Is toe nou nie rêrig lipstiffie nie….

September 13, 2011 in Sonder kategorie

My kar is stukkend, al vir ‘n maand lank. So terwyl ons buurt se plaaslike mechanic rustig sy ding doen om die nuwe enjin in te sit en te laat jubel, leen ek Moeder van Vele se ou wit Nissan bakkie’tjie, Blikkies.

Maar Blikkies jaag my skoon uit my budget uit, want hy sluk petrol by die tenks vol. Ek moun, Moeder van Vele moun, en die Vaderfiguur beloof om ‘n plan te maak.

 

En vanoggend is dit toe nou so. My liewe pappie besluit vyf flippen minute voor ek moet ry dat hy vir Blikkies gaan ‘tune’.

Vyf Flippen minute!  En dit op die een oggend wat ek gou genoeg gemaak het om vir ‘n verandering betyds by die werk te wees…

Nodeloos om te sê, ek strip toe my moer omdat ek laat gaan wees en jaag hom aan. Hy strip sy moer, en so gaan dit aan…..

 

Het klaar my handsak en kosblik in Blikkies gelaai terwyl ek ongeduldig voor die oop bonnet staan en rondtrap het. Maar ek sien Vaderfiguur gaan nog ‘n hele wyle karring.  Ek gryp my handsak met ‘n geswets uit die bakkie en storm op die Sondag-kar af en jaag soos ‘n besetene daar weg.

 

By die werk aangekom besef ek my selfoon is missing…..

Bel huistoe en vra my ma om te kyk of sy dit buite iewers sien lê.

Ja, sê sy, sy het die selfoon, twee penne en ‘n LIPSTIFFIE opgetel……

 

Al ‘lipstiffie’ wat uit die handsak missing is, is die vibratortjie!!!!!!!

17 antwoorde op Is toe nou nie rêrig lipstiffie nie….

  1. Lag ek nou my gat af!

  2. Zaber het gesê op September 13, 2011

    Whahahahah!

  3. Ek sou voorstel dat hy haar maar in haar onkunde laat voortleef, geen rede om dinge om te krap nie.

  4. ja nee kyk, ek moes ook maar self lag, kan net die konsternasie sien as sy dit uitdraai om die kleur te sien…

  5. Trakie het gesê op September 13, 2011

    :-)) !

  6. Bwhaahaha!

    So word ons deur, nie vir, ons optrede gestraf…

  7. Al probleem is my ma is ‘n vreeslike nuuskierige entjie mens… 🙂

  8. Ai tog, dit gaan ‘n bietjie verduideliking verg vanaand.;)

  9. Jy praat! Ek bloos nou al by voorbaat! Daar is net party dinge wat jy wragtig nie vir jou ma behoort te vertel nie…

  10. Sê vir haar dit is om spiere te masseer, wat nie heeltmal onwaar is nie as jy daaraan dink 😉

  11. Whahaha! Klink of jy my ma ken!

  12. hiehie!

  13. LMGA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
    Dis vrek snaaks.

  14. hahaha, laat jy my nou terug dink. My stiefma het eenkeer my klerekas reg gepak en my bottel “gel” in die badkamer gaan bere. ek hoop nie sy het Lube en haar hare probeer sit nie…

  15. hahaha! Sien, dis hoekom dit beter is om uit ‘n kind se kas te bly…

  16. Ai Daan, hoe lekker laat jy my nou lag! Jammer om te hoor van jou vrou. Maar bly om te hoor julle het pret gehad! 🙂

Los ’n antwoord vir lora2me. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.