Vrolike oomblikke

Oktober 19, 2011 in Sonder kategorie

Vanoggend het die sonstrale ‘n helder rooi roos langs die hek so mooi van agter af verlig. Toe my oog die kleur ontploffing met die goue ‘halo’ van sonstrale vang, vermoed ek dit gaan ‘n geseënde dag wees.

Oppad werk toe moes ek amper stop vir die beeswagter om sy troppie bontes oor die pad te jaag na die groener weivelde, maar ek het vinnig die gap gevat en was hierdie keer net 5 minute laat.  Hoe salig dat die grootste verkeersknope in hierdie agter-wêreld veroorsaak word deur trekbeeste en geroeste bakkies wat kreun onder die blinkgroen koolkoppe…..

Maar nou is die son weg agter die wolke.

En die enigste man in die kantoor poep al klaar ‘n stofwolk los in sy hoek…..

9 antwoorde op Vrolike oomblikke

  1. umhlanga het gesê op Oktober 19, 2011

    Gasmaskers op!

  2. TS het gesê op Oktober 19, 2011

    hehehe… so jakkals

  3. vreemde verskynsel in die wêreld – tot ons reun se dampe is tonne erger as die teef sin.
    Daar is dus nie ‘n manier om hom terug te kry nie

  4. melvanas het gesê op Oktober 19, 2011

    Haaaaahahaaaa! Lekker gasvryyyyy!

  5. Nou dat jy dit noem, dit is wragtig so!

  6. Goeie more vreemdeling 🙂

  7. Hallo besigste vrou! Ek koekeloer gereeld daar op jou blog om jaloers te word oor al die lekker naweek-dinge wat jy doen, 🙂

  8. DeViL010 het gesê op Oktober 19, 2011

    SS, kry ‘n stinkbom en los dit net voordat jy uitgaan vir ‘n baie lang tyd….. lol.

  9. Ek het die ‘Etiket Polisie’ op hom gesit…kyk, as dié tante jou eers onder vier oë spreek, piepie jy sulke dun straaltjies van bangeit…. 🙂

Los ’n antwoord vir Poepskroef. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.