Betty Boob trilogie: nr 2

November 22, 2011 in Sonder kategorie

‘If you’ve got it, flaunt it’ sê my ma altyd. En dis presies wat Middelsus op die Balju se kerspartytjie gedoen het.

 

Dit begin so: ons ‘brother from another mother (en father)’ is ‘n eksentrieke bokboer van beroep, maar ‘n sosiale vlinder van geaardheid. Hy ken al wat leef en beef, en word gereeld in die geselskap van die meer gesiene burgers van ons ou dorpie gesien. So gebeur dit dan nou ook ‘n jaar of wat gelede dat hy genooi word na dié funksie van die jaar, die plek waar al die ‘who’s who’ mekaar half nugter kan aanstaar – die Balju se kerspartytjie.

 

Maar Bokram wil nie alleen gaan nie, en besluit om vir my en Middelsus saam te sleep. Ons is mos nou single, en synde dit Desember is, is al die vetjies langs die swembad uitgebraai, en lyk ons heel skaflik bruin en vakansierig.

Soos gewoonlik werk Bokram se verbeelding oortyd, en kom hy met ‘n juweeltjie vorendag: ons moet sy verleidelike vroulike ‘body guards’ vir die aand wees, soos ‘Men in Black’, net ‘Chicks in Wit’…..

Ons laat ook nie ‘n kans verbygaan om amok te maak nie, en belê summier in twee wit gewade vir dié grootse geleentheid. Middelsus s’n het so ‘n lae hals wat die bollende boobs net-net sedelik hou. Sy moes die nippeltjies met pleisters toeplak om die gedoente wettig te hou. Viva Elastoplast!

 

Ons daag ewe vernaam effens laat op. Almal staan al met voggies in die hand in die kroeg en om die swembad rond toe Bokboer met elkeen van ons aan ‘n arm deur die voordeur ingesweef kom. Toé draai die koppe. En rek die oë. Die tantes met hul styf gespuite hare gluur en frons. Die ooms trek hul boepies in en probeer regopper staan. En Bokboer smile van oor tot oor en spin soos ‘n kat wat room gesteel het.

Die manne staan behoorlik tou om vir Bokboer te kom groet en kamma te hoor wat die vleispryse dan nou hierdie jaar maak. Ek en Middelsus het ook geen tekort aan drinkgoed nie, want die nuuskierige manne sorg mooi…..hul oë al dwalende na Middelsus se twee sondaars. En Middelsus laat nie op haar wag nie. Sy het ‘n party trick.

 

Van al die jare se ure en ure van masserings doen, is haar borsspiere baie goed ontwikkel. En haar sin vir humor net so. Ou Jopie se oë dwaal weer so ‘n slag terwyl hy ewe gemaak ernstig met haar oor die stand van die apteke in die dorp probeer gesels. Ek en Bokboer kan ons lag nie meer hou nie, en gee die geheime teken. Sonder om te blik of bloos, of enige inspanning te toon, wikkel sus haar spiere so effens, en voila!, daar vorm die mooiste cleavage wat enige lewende wese nog ooit gade geslaan het!

Die vallei van vrede lê oop! En dit ry vir ou Jopie bloots. Hy stotter en stik, en begin rondtrap soos ‘n skoolseun wat met witwarm gedagtes oor die biologie juffrou uitgevang is. Met dié voeter hy in die swembad. Wit broek en al.

 

Die ander manne het vir Middelsus staande toegejuig en tannie Balju het haar ingetekende ooghare amper plat geskrik.

 

Nie ons of Bokboer is toe ooit weer genooi nie.

17 antwoorde op Betty Boob trilogie: nr 2

  1. Bwhahahahahahaahahahahaha!!!!!!!!!

    Jis dis snaaks!!!!!

    Lekker geskryf Sussi!

  2. Hy wou mos…. 🙂

  3. Thanx Jeanne, het my gate uit geniet om dit te skryf!

  4. TS het gesê op November 22, 2011

    Wild…

  5. Kom stem by my asseblief!!!

  6. Uitstekend vetel… lekker gelag …

  7. Baie dankie!

  8. Huisegenoot sal GROOT betaal hiervoor.

    Uitstekend.

  9. Haha, daar was ongelukkig net nie foto’s by nie! Dankie.

  10. Laat sy gou pose.

    Dan verdubbel jy jou prys.

    Veral sonder daai pleisters

  11. Ek hou hiervan! Sal graag wil weet waar jy bly, want ek trek soontoe! Hier in Kaapstad is almal al te veel dinge gewoond. 🙂

  12. Chirpie het gesê op Januarie 11, 2012

    Nou wonder ek hoekom is julle nooit weer genooi nie ….. He – he !

  13. Haha, Tannie Balju dans blykbaar self soms om pale, so miskien word ons tog weer genooi….!

  14. Chirpie het gesê op Januarie 11, 2012

    One never knows ! Ek kan my verkneukel in mense se reaksies. Veral as hulle reageer net soos wat ek voorspel het.

  15. frandr het gesê op Maart 5, 2012

    Bwahahahaa, dit was nou lekker lees.

  16. Poepskroef het gesê op Maart 6, 2012

    Bly jy het die een geniet! Dankie vir die lees 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.