Vruggies virrie vlees

Oktober 5, 2011 in Sonder kategorie

Skaterlag nou-net te lekker oor Ultramel se Rooipeper, so terwyl ek terselfdertyd met ‘n ‘dating website’ vrint sit en suggestiewe nonsense praat….

Anders as die Rooipeper pille, het ons gesprek oor dadels gegaan….

Boet sit iewers tussen die sandduine in die Midde Ooste, en kry klaarblyklik elke keer ‘n hengse vrag dadels van die plaaslike sjeik af om te verorber so vyf dae voor hy huistoe kom.

Want, sê die sjeik, dit sit lood in sy potlood.

Nou kyk, ek vrek oor dadels.

En net daar tref die besef my:  dis oor ek so blerrie baie dadels verorber dat ek altyd opeindig om oor suggestiewe goed te praat, al begin die gesprek met iets dood onskuldig soos posseëls!

En die praat lei noodgedwonge een of ander tyd tot doen…

Boet sê hy voer ‘n vrag vol dadels in tuisland toe. Ek sê ek staan beslis voor in die ry met die uitdeel slag.

Met die potlood se uitdeel ook vra hy?

Hmmm, so in my dadelbelustige gedagtes dink ek toe: as jy vir my dadels bring sort ek jou potlood tjop-tjop uit, maar sal dit dan nou nie ‘n aardsonde wees om die vruggies van die vlees uit te deel vir ‘n hand vol woestynvruggies nie….?

6 antwoorde op Vruggies virrie vlees

  1. TS het gesê op Oktober 5, 2011

    Glimlag… nou bly ek baie dood stil

  2. 🙂

  3. umhlanga het gesê op Oktober 5, 2011

    Goeie middag, dit is die dadelfabriek hier, gee asseblief die afleweringsadres 🙂

  4. haha, stuur tog ‘n trok vol hoor!

  5. zephur het gesê op Oktober 5, 2011

    So dan is die kamele nie veilig onder daai Arabiere wat so baie dadels eet nie…

  6. en ons spot met die ‘boys down under’…maar aan die anderkant, ‘n skaap is korter op die been…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.