Die pou

Junie 7, 2010 in Sonder kategorie

 

Verlede naweek kom kuier Reinet en Hammies uit die Kaap. Dis ‘n heerlike weersiens en Hammies het oudergewoonte twee kiste van die Kaap se beste saamgebring. Ene vir my om te hou en een vir ons om te geniet. Heerlik.

 

So sewe jaar gelede op ‘n intieme verjaardag partytjie waarheen ek en die Rooikop net so ‘n honderd van ons beste vriende genooi het, het ek vir Hammies, ‘n ou losloper drinkebroer van my, voorgestel aan Reinet, ‘n twee maal geskeide vriendin van die Rooikop. Die twee het land en sand gesels en nie lank nie toe gaan eet hulle uit en na nog ‘n rukkie begin hulle oorslaap bymekaar en toe ons ons oë uitvee toe is die twee ‘n paartjie.

 

Hammies is/was ‘n baie suksesvolle internet entrepeneur en Reinet ‘n lektor by die universiteit. Saam, saam het die twee besluit hulle wil nie meer doen wat hulle doen nie en met ‘n vakansie in die Kaap, koop hulle ‘n plek in Somerset Wes en ‘n kombi. Reinet gee kennis by die universiteit, Hammies bou ‘n mooi webwerf en toe ons weer sien het hulle twee kombi’s en ‘n florerende besigheid wat toeriste rondry in die moiste Kaap.

 

Ek moet erken ek was nie so seker oor die storie nie, maar albei van hulle lyk gelukkiger as wat ek hulle in jare gesien het en die enigste donker wolkie op die horison is dat ons mekaar so min sien. Maar hulle maak darem gereeld plan om by ons uit te kom en as ons daar onder is gaan bly ons altyd ‘n dag of twee by hulle oor.

 

Die twee is nogal ‘n snaakse paar. Hy is die rustigheid vanself, lank en groot en rooi van hare en van gelaat. Sy is klein en fyn met donker hare en het ‘n turbine wat nooit gaan staan nie. So rustig as wat hy is, so besig is sy.

 

Een keer was ek in die Kaap met ‘n sakebesoek en sy’t my op die lughawe ontmoet. Sommer gou is ons met die minibus op die N2 op pad na my afspraak toe. Die plan is dat sy ‘n paar draaie sal ry en my weer na my afspraak sal oppik waarna ons Somerset Wes toe sou gaan vir die aand. So gesê en so gedaan.

 

Op pad na hulle huis toe kom ek agter dat ons gemiddelde spoed darem dêm hoog is. Ek sien sy pomp pomp so nou en dan aan die briek maar los dit maar daar. Ek is per slot van rekening ‘n outjie wat myself op ‘n gereelde basis in ‘n renmotor vasgespe en in die veld gaan resies jaag, so ‘n klein fyn meisietjie in ‘n kombi gaan my nie bang ry nie.

 

Na ‘n ruk begin sy vroetel in haar handsak en sy skakel ‘n nommer. Sy knyp die selfoon tussen haar skouer en oor vas terwyl sy die kombi tussen die verkeer deur stuur.

Bollie!” Dis haar naam vir Hammies. “Die kombi se brieke werk nie, wat moet ek doen?”

 

Ons het darem heelhuids by die huis uitgekom waar Hammies ‘n stywe dop vir my reggehou het.

 

Julle kry die idee…

 

Nou kuier hulle by ons en Hammies vertel stories. Stories oor die toeriste wat hulle moet rondkarwei, stories oor die Stormers en hulle ondersteuners, wat nogal snaaks is, want Hammies is ‘n stoere Blou Bul. En toe skielik vra hy wat die snaakste ding is wat ek nog ooit geëet het. Reinet probeer stil maak, maar hy beur voort.

 

Die ding het so gebeur…

 

Reinet was weer in een van haar haastige buie op pad na ‘n wynplaas om ‘n klient se bestelling op te laai. Met die gejaag op die grondpad, sien sy die pou te laat en ry hom poer des merdes. Lekker groot mannetjiespou morsdood in die grondpad. Terwyl sy staan en wonder wat om te doen kom die Duitse tannie, aan wie die plaas behoort, daar aan. Sy sien die pou en gaan dadelik gal af in ‘n mengsel van Duits, Engels en geradbraakte Afrikaans. Die pou was haar man se verjaardag geskenk en as Reinet nie so roekeloos was nie het die pou nog geleef en Reinet gaan eendag nog ‘n mens doodry en wat dan ens, ens, ens… Uiteindelik haal sy asem en teen die tyd is die arme Reinet al baie naby aan trane. Die Duitse antie sien Reinet voel na behore sleg, gooi haar arms wawyd oop en sê: “Und now ve hug!” En met die gooi sy haar arms om Reinet en druk amper haar ribbes af.

 

Reinet kom by die huis en vertel vir Hammies alles. Hammies is ‘n goedgemanierde man en hy gaan koop ‘n tamaai bos blomme wat hy en Reinet toe later die aand by die Duitsers gaan aflewer. Hulle word gul ontvang, ‘n drankie in die hand gestop en genooi vir ete. Die omie flankeer met Reinet en sê hy het ook al per geleentheid te vinnig gery, sy moenie sleg voel nie. Met die word Reinet kombuis toe gensleep en die antie maak met groot gebaar haar groot pot oop en vra wat Reinet dinkl?

 

Hoender? Nee, te groot. Gans? Ok nie. Swaan, dalk?! Nee lag die antie. Dis die pou. Mens moenie mors nie!

 

Ek wil weet hoe die pou gesmaak het en Reinet word bleek en vlug huis in. Hammies lag hom byna dood. “Nie sleg nie, net bietjie taai…” En hy kraai weer van die lag. Dit het lank bevat voor Reinet weer by ons aangelsuit het.

 

En Hammies? Hy was in die spesmagte en het in die oorlog geleer om alles te eet! En om dit te geniet!

 

23 antwoorde op Die pou

  1. Hy het seker die pot mooi volgelê. ;>

  2. loudavisi het gesê op Junie 7, 2010

    Hahaha!

    Laat my dink aan ‘n keer met ‘n bussie vol Gr 3 seuns by die SOS kamp. Toe ek stop om die hek oop te maak, skree een op ‘n pou wat in die sloot langs die bussie loop:

    In die naam van die here,
    maak oop jou vere.

    Toe luister die pou (toevallig) (?)

    Dog ek lag my in ‘n koma in.

  3. abrham het gesê op Junie 7, 2010

    pouvleis maak ‘n man pronkerig

  4. Hehehe … nice …

  5. plankloper het gesê op Junie 7, 2010

    Dankie

  6. plankloper het gesê op Junie 7, 2010

    Ek hoor jou!

  7. plankloper het gesê op Junie 7, 2010

    Ja nee…

  8. plankloper het gesê op Junie 7, 2010

    Dankie

  9. plankloper het gesê op Junie 7, 2010

    Hugs vir jou

  10. plankloper het gesê op Junie 7, 2010

    Dankie

  11. plankloper het gesê op Junie 7, 2010

    Kan net dink!

  12. plankloper het gesê op Junie 7, 2010

    Gelykvol blykbaar

  13. plankloper het gesê op Junie 7, 2010

    He he

  14. plankloper het gesê op Junie 7, 2010

    Yip. Hulle is nice.

  15. Nice!
    🙂

  16. plankloper het gesê op Junie 8, 2010

    Dankie

  17. Ha,ha baie goed vertel Plankloper!

  18. plankloper het gesê op Junie 8, 2010

    Dankie 2

  19. salparadise het gesê op Junie 9, 2010

    Baie kleurvol vertel!Ek het die ander dag n wit pou gesien,of miskien het ek dalk net n flashback gehad.Kry mens wit poue?

  20. plankloper het gesê op Junie 10, 2010

    Ek het ook al wit poue gesien, maar sover ek weet is hulle baie skaars.

  21. katrina het gesê op Junie 10, 2010

    Lmga! Ek dink die uittrapsessie is baie snaaks! Oulike storie.

  22. plankloper het gesê op Junie 10, 2010

    Dankie!

  23. Nee,ek is bly om dit te hoor want ek het gedink ek het dalk gehallusineer!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.