Die Groot Ding

November 9, 2010 in Sonder kategorie

 

Die gerugte oor die Groot Ding loop al weke en die volk redekawel en stry oor die meriete en waarheid van die saak. Party van die gemoedeliker geeste soos Zeppie en Plankie is dadelik te vinde vir die saak en probeer die ander ompraat om mee te doen.

 

Van die meer siniese geeste soos Spekbek en Angeliscious dink dis net ‘n gerug met geen waarde nie. Maankind hou haar rede en sit eenkant en wag om meer konkrete bewyse te kry. Sy en Thomas gesels oor hullle eie dinge terwyl hy aan ‘n kameel suig (nogal ‘n oulike truuk as jy ‘n posduif is)

 

Die ander duiwe in die eskader gaan hulle gang, en doen wat duiwe daagliks doen. Geen standbeeld word onaangereek gelos nie. En die stad is hulle oester.

 

Tan Twak wil die ding egter nie laat gaan nie en vlieg daagliks ‘n verkenningsvlug oor die park waar die Groot Ding kwansuis gaan gebeur. Na ‘n week is hy seker van sy feite en nader hy die ouderlinge, Ouboet en DSP, wat met aandag en oorleg na Jan se plan luister. Hulle roep vir Gladdebande nader en hy gee sy maning en dan word die volk van heinde en ver nader gewink.

 

Op die walle van die Mighty Apies vergader hulle om na die plan te luister. Van die mense wat onder die bome verbyloop kan hulle oe nie glo vir al die duiwe wat op een plek vergader nie. Hulle loop ook lekker onder die duiwe se uitskytsels deur want ‘n duif is ‘n duif en ‘n duif moet doen wat ‘n duif moet doen.

 

DSP vertel vir die volk van Jan se bevindinge. Maangodin vra of hulle die saak nie vir Ghaap moet gee sodat hy ‘n steekproef kan doen nie, maar Ghaap is die een duif wat nie opgedaag het nie.

 

Tweeling, Kelly, Roosmaryn en Pink Stilletto’s beplan dadelik ‘n funksie vir na die tyd en Modderkeokie belowe om ‘n ogie oop te hou vir enige vreemde katte.

 

Van die jonger duiwe vlieg daaglikse sorties oor die teikengebied en raporteer terug. Selgroepe word geskep onder leiding van Spekbek en elke groep kry sy spesifieke taak. Katryn sing vir ‘n vale om almal entoesiasties en gemoedelik te behou en dan is die Groot Dag uiteindelik daar.

 

Die duiwe vlieg in wye draaie om die teiken gebied en die opwinding bou voelbaar op. Selfs Papeslaai sluit aan en hy’s nie eers ‘n duif nie. Hulle neem plaas op bome en geboue en telefoondrade rondom die teiken gebied. Die mense op die grond wonder oor die samedromming van die stad se duiwe, maar hulle is ook besig met hulle eie Groot Ding en gee die duiwe maar net ‘n kyk of twee.

 

Een van die tv kameramanne besef egter iets groot is aan die gebeur en hy hou sy instrument op die duiwe gerig terwyl die mense toesprake maak en hande klap. Dan, uiteindelik is die Groot Oomblik daar!

 

Een van die mense trek ‘n toutjie en die swart, geel en groen doek seil majestieus van die standeeld af. Mens trek asems in, klap hande, pink traantjies weg en doen wat mense doen as hulle in vevoering raak.

 

DSP kyk vir Ouboet en Ouboet gee die bevel.

 

Dit is tyd! Dit is tyd om te skyt!”

 

In een groot massa trek die eskader lugwaarts en trek op die standbeeld af. In geordende eskadronne loods hulle, hulle anvalle een na die ander tot die standbeeld amper heeltemaal toegeskyt is. Die mense gil en skree en slaan op vlug en wonder of dit dalk Hitchcock se voels is wat toeslaan. Net die een kameraman soek skuiling en neem die hele morsige aanval af.

 

En dan…

 

Na omtrent tien minute is dit klaar. Die duiwe verdwyn in die niet en die kameraman laat sy tv kamera liefderik oor die gemors wals. Van kop tot tone is die standbeeld bedek met duifskyt. Daar is slegs een oop kolletjie. Aspris? Wonder die kameraman, maar skud dan sy kop in ogeloof. Hy fokus op die oop kol. Dis ‘n naamplaat, en dit se:

 

In honour of our valiant leader Comrade Julius Malema.”

 

Fluit, fluit…

38 antwoorde op Die Groot Ding

  1. zephur het gesê op November 9, 2010

    Fluit fluit duiweskyt

    Hahahaha

  2. Nice!

  3. jannel1 het gesê op November 9, 2010

    Hahahahah *hoes-hoes-verstik* hahahaha!

    Vyf sterre Planklopper!

  4. die naweek so by fonteine uitgery en vir die kinders die storie van die Mighty Apies vertel.

  5. FOXY1975 het gesê op November 9, 2010

    PUIK!

  6. X-Rated het gesê op November 9, 2010

    Daardie duiwe ken hulle mik!

  7. Skyt, skyt, die storie is yt…
    🙂

  8. Tjorts!

  9. Oefening!

  10. Dankie

  11. Ken hom goed!

  12. Dankie ou maat!

  13. Thanks.

  14. Bly jy’t geniet!

  15. louisna het gesê op November 9, 2010

    Pragtig. Ja, ek sien myself in die rol van skytmeester

  16. gidivet het gesê op November 9, 2010

    Julle kan bly wees Cornwall se seeumeeue het nie die petalje bygewoon nie. Dis nou ‘n skytery van ‘n ander kleur.

  17. Jy’s superslim!

    “Oh, said Malema, wiping his eye,
    what a good thing cows don’t fly”

  18. Dankie

  19. Ek hoor jou

  20. Bly jy’t geniet

  21. Nogal ne?

  22. Sorrie

  23. UNPOCO het gesê op November 10, 2010

    En ek sing so Fluit-fluit die skytbult uit.

  24. En ek fluit saam!

  25. LOL, baie goed geskryf ek luister graag na Flenters hy is wys.

  26. Dankie

  27. zephur het gesê op November 18, 2010

    Voer jy nog die duiwe…

  28. yip. Ons traai!

  29. Jis … dis nou NICE gedoen!:-)))

  30. *kug* … liewe Broeders en Susters …

  31. Dankie

  32. He he he..

  33. jipppiiieeeeee! eks so bly jys terug 🙂 ek sinies? sjoe *drink nog ‘n pilletjie en glimlag breed* ek het jou stories gemis Plankloper x

  34. Dankie skat!

  35. Ek is n ie so seker jy dalk hier en daar wolwe in skaapsvlerke aangestel het nie?

  36. Dis mos maar soos dit is… Die wolwe is die wat terugbyt. Skaapsvlerke of te not!

Los ’n antwoord vir plankloper. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.