Speaking foreign

Oktober 31, 2011 in Sonder kategorie

Ek het aanvanklik begin blog want ‘n vriendin het gedink dit sal ‘n goeie idee wees.  Sy sê ek het die vreeslikste stories oor my internet dating wedervaringe te vertel….ek kan soveel skandes en skandale nie vir myself hou nie, dis ‘n sonde. 

Ek was in alle erns van plan om gereeld oor die internet vryery verslag te lewer, maar toe ek na een rampspoedige ‘date’ naweek deur die arme man aangesê word om tog nou nie oor sy ‘privates’ te loop staan en blog nie, het ek die idee maar eers op ys gesit.

Maar vanoggend het ek hierdie juweeltjie raakgeloop in die doolhof van ‘people shopping’ waarna die oningewydes as internet dating verwys:

Boet is van Brazilië, vir die afgelope jaar woonagtig in Suid-Afrika, in Gangsters’ Paradise.  Sê dis vir hom lekker, dis ‘n mooi land en hy soek ‘n ernstige verhouding met ‘n girlie binne ‘n 250km radius. Die engels is maar beperk.

Hmm, ja. Ek val (gelukkig) effe buite sy skietgebied, maar boet gesels immer voort.

Ek vra aanmekaar hoekom ‘n Brazilian wax dan nou so genoem is.  Maar geen antwoord, net passievolle geskrifte terug met ‘You are an angel’-goeters. 

Toe vra ek maar of hy kan Tango.  En die jolige antwoord kom ‘Yes, 30%!’

Vra ek ewe tong-in-die-kies hoe dans hy dan nou die ander 70%?

Kom die antwoord:  ‘RAPE DANCING’

Is jy seker vra ek, R-A-P-E dancing……?

‘OH BABY’ antwoord boet.

Al wat ek kan sê is:  you speak funny foreign dude!

16 antwoorde op Speaking foreign

  1. Whahahaha! Daar slaat jy nou daai spyker op die kop!

  2. Hopestar het gesê op Oktober 31, 2011

    Hahaha! that is funny “forrin” indeed! maybe he meant something like break dancing?
    *hugs*

  3. I thought something like Rap, but then I remembered that is singing not dancing….hiehie. You are probably right!

  4. Ini doo(d)skis…..

    Sies! Wat se goed sê ek nou!

  5. TS het gesê op Oktober 31, 2011

    hehehe… ek wonder altyd maar waag nooit.

  6. Dis pret, jy moet bietjie waag, dan kan ons oorlogstories vergelyk! 🙂

  7. LMGA!!!!!!!!!!!!!!!!!!
    Dit is verskriklik vrek snaaks!!!!

  8. Ja nee kyk, wens ek kan daardie moves in lewende lywe sien, 70% funny bunny!

  9. Skerp, Charlene.

  10. Die sussis is stout vanmiddag

  11. Freddy67 het gesê op Oktober 31, 2011

    Koel en lekker. Ek het ‘n giggel nodig gehad op die grys Maandag in Kaapstad. Dankie

  12. Net ‘n plesier!

  13. Bwahahahahaha! Laat my beter voel oor my wedervaringe….

  14. lora2me het gesê op Oktober 31, 2011

    Nee wat, jy sal nie eens die “language of love” met daardie outjie kan praat nie.;D

  15. Trakie het gesê op Oktober 31, 2011

    Rape dancing nogals :-))

    Ek vrek mos oor die Braziliane se Bossa Nova-musiek.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.