Jy blaai in die argief vir 2011 September.

Is toe nou nie rêrig lipstiffie nie….

September 13, 2011 in Sonder kategorie

My kar is stukkend, al vir ‘n maand lank. So terwyl ons buurt se plaaslike mechanic rustig sy ding doen om die nuwe enjin in te sit en te laat jubel, leen ek Moeder van Vele se ou wit Nissan bakkie’tjie, Blikkies.

Maar Blikkies jaag my skoon uit my budget uit, want hy sluk petrol by die tenks vol. Ek moun, Moeder van Vele moun, en die Vaderfiguur beloof om ‘n plan te maak.

 

En vanoggend is dit toe nou so. My liewe pappie besluit vyf flippen minute voor ek moet ry dat hy vir Blikkies gaan ‘tune’.

Vyf Flippen minute!  En dit op die een oggend wat ek gou genoeg gemaak het om vir ‘n verandering betyds by die werk te wees…

Nodeloos om te sê, ek strip toe my moer omdat ek laat gaan wees en jaag hom aan. Hy strip sy moer, en so gaan dit aan…..

 

Het klaar my handsak en kosblik in Blikkies gelaai terwyl ek ongeduldig voor die oop bonnet staan en rondtrap het. Maar ek sien Vaderfiguur gaan nog ‘n hele wyle karring.  Ek gryp my handsak met ‘n geswets uit die bakkie en storm op die Sondag-kar af en jaag soos ‘n besetene daar weg.

 

By die werk aangekom besef ek my selfoon is missing…..

Bel huistoe en vra my ma om te kyk of sy dit buite iewers sien lê.

Ja, sê sy, sy het die selfoon, twee penne en ‘n LIPSTIFFIE opgetel……

 

Al ‘lipstiffie’ wat uit die handsak missing is, is die vibratortjie!!!!!!!