Jy blaai in die argief vir 2010 Mei.

Windgat

Mei 3, 2010 in Sonder kategorie

Ek wil nlou nie brag nie maar ek gaan!

Number One Son kom nou by die huis mt sy uitslae… 91% vir teorie en 89% vir praktika.

Slim kinders gemaak ekke!

Die reuk van ‘n Cheetha ondersteuner?

Mei 1, 2010 in Sonder kategorie

 

Voor ons verder gaan wil ek dit net duidelik maak dat ek van parfuum so min as ‘n kat van safraan af weet. My eerste ontmoweting met parfuum was in die sewentigs toe ek nog ‘n skoolseun was en Die Meisie (ek onthou haar naam, wil dit net nie hier opsit nie) en ek in die fliek gevry het. Ek was 15 en sy 14 en ons het lank en lekker gevry. Meesal omdat sy so lekker geruik het. Toe ek later by die huis kom het my ma so geruik, ruik in my rigting en my toe gevra waarom ek na Chanel No 5 ruik. Ek het nie mooi verstaan nie en sy’t toe verduidelik dat dit ‘n baie duur Franse parfuum is. Die Meisie (wie se naam ek regtig nog onthou) het dit seker by haar ma gekry of geleën. Ons het lank daarna nog gevry en sy’t altyd na Chanel No 5 geruik.

Toe lees ek ook eendag in Scope (vir die artikels gekoop natuurlik!) dat Bridget Bardot by die Cannes filmfees opgedaag het met ‘n pelsjas aan en toe iemand haar wat sy onder die jas aanhet, het sy geantwoord: Chanel No 5.

So het ek toe nou groter en wyser geword en agtergekom dat net Die Meisie (ja, daai een) en Bardot eintlik Chanel No 5 kon dra. Die res van die dames en meisies in my lewe moes maar gewoonlik met minder klaarkom. Revlon Moon Drops. Charlie. Of sommer ‘n “no name brand” van die Plaza af.

En parfuum is nou eenmaal ‘n meisie ding. Hulle beweer ‘n parfuum wat aan een slanke hals na die hemel ruik, aan ‘n ander ewe slanke hals na die hel sal ruik. Ek sal nie weet nie…

So ry ek toe nou verlede week deur die Vrystaat en luister na OFM – Die Musiek van jou Lewe! En daar luister ek toe ‘n baie lekker geselsprogram raak met die naam POV. Hulle voer onderhoude met Suid Afrikaners wat invloedryk is in ander wêrelddele. En so gesels hulle toe met ene Etienne (En sy van kan ek nou wragtag nie onthou nie…) ‘n Pretoria boytjie wat nou die baas is van ‘n Franse parfuumhuis met die naam – Etatlibredorange. Nou die van julle wat Frans magtig is sal weet dit beteken Oranje Vrystaat. (Go Cheetahs) Hulle bemark ‘n reeks eksotiese parfumms met name soos: Hotel Slet, Die Vet Elektrisiën, Manjifieke Uitskeisels… (www.etatlibredorange.com)

Ek het baie bewondering vir die Franse. Hulle kos is lekker, hulle maniere is vrot. Hulle wyn is heerlik, hulle stede vuil. Hulle lag lekker, hulle huil lelik. Maar wragtag… Hoe de donner kan ek nou by my geliefde opdaag met ‘n bottel parfuum genaamd Hotel Slet? Of die Vet Elektrisiën?

Gaan kuier gerus op hulle webwerf. Daar is ‘n Engelse weergawe beskikbaar en mens kan hulle parfuum by ‘n plek in Bobbejaansberg koop.

En sal die eerste dame wat ‘n bottel Vet Elektrisiën present kry asseblief foto’s op die blog plaas van hoe hy lyk na jy met hom klaar is… Groot Asseblief?