Gatvol

Mei 30, 2010 in Sonder kategorie

Gatvol

 

Loop ek toe nou Saterdagoggend by my bank in. Dis nou NEDBANK in Brooklyn. Al wat ek wou doen is om ‘n paar rand kontant te deponeer, want ek het ‘n kontant meevallertjie gehad. Vir twintig minute staan ek in die tou saam met 25 ander mense. Die bestuurderes skuif meubels rond. Daar is op Saterdagoggend, maandeinde, net twee tellers agter die glas. En almal staan op hete kole want almal is so haastig soos ek.

 

In ‘n stadium begin ‘n Duitse omie luidkeels kla en die bestuurderes los haar meubels en kom vra of iemand tjek deposito’s het. Drie mense het, en die res van ons staan maar verder.

 

Ek is nie uit eie keuse ‘n klient van Nedbank nie. Jare terug het hulle ‘n Amerikaanse doller tjek van my verloor. Die saak het in die hof gaan draai en ek is weg by hulle na Twenty Twenty toe. Lekker elektroniese bank met puik diens. Maar TT vou toe en ek het ‘n keuse. Betaal dadelik my oortrokke fasiliteit af en skuif na ‘n bank van my keuse toe, of laat toe dat hulle my skuif… Terug Nedbank toe.

 

Toe maak meneer Ackerman se winkel ‘n bank oop. Nou ek hou van Raymond en gaan toe dadelik na Pick and Pay GoBanking toe. Drie maande later maak hulle toe en skuif my weer… Nedbank toe.

 

Aldus staan ek nou in Nedbank en wag vir iets om te gebeur. Skielik spring die een teller op en verdwyn na agter. Nou is daar net een wat ons klomp kan help. En toe strip my moer.

 

Ek stap uit met die bestuurederes wat agter my aankom en om verskoning vra. Ek loop Standerd Bank toe, waar ek ‘n spaarrekening het. In Standerd Bank is daar ‘n teller agter elke venster. Daar is twee mense in die ry. Ek vul my depositostrokie in en sien daar is niemand meer in die ry nie. Stap na ‘n beskikbare teller toe, deponeer my geld en loop. Drie minute later…

 

More gaan ek my rekening by Nedbank sluit en ek gaan vir my ‘n rekening by Capitec oopmaak. Nedbank se moer.

14 antwoorde op Gatvol

  1. HeavyHenry het gesê op Mei 30, 2010

    Die banke is almal dieselfde – Standerd Bank het my Plusplan rekening weggemoer – met geld daarin – nou al jare terug, en dis onmoontlik om iemand te kry om iets daaraan te doen.

    “Kill a banker for Christ”

  2. Wag tot dit vir jou noodsaakllik is om na ‘n bank toe te gaan terwyl jy jou in Umtata bevind!!! Sewe uur die oggend kronkel die tou al op die sypaadjie af. Hoor nog net goed van Capitec. maar alle nuwe besems vee mos skoon.

  3. Neander het gesê op Mei 30, 2010

    Capitec is ‘n klein bankie van Jannie Mouton, ook genoteer. Maar hulle is besig om groot spronge te maak. Hulle gee beter rentes, maar ek weet nie of hulle tjekrekeninge het nie.

  4. maryke-anne het gesê op Mei 30, 2010

    Ek doen maar die FNB ding.

  5. louisna het gesê op Mei 30, 2010

    Instansies wat nie presteer nie moet in hulle moer gestuur word. Well done.

  6. Hulle is almal dieselfde. Die hele lot. Wens ek kon sonder hulle klaarkom. Useless spul!!

  7. plankloper het gesê op Mei 30, 2010

    Jip

  8. plankloper het gesê op Mei 30, 2010

    Tx

  9. plankloper het gesê op Mei 30, 2010

    Sal sien en terug raporteer.

  10. plankloper het gesê op Mei 30, 2010

    Sal laat weet.

  11. plankloper het gesê op Mei 30, 2010

    !!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  12. plankloper het gesê op Mei 30, 2010

    Ek sal julle op hoogte hou.

  13. plankloper het gesê op Mei 30, 2010

    gie gie gie!

  14. plankloper het gesê op Mei 31, 2010

    Klink my so. Dankie vir die inloer.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.