Maankind se uitdaging

Mei 18, 2010 in Sonder kategorie

Hy beur stadig dieper tot hy oor die rotsbank is. Nou weet hy dis nog net ‘n entjie tot sy voete weer gaan grond raak. Hy het die sandbank weke gelede al raakgesien en sy plan begin beraam.

 

-0-0-

 

Sodra hy op die sandbank is gaan hy regs draai en al met die kus aan loop tot oorkant die grot. Dan gaan hy die tien of vyftien meter swem, uitklim, die droë klere wat hy daar versteek het aantrek, sy sakkie met die geld om sy lyf vasmaak en opklim tot bo waar sy vir hom wag. Die kaartjies is bespreek, die motor wag in Jhb by OR Tambo en dan is dit net ‘n paar ure voor hulle Botswana ingaan. Daar wag nuwe paspoorte, met nuwe name en ‘n nuwe lewe…

 

-0-0-

 

Hy begin wonder of hy nie dalk by die verkeerde plek die see ingeloop het nie, want volgens sy beraming moes hy lankal die sandbank gehaal het. Hy swem nog ‘n paar tree, maar die medoënlose terugsuig van die branders druk hom algaande dieper die see in. Desperaat draai hy om. Hy sien die flitse op die rotse en probeer roep, maar ‘n brander se terugspoel maak sy mond vol water en hy verstik. Dan tref die kramp hom…

 

-0-0-

 

Bo-op die krans sit sy en wag vir hom. Maar later as die son opkom, besef sy iets moes verkeerd geloop het. Sy skakel aan en ry. More is nog ‘n dag… Sy sal moreaand weer kom wag.

 

 

16 antwoorde op Maankind se uitdaging

  1. louisna het gesê op Mei 18, 2010

    Pragtig Plankloper. Ek het ‘n ander angle gevat.

  2. plankloper het gesê op Mei 18, 2010

    Tx

  3. plankloper het gesê op Mei 18, 2010

    Dankie oudste, ek joune gesien. lmga

  4. plankloper het gesê op Mei 18, 2010

    Gebeur mos maar gewoonlik.

  5. louisna het gesê op Mei 18, 2010

    Thanks.

  6. plankloper het gesê op Mei 18, 2010

    Dis die lewe daai!

  7. plankloper het gesê op Mei 18, 2010

    Dankie G

  8. plankloper het gesê op Mei 18, 2010

    Tx

  9. Baie goed Plankloper!

  10. wynvdm het gesê op Mei 18, 2010

    Mooi man! Treffende slot!

  11. Angeliscious het gesê op Mei 18, 2010

    mmmm toe vang slim sy baas – goed geskryf x

  12. plankloper het gesê op Mei 18, 2010

    Dankie

  13. plankloper het gesê op Mei 18, 2010

    Baie dankie

  14. plankloper het gesê op Mei 18, 2010

    Tx

  15. ludwig.heuer het gesê op Mei 19, 2010

    ‘n Tragedie … of verdiende loon … baie goed …

  16. plankloper het gesê op Mei 19, 2010

    Dankie

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.