons voorland. “Wit” mense mag nie gereduseer word tot “oorlas” status nie want daar is juis ‘n massiewe bydrae te lewer om uit die kundigheid van die verlede te help om ‘n suksevolle toekoms te bou. Die bydrae wat gelewer kan word moet juis nou beklemtoon word eerder as om die skuld van die verlede te beklemtoon. Nou is juis die geleentheid om die skuld te vereffen deur ‘n positiewe en blywende bydrae tot die toekoms te lewer. Ek dink jy sit in ‘n unieke situasie om die droom te realiser.