Hercules, die dokter en die doringrosie.

Julie 14, 2010 in Sonder kategorie

  

Paul was op skool my beste pel, rugbymaat, drinkebroer en vennoot. Saam het ons matriekwiskunde deurgeworstel; saam het ons by garage paarties gevry; saam het ons Cravenweek gespeel en saam-saam het ons die eerste keer lekker dronk geword. En toe is matriek verby en ek gaan Vloot toe en Paul gan swot. Medies.

 

Na my rukkie in die Vloot het ek gaan rondloop in Europa, geleer dat kroegmanspeel nie kinderspeletjies is nie en later teruggekom huistoe om te gaan swot by die Universiteit van Pretoria. En daar loop ek toe weer in my ou kameraad vas, wat teen die tyd al derde jaar-amper-dokter is. En net daar tel ons weer die leisiels op en kuier van voor af vir dood.

 

Paul het egter in sy drie jaar ‘n volwasse man geword wat deur al wat meisiemens as baie aantreklik ge-ag is. Lank en donker, met breë skouers en blou oë en ‘n diep bas stem het hom die vangs van die kampus gemaak. Ek het sy krummels met groot dankbaarheid onder my vlerk geneem en wat ek nie in “looks” gehad het nie het ek voor opgemaak met persoonlikheid en snaakse stories.

 

Paul het lekker gewoeker onder die dames in my kunstige departement en moes selfs ‘n keer of wat om hulp roep as die meer voor-op-die-wa meisiekinders vir hom te veel geraak het.

 

En toe ek in my derde jaar is kom daar ‘n nuwe eerstejaartjie daar aan met die wonderlike naam – Hercules. Hercules van Rooyen, van Baberton af. ‘n Griekse god en kragreus was hy beslis nie. Trouens hy was aan die tengerige kant met ‘n fyn stemmetjie en slap gewriggies. Maar dit was my plig as sy senior om hom touwys te maak in die geheimenisse van ons departement en ek het my bes gedoen.

 

Hoekom sy ma-hulle hom Hercules gedoop het sal g’n mens weet nie, maar hulle het hom baie goeie maniere geleer en hy’t sommer gou-gou ‘n populere deel van ons boheemse klomp geword. Die meisies was gek oor hom want hy kon dans. Enigiets van die Rumba tot die Samba en alles tussenin. By elke sokkie het die meisies gewedywer om hom as “date” te kry want hy kon die aand omdans en nie probeer om hulle te soen as hy hulle huis toe vat nie.

 

So in die middel van sy eerstejaar het hy een aand by my woonstel opgedaag en kom bieg dat hy nie die mas opkom met sy prakties nie. Die akademie was nie te veel van ‘n probleem nie, maar die prakties, ai…

 

So het ons toe tot laat gesels en hy’s daar weg met ‘n lied in sy hart en die volgende dag het hy die professor ingelig dat hy gaan opskop. Hercules is toe daar weg en alhoewel hy nog so een of twee sokkies bygebring het, het hy gou die kampus se stof van sy voete afgeskud.

 

Intussen het ek en Paul die stange behoorlik vasgevat en uiteindelik het ons albei in ons gekose rigtings gekwalifiseer. Paul is weermag toe en het op Voortrekkerhoogte sy loopbaan as dokter begin.

 

Twee, drie jaar later loop ek eendag vir Hercules in die bank raak, en ons gaan drink opsluit ‘n vars drinkding. Hy vertel toe dat hy by ‘n dansateljee aangesluit het en nou sy lewe maak deur die eensames, die soekendes en die verveeldes te leer dans. Hy vertel my toe ook skamerig van Brian. Hy’t Brian by die ateljee ontmoet en die twee het dadelik verlief geraak op mekaar en later saam ingetrek en huis opgesit.

 

Brian was ook ‘n danser en het sy brood verdien as dieselmac. Hy’t vragmotors en busse onderhou deur die dag en snags het hy gedans. En die twee was baie gelukkig saam. Ek het later heelwat van die twee te sien gekry en Brian het aan my bakkie gewerk as dit nodig geword het.

 

Paul het intussen klaar gemaak by die Weermag en begin praktiseer en sommer gou-gou ‘n florerende praktyk opgebou.

 

‘n Jaar of drie later sterf Brian in ‘n ernstige motorongeluk. Hercules – teen hierdie tyd het hy al meeste mense oorreed om hom Herkie te noem – het bitter moeilik die alleenheid gewoond geword en ‘n paar keer by my kom sit met trane in sy oë. So gebeur dit toe ook, ongeveer 2 jaar na Brian se dood, dat hy weer een aand by my sit toe Paul daar opdaag.

 

Ek kon sommer dadelik sien dat Hercules net so oor Paul voel as die talle dames wat deur die jare voor Paul se sjarme geval het. Paul was sy vriendelike self en teen die einde van die aand het Hercules onderneem om van nou af al sy medies probleme voor Paul se deur te kom lê. Hy’s daar weg – vroliker as wat ek hom in al die tyd sedert Brain se dood gesien het. Paul het my vertel van die nuwe lig in sy lewe, ‘n oud model en sakevrou, en gesê hy dink die een is dalk die trouvrou. Daaraan het ek my nie veel gesteur nie want ek het daai storie ten minste drie keer ‘n maand gehoor. Ek het hom so effens gespot oor die indruk wat hy op Herkie gemaak het, maar hy het dit net afgelag.

 

Die voilgende dag bel Hercules en vra uit oor Paul. Ek verseker hom dat Paul nie in mans belangstel nie en dat hy wat Hercules is dalk gaan seerkry as hy ‘n kans met die man sou neem.

 

Omtrent drie weke later kom Paul een middag na werk by my aan. Hy’t dieselfde veraf uitdrukking in sy oë wat hy in matriek gekry het as ou Brits hom vra oor logaritmes. Hy maak die bottel whisky wat hy by hom het oop en gooi vir ons elkeeen ‘n stewige dop. En hy begin vertel…

 

Hercules het opgedaag en ‘n dringende afspraak gesoek. Hy’t vir sy ontvangsdame gesê om die man in te druk en toe aangegaan met sy dag. ‘n Halfuur later loop Herkie in en Paul kan sien die man is baie ongemaklik. Paul vra uit en Herkie erken toe dat hy ‘n ernstige pyn uit. Na nog bietjie geduldige vrae, erken Herkie dat die pyn in sy “fondament” is. Paul vra toe dat Herkie sy broek moet uitrek en gaan lê, wat die man toe ook summier doen.

 

Paul trek jas en handskoene aan en trek die gordyn weg. En daar lê Hercules, op sy maag met kaal boudjies in die lug. Paul steek vas. En dan sê hy met moeite: “Magtag Hercules, g’n wonder jy’t ‘n pyn in jou dinges nie, daar’s ‘n roos in!”

 

Hercules loer skalks oor sy skouer en antwoord: “Lees die kaartjie skat. Lees die kaartjie!”

 

18 antwoorde op Hercules, die dokter en die doringrosie.

  1. 🙂

  2. FOXY1975 het gesĂȘ op Julie 14, 2010

    Ai jitte hoe lekker lag ekke nou!
    Maar shame… die ou Herkies in die lewe kry ook maar soms swaar…
    Mooi aand!

  3. plankloper het gesĂȘ op Julie 14, 2010

    Die liefde is nie maklik nie!

  4. plankloper het gesĂȘ op Julie 14, 2010

    Baie dankie!

  5. plankloper het gesĂȘ op Julie 14, 2010

    Hulle is steeds dik pelle. Herkie het Paul leer dans en Puls soek nog steeds sy trouvrou. Hy spes nou in ginekologie.

  6. plankloper het gesĂȘ op Julie 14, 2010

    Dankie.

  7. plankloper het gesĂȘ op Julie 14, 2010

    Jy moet erken, dit was ‘n blink plan!

  8. FOXY1975 het gesĂȘ op Julie 14, 2010

    Dit kan jy weer sĂȘ! Maar as alles ook altyd net maklik was sou min dinge die moeite werd gewees het om voor te baklei 😀

  9. plankloper het gesĂȘ op Julie 14, 2010

    Jip!!!

  10. plankloper het gesĂȘ op Julie 14, 2010

    Ja, nee…

  11. louisna het gesĂȘ op Julie 15, 2010

    Pragtig Plankloper. Ek dink almal wat die pad op Tukkies geloop het, sal hulself skrams raaklees in jou mooi storie.

  12. Jy skryf ongelooflik mooi!

  13. plankloper het gesĂȘ op Julie 15, 2010

    X!

  14. plankloper het gesĂȘ op Julie 15, 2010

    Dankie Oudste!

  15. plankloper het gesĂȘ op Julie 15, 2010

    Ja nee…

  16. plankloper het gesĂȘ op Julie 15, 2010

    he, he…

  17. monicahaddad het gesĂȘ op Julie 20, 2010

    Wat ‘n lekker storie!!

  18. plankloper het gesĂȘ op Julie 20, 2010

    Baie dankie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.