Om te huil

Desember 5, 2010 in Sonder kategorie

Dis kwart voor een op ‘n Sondagoggend. My foon biep-biep om aan te dui dat daar ‘m sms deurgekom het. Ek sukkel regop kry my bril in die hande en sit dit op. Dan laat ek die foon eers ‘n slag val voor ek die regte knoppie gebruk kry. Dis van my ma af. “Sy’s huistoe”.

Ek le stil in die donker met die foon in my hand. Ousus is dood. Huistoe. My sussie. My ouer suster.Dood.

Ek le lank en dink en dan sit ek die foon weer op die bedkassie neer, rol om en le met oop oe die dag en inwag. Teen vyf dertig kan ek nie meer nie. Ek staan op, tap ‘n bad vol warm water en le vir ‘n ruk en week. Dan trek ek aan en gaan sit voor die rekenaar. Die huis is doodstil en nie eers die honde kla by die deur soos wat hulle gewoonlik doen as hulle hoor ek is wakker nie.

Op Facebook lees ek die doodsberig van my sussie se oudste dogter af. Daar is foto’s van haar en reeds ‘n magdom boodskappe van vriende, kenisse en kollegas.

Sy was ‘n briljante vrou wat ‘n redelik nuttelsose graad by RAU verwerf het en dit deur die jare gebruik het om haarself beter te bekwaam totdat sy as wereldkenner gereken is in haar gekose vakgebied. As professor by die Universiteit van Alabama in Tuscaloosa, VSA het sy die wereld platgereis om gaslesings te gee. Haar tesisse en skripsies het oral bewondering afgedwing.

As ma van drie dogters het sy haarself ook bekwaam in die fyner kunsies van koskook, kinders grootmaak, haar man gelukkig te hou en naald- en breiwerk te doen. Haar grootste lekker-kry was die Amerikaanse “Chilli Cook-Off” wat sy gewen het met haar eie Kaapse Kerrie en rys.

Sy was ‘n uitmuntende musikant met “Perfect pitch” en sy kon enige ding met ‘n klawerbord speel. Haar mezzo-sopraan stem het my menige kere laat huil met die emosie wat sy kon weergee in haar musiek.

Sy was lief vir fliek en het veral van die ou musiekblyspele gehou. Nelson Eddy en Jeanette MacDonald was haar gunstelinge.

In Amerika het sy ook ‘n liefde vir Amerikaanse Voetbal ontwikkel en soos met alles in haar lewe ‘n kenner geword op die gebeid van die Crimson Tide – Alabama U se kampioenspan. Ek moes gereeld e-posse van haar verduur oor die span se statistieke en wen pogings.

Ek hoor hoe die Rooikop begin beweeg en gaan maak vir haar tee. Ek vertel haar van die sms en sy hou my lank vas. Dan stoot ek haar weg en gaan sit in die sitkamer. Ek staar dofweg na die muur en wonder hoekom ek niks voel nie. Na ‘n ruk gaan ek kombuis toe en maak vir myself koffie, maak die deur oop en voer die honde. Luna die wit Alsation/Husky teef lek aan my hand, iets wat sy nooit doen nie. Ek vryf haar kop en gaan sit weer voor die rekenaar. Op Facebook stroom die boodskappe steeds in.

My oudste seun kom staan in die deur en maak keelskoon. Ek staan op en hy sit sy arms om my. Dan vir die eerste keer huil ek soos ‘n baba.

40 antwoorde op Om te huil

  1. jy mag maar … dink aan jou …
    (ek … en seker die meeste hier het ook al … dink nou weer aan hulle wat nie meer saam met ons is nie … kerstyd is maar ‘rof’ in ons gesin)

  2. Vuurpyl het gesê op Desember 5, 2010

    Wat ‘n besondere band tussen broer en suster. Sterkte met die pad vorentoe – Psalm 37:23, 24

  3. jannel1 het gesê op Desember 5, 2010

    !!!

  4. Ai, ek is vreeslik jammer. Jy het mos ‘n ruk terug geblog oor julle besoek aan haar.
    Sterkte.

  5. Wat ‘n pragtige huldeblyk.

    Ek is bly vir jou part oor die trane. Dit maak skoon.

  6. elizac het gesê op Desember 5, 2010

    Ai, sterkte daar.

  7. TS het gesê op Desember 5, 2010

    Jammer – Sterkte

  8. Jammer om dit te hoor. Sterkte daar!

  9. Bly maar ‘n moeilike ding om te hanteer, selfs al is mens dit soms te wagte. Sterkte

  10. fanjan het gesê op Desember 5, 2010

    Die einde van `n lewe laat ons maar telkens weer dink aan dit wat ons elke dag hier aanvang. Ek glo jy het baie goeie herinneringe van haar. Sterkte!

  11. Trakie het gesê op Desember 5, 2010

    Wat ‘n vol lewe het sy nie gelei nie!

    Sterkte vorentoe.

  12. Dankie Kelkie.

  13. Dankie.

  14. Dankie.

  15. Jip. XXX!

  16. Dankie, XX!

  17. Dankie Henry

  18. Tx Tina

  19. Dankie

  20. Dankie Annemari.

  21. Nie maklik nie, maar waar. Dankie.

  22. Tx Murph.

  23. Dankie

  24. Dankie ou maat.

  25. Ja, nee…

  26. Baie dankie.

  27. Dankie Kelly.

  28. Ja DSP. Die trane le vlak, maar gelukkig het ons vriende.

  29. Plankloper ek het nou saam gehuil…sy klink of sy ‘n sus duisend was.xxx

  30. FOXY1975 het gesê op Desember 6, 2010

    Hi, ek verstaan die nie ‘voel’ deel nie so goed en ek is bly dat die emosie darem gekom het met jou seun se druk… Mag die mooi herinneringe aan sus jou dra in die moeilike dae en wanneer jy haar mis… Ek onthou ‘n vorige pos van jou oor haar en ek weet dat sy ook moedig die stryd gestry het en is bly dat jy die geleentheid gehad om tyd saam met haar te spandeer…
    Baie sterkte vir jou en jou gesin in hierdie tyd..
    Ek stuur vir jou ‘n stywe drukkie virtuele drukkie.. Mag die son se strale vandag jou hart saggies aanraak met sy warmte.xx

  31. Baie dankie.

  32. Dankie Foxy

  33. FOXY1975 het gesê op Desember 7, 2010

    Het sommer gisteraand weer aan jou gelê en dink.. Hoop jy’t ‘n rustige, vredige dag vandag…x

  34. Baie dankie. Ek waardeer dit opreg.

  35. Ek het Sondag gesien Jan het daaroor geskryf. Ek het niks gehad om te sê nie, want niks help regtig nie.
    Ek het vandag nogsteeds niks om te sê nie. Elkeen hanteer die soort goed op sy eie manier.
    Baie sterkte.

  36. Dankie Kerneels.

  37. zephur het gesê op Desember 7, 2010

    Dis seer en dit ruk ‘n stuk uit jou hart. Jou siel huil en jou liggaam treur.

    Om ‘n suster te verloor is nie maklik nie en dit maak seer enige dag van die jaar.

    Plankloper sterkte

  38. Dankie Zep… Ek ry in die kar en skielik hoor ek iets op die radio dan’s ek in trane. Maar die seer raak beter. As my ma terug is van die VSA sal ek gaan kuier en dan behoorlik klaar huil. Maar vergeet? Nooit.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.