Die reuk van ‘n Cheetha ondersteuner?

Mei 1, 2010 in Sonder kategorie

 

Voor ons verder gaan wil ek dit net duidelik maak dat ek van parfuum so min as ‘n kat van safraan af weet. My eerste ontmoweting met parfuum was in die sewentigs toe ek nog ‘n skoolseun was en Die Meisie (ek onthou haar naam, wil dit net nie hier opsit nie) en ek in die fliek gevry het. Ek was 15 en sy 14 en ons het lank en lekker gevry. Meesal omdat sy so lekker geruik het. Toe ek later by die huis kom het my ma so geruik, ruik in my rigting en my toe gevra waarom ek na Chanel No 5 ruik. Ek het nie mooi verstaan nie en sy’t toe verduidelik dat dit ‘n baie duur Franse parfuum is. Die Meisie (wie se naam ek regtig nog onthou) het dit seker by haar ma gekry of geleën. Ons het lank daarna nog gevry en sy’t altyd na Chanel No 5 geruik.

Toe lees ek ook eendag in Scope (vir die artikels gekoop natuurlik!) dat Bridget Bardot by die Cannes filmfees opgedaag het met ‘n pelsjas aan en toe iemand haar wat sy onder die jas aanhet, het sy geantwoord: Chanel No 5.

So het ek toe nou groter en wyser geword en agtergekom dat net Die Meisie (ja, daai een) en Bardot eintlik Chanel No 5 kon dra. Die res van die dames en meisies in my lewe moes maar gewoonlik met minder klaarkom. Revlon Moon Drops. Charlie. Of sommer ‘n “no name brand” van die Plaza af.

En parfuum is nou eenmaal ‘n meisie ding. Hulle beweer ‘n parfuum wat aan een slanke hals na die hemel ruik, aan ‘n ander ewe slanke hals na die hel sal ruik. Ek sal nie weet nie…

So ry ek toe nou verlede week deur die Vrystaat en luister na OFM – Die Musiek van jou Lewe! En daar luister ek toe ‘n baie lekker geselsprogram raak met die naam POV. Hulle voer onderhoude met Suid Afrikaners wat invloedryk is in ander wêrelddele. En so gesels hulle toe met ene Etienne (En sy van kan ek nou wragtag nie onthou nie…) ‘n Pretoria boytjie wat nou die baas is van ‘n Franse parfuumhuis met die naam – Etatlibredorange. Nou die van julle wat Frans magtig is sal weet dit beteken Oranje Vrystaat. (Go Cheetahs) Hulle bemark ‘n reeks eksotiese parfumms met name soos: Hotel Slet, Die Vet Elektrisiën, Manjifieke Uitskeisels… (www.etatlibredorange.com)

Ek het baie bewondering vir die Franse. Hulle kos is lekker, hulle maniere is vrot. Hulle wyn is heerlik, hulle stede vuil. Hulle lag lekker, hulle huil lelik. Maar wragtag… Hoe de donner kan ek nou by my geliefde opdaag met ‘n bottel parfuum genaamd Hotel Slet? Of die Vet Elektrisiën?

Gaan kuier gerus op hulle webwerf. Daar is ‘n Engelse weergawe beskikbaar en mens kan hulle parfuum by ‘n plek in Bobbejaansberg koop.

En sal die eerste dame wat ‘n bottel Vet Elektrisiën present kry asseblief foto’s op die blog plaas van hoe hy lyk na jy met hom klaar is… Groot Asseblief?

20 antwoorde op Die reuk van ‘n Cheetha ondersteuner?

  1. wynvdm het gesê op Mei 1, 2010

    🙂

  2. HeavyHenry het gesê op Mei 1, 2010

    🙂 virrie vet sparkie.

  3. louisna het gesê op Mei 1, 2010

    Plankloper, as vredemaker het ek oor jare nogal baie van parfuum leer ken. Sorry, hierdie stukkie crowd dalk jou blog. vee uit as jy klaar gelees het.

    Ek en Frans roep die enkle geleenthede in die herinnering toe ons mekaar hier op einste Loftus raakgedrink het. Suppliers wat ‘n deal wil deurhaak nooi jou Loftus toe; trakteer jou op biltong en booze, en kroegmeisies met lae halse en ferm boudjies, maar ek en Frans ken die reëls, cleavage en skoorsoek rym nie, of is dit nou alleterasie of assonansie? Anyway hierdie kernbegrippe is skrikwekkend naby aan mekaar. Yes, ‘n koue skouer en weeklange emosionele snotklap vir ‘n klam lyf is dalk jou ergste lot as jy mammie weer sien, maar parfuum aan jou lyf, hei ouboet, dis ‘n waardige sinimiem vir die donkerste hel van die eerste lewe binne die geslotenheid van die heilige eg. Nederige beantwoording van onophoudelike vrae met oorbekende antwoorde sal jou eensaam lot wees vir die res van jou heteroseksuele lewe. Ons troos onsself by die berusting dat kyk nie sonde is nie, en die wit toppie en die misterieuse swart ragfyn kouse van ‘n metgesel bly in die oog. Sakkie, ons waardeer jou fyn waarneming, maar is jou kommentaar by Frans se foto: “rokjagter?” nie dalk so bietjie ‘n wye draai nie? Waar is jou logika Sakkie? Dink jy nie vir ‘n vlietende wyle soos die Evasgeslag nie? Ek dink onwillekeurig aan die wysgeer Prof PS Dreyer se inspirerende lesings in Logika. Alle honde eet vleis. Vlekkie is ‘n hond. Dus Vlekkie eet vleis. Vlekkie, jou hond!

  4. plankloper het gesê op Mei 1, 2010

    Kry ek nou so ‘n koue vreesrilling in my rug af…

  5. plankloper het gesê op Mei 1, 2010

    Dankie

  6. plankloper het gesê op Mei 1, 2010

    Dankie Ghaap!

  7. louisna het gesê op Mei 1, 2010

    Ek lei af dit is a.g.v bekendheid met die arena

  8. Angeliscious het gesê op Mei 1, 2010

    nee wat, ek bly maar by Beautiful – ek sal uit pure prinsiep niks aan my lyf spuit waarop slet staan nie 🙂

  9. plankloper het gesê op Mei 2, 2010

    En vet elektrician?

  10. plankloper het gesê op Mei 2, 2010

    Ek hoor jou!

  11. plankloper het gesê op Mei 2, 2010

    Presies!!!

  12. louisna het gesê op Mei 2, 2010

    Daai smal paadjie laat mens soms net effens skeef trap.

  13. plankloper het gesê op Mei 2, 2010

    Fyn trap in die pietersielie! Nee, ek doen dit liewer nooit weeer nie.

  14. louisna het gesê op Mei 2, 2010

    Jy’s so reg. Dis bloot net nie die moeite werd nie. Soms k.k mens nog vir jare af oor een mistrappie. Alle siektetoestande het gedokumenteerde terugvalle, behalwe beserings op die nou paadjie.

  15. plankloper het gesê op Mei 2, 2010

    Daarom vra ek voor ek gaan koop… En as sy vra vir Chanel No 5, dan hou ek verby.

  16. loudavisi het gesê op Mei 2, 2010

    Oscar de la Renta is my gunsteling.
    Maar helaas, geen reuke meer nie – behalwe skoon.

    Die allergiee neem by die dag toe.

  17. plankloper het gesê op Mei 3, 2010

    Kanniewaggie…

  18. louisna het gesê op Mei 3, 2010

    Sjoe, dit is nogal ‘n idee.

  19. plankloper het gesê op Mei 3, 2010

    Ja, dan moet mens maar seker wegbly!

  20. plankloper het gesê op Mei 3, 2010

    Lekker lag ek nou!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.