Die blonde oomblik

Junie 12, 2010 in Sonder kategorie

 

En voor almal my uittrap! Ek weet alle blondines is nie dom nie en doen nie aanmekaar dom goed nie, maar ek gebruik die term bloot omdat die heldin van hierdie verhaal inderdaad blond was (is) en omdat die “blonde oomblik” ‘n uitdrukking is wat goed in die volksmond gevestig is.

 

Okei?

 

En ek is by voorbaat jammer as ek ‘n blondine (of haar man of haar vriend of haar pa) aanstoot gee, maar die storie, soos almal wat ek vertel, is waar. 100% waar. Ek belowe.

 

Vanoggend wys ‘n vriendin vir my foto’s wat sy van ‘n troue geneem het. Nogal ‘n imposante storie met baie blomme, strooimeisies, limo’s, kos en drank. O, ja… En ‘n bruidegom iewers agter die bruid en haar ma weggesteek…

 

Deel van die foto’s wat my vriendin moes neem, was van die voorbereiding van die bruid met hare en grimering ens, wat noukeurig gedoen en op film vasgelê word. (Ek gebruik die benoeming ‘film’ baie losweg – deesdae is dit mos hardeskywe.)

 

Alle geval….

 

Een van die foto’s is van die voornemende bruid, waar sy poedelnakend in die bad sit, met een fyn handjie oor die tepeltjie en ‘n kyk in haar oë wat vir die voornemende bruidegom groot beloftes inhou en dit laat my toe dadelik dink aan die troue wat ek eenkeer op video moes verewig.

 

‘n Vriendin van ‘n vriendin, bel my en vra of ek die video van ‘n derde vriendin se troue sal doen. Hulle vra my nie omdat ek soseer professioneel met die klas van ding omgaan nie, maar omdat hulle uit opsies (en geld) uitgeloop het, en ek skuld hulle ‘n guns. (Meer daaroor in ‘n ander blog!) Ek stem toe in, veral toe sy sê, sy het nog ‘n bottel Glefiddich Single Malt iewers wat ek kan kry as ek die ou gunsie sou doen. So gesê en so gedaan. Ek leen ‘n kamera, reël vir redigeringsfasiliteite en gaan om die gelukkige paartjie te ontmoet.

 

Sy is mooi, pragtig mooi, en hy is ‘n tipiese yuppie wat sy pad oopveg in die korporatiewe wêreld, met die nodige blink horlosie, slap kar en modieuse skoene en klere. Hulle gaan trou by een van die trouplase in die Muldersdrift omgewing met al die nodige fasiliteite op een plek. Ons bespreek hulle behoeftes en ek daag toe, op die groot dag, op die groot dag op, met my kamera, videobande, ‘n netjies pak klere, ligte ens.. Eerste gaan besoek ek die (teen hierdie tyd) baie senuweeagtige bruidegom, gesels bietjie en neem ‘n paar skote van hom wat sy klere regsit en kwinkslae uitruil onder sy strooijonker en ander aanhangers.

 

Hierna verkas ek na die anderkant van die kompleks en gaan klop aan die deur van die bruid se suite. Daar is ‘n geskarrel van ‘n ander wêreld met vriendinne, ma, grimeerkunstenaar, haareman en ander. Ek hou my klein en neem die proses af so goed ek kan. Gelukkig is dit ‘n helder sonskyndag en ek het nie nodig om ligte op te stel nie. Dan gryp die moeder my aan die arm en sê hulle het bsluit om haar dogter af te neem terwyl sy aantrek vir die groot geleentheid. Ek is bok vir die bietjie ekstra skietwerk, maar dan verduidelik mammie dat ek nie by kan wees as haar dogter aantrek nie. Ek wil eers teëstribbel, maar moeder is steng. Ek moet die kamera opstel, aanskakel en buite gaan wag tot sy van so ‘n aard aangetrek is dat ek weer kan inkom. Ek kan sommer sien dat ek nie aan enige argument gaan kan dink om die tannie om te praat en nie stel toe maar op.

 

Langs die badkamer se deur is ‘n lekker breë spasie, langs die bed. Ek stel op, gaan my klank en beligting na en gee die bruid streng instruksies om net tussen die badkamer se deur en die bed rond te beweeg. En toe rol ek en gaan sit buite en wag. Na so omtrent vyftien of twintig minute word ek weer ingeroep en die pragtige bruid is nou in haar rok. Ek neem nog ‘n paar skote en toe is dit tyd.

 

Eers in die perdekar, toe na die kapelletjie toe en toe die diens en toe die onthaal, en toe kry ek al die pelle om op video gelukwensinge uit te spreek en toe is alles verby. Die bruid se pa stop my ‘n bol note in die hand en gee my skouer ‘n bewoë druk en daar gaan ek.

 

My pel, by wie ek die kamera geleen het, het gesê ek kan sy redigeer toerusting gebruik mits ek dit oor naweke of na-ure doen. So… Vroeg Sondag sit ek agter die masjiene en begin sny.

 

Teen twaalfuur gaan soek ek ‘n hamburger en ‘n bier en toe is ek terug. Teen 13h45 kom ek by die band waarop die aantrek toneel verewig is. Ek sit die band in die masjien en sit terug. Vir ‘n hele ruk gebeur daar niks behalwe vir ‘n bietjie agtergrond gegiggil. Dan loer die bruid se blonde koppie om die deur en sy jaag almal wat in die vertrek agter die kamera staan uit, want sy “gaan ‘n boodskapie opneem net vir Dewald!” (Dewald synde die bruidegom.)

 

Dit raak stil.

 

Dan loer die blonde koppie weer om die deur. En dan tree sy die vertrek binne. Poedelnakend kaal. Soos die dag wat sy gebore is. En sy gaan staan voor die kamera en neem haar borsies in haar hande en bied hulle vir Dewald aan. Sy vryf oor haar heupies en belowe hùlle vir Dewald, en dan vat sy aan haar apie en belowe vir Dewald hy gaan die nag van sy lewe hê! Dan begin sy sensueel haar kouse en kousband aantrek. Dan die kousophouers wat sorgvuldig vasgeknip word en dan die korset. Dan trek sy die rok oor haar kop sonder om ‘n broekie aan te trek, ‘n puntjie wat sy skalks aan Dewald noem. Daarna roep sy na buite en die vrouens kom in en begin toerits en vasmaak en die dinge doen wat mens seker doen as jy ‘n bruid help aantrek. Dan noem iemand dat hulle “seker die kamera ou moet kry”, en in die agtergrond hoor ek hoe moeder my roep….

 

Ek sit lank na die dooie skerm en staar en haal dan die band uit. Ek sit hom eenkant en gaan aan met die snywerk. Teen elfuur die aand is ek klaar en heel gelukkig met my poging. Ek sit titels op, meng die musiek op die klankbaan en maak die nodige kopieë wat hulle bestel het. Ek verpak dit met etikette en sit dit eenkant op ‘n hoop. Dan druk ek weer die blondine se aantrekband in die masjien. Ek sny die voorste gedeelte waar niks gebeur nie af, maak die klank so ‘n bietjie skoon en maak dan een VHS kopie wat ek saam met die meesterband in ‘n koevert sit en verseël.

 

Die gelukkige paartjie laat my weet toe hulle terug is van Mauritius af en ek gaan laai die bande by hulle af. Dewald gee vir my nog ‘n bottel Glenfiddich, skud my hand en kyk dan na die bruin koevert wat ek steeds vashou. Ek gee dit vir hom en sê hy en sy moet dit liewers alleen kyk voor hulle die familie wys. Ek kan sien hy verstaan nie, maar ek verduidelik nie, blaas net vinnig die aftog. Ek het op die VHS band ook ‘n etiket gesit waarop ek duidelik geskryf het dat dit net vir hulle oë bedoel is.

 

Die volgende dag omtrent 11 uur bel die blondine my en wil weet of ek na die band gekyk het. Ek hap eers ‘n paar keer na my asem, maar dan belowe ek plegtig dat ek nie het nie, en sy slaak ‘n sug van verligting. Sy vertel my dat Dewald dit baie geniet het, maar dat hy dalk vies sal wees as hy sou dink dat ek dalk daarna gekyk het. Ek belowe weer dat ek nie daarna gekyk het nie, want ek het mos geweet sy wil nie hê ek moet dit sien nie. Met die sê sy dankie en lui af.

 

Ek gooi vir my ‘n laaang Glenfiddich en gaan staan by die venster. En ek wonder hoe lank Dewald dit gaan uithou as die eerste opwinding van die huwelik verby is en hy ‘n regte gesprek met sy bruid moet voer.

 

29 antwoorde op Die blonde oomblik

  1. Hoe meer dae hoe meer dinge…
    🙂

  2. skophulmaai het gesĂȘ op Junie 12, 2010

    hierdie inskrywing laat my so depressief voel ek moet sommer nege-uur in die oggend ‘n irish koffie drink…………

  3. louisna het gesĂȘ op Junie 12, 2010

    Pragtig geskryf

  4. plankloper het gesĂȘ op Junie 12, 2010

    Dankie

  5. plankloper het gesĂȘ op Junie 12, 2010

    Ek join jou…

  6. plankloper het gesĂȘ op Junie 12, 2010

    Inderdaad

  7. plankloper het gesĂȘ op Junie 12, 2010

    Dankie man!

  8. kerneelsie het gesĂȘ op Junie 12, 2010

    Hahahahaha
    Lekker lag ek nou.
    Mooi geskryf, soos altyd.

  9. Neander het gesĂȘ op Junie 12, 2010

    Ek sou ook soos jy lank by die venster gaan staan het. Daai regte gesprekke het soms die geneigdheid om soos ‘n emmer koue water te wees.

    Wetenskaplik:1 As die serotonien- en dopamienverhouding uit balans raak en,
    2 As die oksitosien en vasopressien verdwyn,
    dan is daar pĂȘre.

  10. ;))) maar jy sal so ‘n stukkie video moet oplaai om te bewys dat die onderwerp wel ‘n blondie was.

  11. plankloper het gesĂȘ op Junie 12, 2010

    Dit sal onder die vaandel val van “kiss and tell”

  12. plankloper het gesĂȘ op Junie 12, 2010

    Weet nie. Sal probeer uitvind, want ek is ok nou nuuskierig.

  13. plankloper het gesĂȘ op Junie 12, 2010

    Dankie

  14. plankloper het gesĂȘ op Junie 12, 2010

    Dankie

  15. plankloper het gesĂȘ op Junie 12, 2010

    Dankie tog vir Glenfiddich

  16. plankloper het gesĂȘ op Junie 12, 2010

    Ons hoop maar so…

  17. HeavyHenry het gesĂȘ op Junie 13, 2010

    Dis nou ‘n lekker storie diĂ©.

  18. plankloper het gesĂȘ op Junie 13, 2010

    Bly jy’t geniet!

  19. plankloper het gesĂȘ op Junie 13, 2010

    Ek’s seker hy’t geweet. Maar haar motiewe… Ek gooi net hande in die lug.

  20. Ha,ha ag nee jimmel hoe blond kan sy wees?

  21. salparadise het gesĂȘ op Junie 14, 2010

    Ai tog…Ja mens hou maar duim vas vir hulle na die honeymoon fase iets van die verlede is,lyk my die gesprekke gaan maar bra beperk wees…Goed vertel Plankloper!

  22. plankloper het gesĂȘ op Junie 14, 2010

    Dankie

  23. plankloper het gesĂȘ op Junie 14, 2010

    Moeilik om te glo ne…

  24. UNPOCO het gesĂȘ op Junie 15, 2010

    NĂȘ! En ons soek iemand om ‘n video by ‘n troue te doen in Garsfontein die 23ste Junie. Is jy beskikbaar en uhm, uhm, uhm is jy duur?

  25. plankloper het gesĂȘ op Junie 15, 2010

    Na die blonde ondervinding doen ek dit nie meer nie! Sorrie…

  26. Angeliscious het gesĂȘ op Junie 15, 2010

    Seker ‘n moerse kompliment vir jou dat die girl gedink het jy is so goed met wat jy doen, jy kan dit toe oe doen!

  27. plankloper het gesĂȘ op Junie 15, 2010

    Yip… The secret of my success! I do it with my eyes closed!

  28. eros01 het gesĂȘ op Junie 19, 2010

    Komaan, natuurlik het jy ‘n kopie gehou?

  29. plankloper het gesĂȘ op Junie 20, 2010

    Dit was laaaank voor ek ‘n dirty old man geword het…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.