‘n Potion-tjie hier, ‘n toorwoordjie daar, en Siedaar!

Oktober 12, 2011 in Sonder kategorie

Hell hath no fury like a woman who’s stuff gets stolen….(eie vrye weergawe 🙂 )

My bediende kom een keer ‘n week op ‘n Dinsdag, maar ek vertrou die dame nie veel nie. Sy en haar familie plak in ‘n ou huis hoër op in ons straat en sy en die man drink baie.  Regte drama queen.
Maar ekk kry hulle jammer so ek gee maar werk en kos en klere en goed, want sy praat tog te mooi afrikaans, en dis baie skaars in hierdie zoeloe-wêreld. Sê dan glad eendag vir my toe ek vra hoe dit gaan, dat haar ‘depressie vlakke’ maar hoog is….

Gisteraand toe ek by die huis kom is alles mooi netjies en skoon, maar skielik fluister die duiwel in my oor, en begin ek angstig soek na my versameling half edelgesteentes wat ek jare gelede gekoop het toe ek nog op ‘n skip gewerk het.
Ek kry dit nêrens!  Nie een van die wegsteekplekke lewer enige buit op nie. En natuurlik dink ek die dame het dit gesteel….

Dis nou alles gisteraand elf-uur wat dit gebeur. Krap my huis omtrent om opsoek na die gekleurde klippies, maar kry boggerol. En ek wil moor!

Wil my hande om haar dun nekkie slaan en druk en druk en druk.  Maar dis mos nou bietjie teen die wet.

My vreeslike aktiewe verbeelding maak toe maar ‘n ander plannetjie….ek en my pa besluit om vanoggend vroeg na haar huis toe te wals. Opsie nommer twee is om haar te laat dink dat ek haar getoor het. Sy moenie kan eet of slaap nie, sy moet in vrees en bewing lewe as ek klaar is met haar…..

In die middernagtelike ure maak ek potions aan (by gebrek aan duiwelsdrek was dit toe staaldruppels en maizena….).  Grou my ou verstandtande wat al vir jare in ‘n botteltjie gebêre is uit, saam met allerhande vere en skrikwekkende paraphenalia om haar die skrik op die lyf mee te gaan jaag.  Het tot ‘n rympie in Latyn uitgedink om haar mee te ‘toor’!

En ek het beplan hoe ek elke paar dae ‘n dooie hoender op haar stoep gaan gooi….
En vir haar kinders koekies met brooklax gaan ingee….jajajaja, die arme onskuldige kinders, ek weet…..

Net voor ek toe nou uiteindelik aan die slaap raak, bid ek maar mooi dat die Here my moet maak onthou waar die klippies is as ek dit dalk self op ‘n ander plek gebêre het en net nie kan onthou nie.
En wragtig, net toe my oë toe gaan, toe onthou ek dit is in my pa se kluis! 
Dame se geluk, anders het sy vandag gedink sy is getoor deur die amper-Sangoma van Maritzburra….

15 antwoorde op ‘n Potion-tjie hier, ‘n toorwoordjie daar, en Siedaar!

  1. HeavyHenry het gesê op Oktober 12, 2011

    Bwhaahaha!

    Dis lekker as mens so bietjie terug kan kyk – en sien al die angs en sielversondiging was eintlik verniet…

    Stop jou nie om soos ‘n poephol te voel nie!

    Nice pos!

  2. Neander het gesê op Oktober 12, 2011

    Sjoe het jy nie heksebloed nie?

  3. Poepskroef het gesê op Oktober 12, 2011

    hiehie, nee wat, doodgewone rooi bloed wat net soms bietjie kook…

  4. Poepskroef het gesê op Oktober 12, 2011

    …en kosbare slaaptyd te mis…. 🙂

  5. Poepskroef het gesê op Oktober 12, 2011

    ja jong, ek ook, ek wil tog maar eintlik hemel toe gaan eendag!

  6. Ek vermy sulke dilemmas deur die minimum self te doen.
    (OK, ek lewe soos n vark want ek is te lui vir sleurwerk)

  7. Modigliani het gesê op Oktober 12, 2011

    LMGA.
    Ek dink ek moet daai reseppie onthou!

  8. Poepskroef het gesê op Oktober 12, 2011

    🙂

  9. Poepskroef het gesê op Oktober 12, 2011

    haha, sê as jy nog wil hê, ek het blykbaar nie ‘n tekort aan hulle nie…

  10. Poepskroef het gesê op Oktober 12, 2011

    in my nugterder oomblik het ek self lekker gelag vir my wille verbeelding!

  11. ek soek al maande vergeefs na ‘n spesifieke T hemp – kan dalk jou reseppie probeer

  12. avega het gesê op Oktober 12, 2011

    Ek steek my goed ook so weg en raak histeries as ek dink dis gesteel…tot ek dit weer vind. What a waste of energy.

  13. HeavyHenry het gesê op Oktober 12, 2011

    🙂

  14. umhlanga het gesê op Oktober 18, 2011

    Haha! Ek het vandag besluit om NIKS slegs op jou blog te sê nie want ek wil nie getoor word nie 🙂

  15. Poepskroef het gesê op Oktober 19, 2011

    Haha, jy is veilig, die maizena is op!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.