Vergifnis

April 29, 2010 in Sonder kategorie

 

Iewers tussen afkeur en aanvaarding het wellus (of dalk liefde?) oorgeneem.

 

Ek het haar die eerste keer gesien toe ek op die uitkyk was vir die ruiter van die voorste linies af. Sy’t op haar dak gestaan en haar hare gewas; haar lang donker lokke sorgvuldig gewas, uitgedraai, met ‘n doek droog gevryf en toe met olie ingekam. Sy kon my nie sien nie want ek het in die donker dieptes van my daktuin gesit in die koelte van ‘n tent.

 

Daarna het ek begin uitkyk vir haar as ek met my musiekinstrument versies en liedjies opmaak wat die skriba’s neerskryf vir die nageslag. Sy het op haar dak gebad, hare gewas en soms net in die rigting van die linies gesit en staar.

 

Haar lyf het by my begin spook. Die lang bene soos die van ‘n koordanser. Die omgekeerde driehoekie haartjies onder haar naeltjie. Die beweging van haar borste as sy met ‘n doek haar liggaam was en afdroog…

 

En sy was getroud.

 

Maar ek het haar laat kom en haar beveel om by my te lê. En iewers tussen afkeur en aanvaarding het wellus (of dalk liefde?) oorgeneem. En dit was goed.

 

Toe sy swanger word het ek haar man van die linies af laat kom en hom uitgevra oor toestande op die grens. Hy was ‘n sterk soldaat en het saaklik verduidelik dat ons besig was om die oorhand te kry, maar baie stadig. Toe het ek gesê hy moet huistoe gaan, maar die pligsgetroue gek het geweier en voor my deur op die grond geslaap. Ek het hom dronk gemaak, maar steeds het hy geweier om huistoe te aan. Sy makkers slaap dan in die veld. Hoe kan hy nou met ‘n skoon gewete by sy vrou gaan slaap?

 

Ek het hom terugestuur grens toe met verseëlde bevele aan sy bevelvoerder dat hy op die gevaarlikste plek ontplooi moes word. En toe het ek gewag. En elke aand het sy na my toe gekom…

 

Na ‘n week het een van my generaals self verslag kom doen. Soos gewoonlik het sy gesig niks verraai nie, maar ek kon die afkeur in sy stem hoor toe hy my vertal dat haar man die vorige dag gesterf het.

 

Laat haar na my toe kom” beveel ek die kamerheer.

 

Wie, U majesteit?”

 

Batseba”

 

En ek wonder of daar vergifnis kan wees vir iemand soos ek.

20 antwoorde op Vergifnis

  1. plankloper het gesê op April 29, 2010

    Yip. En die storie het my nog altyd gefassineer.

  2. katrina het gesê op April 29, 2010

    Hou van die menslike kant van ‘n bekende storie!

  3. plankloper het gesê op April 29, 2010

    Dankie

  4. Knap gedaan!

  5. louisna het gesê op April 29, 2010

    Pragtig. As jy daai omgekeerde driehoekie haartjies gesien het en meegevoer is, is jy vergewe.

  6. plankloper het gesê op April 29, 2010

    Dankie Thomas

  7. plankloper het gesê op April 29, 2010

    he he… Dankie Oudste!

  8. In vervoering…

  9. plankloper het gesê op April 29, 2010

    Ek dank u!

  10. Plankloper watse ge-U is dit met jou! Ek is die vloer van common en die dak van intelek…U is oordrewe en pynlik.xxx

  11. kerneelsie het gesê op April 29, 2010

    Baie mooi geskryf. Daar is altyd vergifnis. Maar mens wonder soms, as jy jouself nie kan vergewe nie, is jy dan werklik vergewe?

  12. plankloper het gesê op April 29, 2010

    Dankie. En ek dink jy’s reg. Dit begin by jouself.

  13. plankloper het gesê op April 29, 2010

    Dankie

  14. plankloper het gesê op April 29, 2010

    Dankie. Ek sal gaan soek. Die ou wat “Catch 22” geskryf het, het ook ‘n boek oor Dawid en Batseba geskryf. Kan nie die titel onthou nie, maar was vrek mooi.

  15. plankloper het gesê op April 29, 2010

    “Figure of speech!” en ek weet jy’s die dak van die intellek. Maar die vloer? Nee, nie jy nie…

  16. Dankie vir die kompliment nou voel ek sommer stukke beter.;-))

  17. plankloper het gesê op April 29, 2010

    DAAR is die knoop. Sukkel al jare om daai een te verstaan!

  18. plankloper het gesê op April 29, 2010

    Jy’s reg Rienkie

  19. beeps het gesê op April 30, 2010

    Ek dink Batseba het hom verlei – hy het dit net nie geweet nie. Tipies man… of is dit tipies vrou…
    Sy was seker ook maar lonely ook maar lus – het goed geweet dat hy daar bly én dat hy uitsig het op haar daktuin. En NIKS maak ‘n man so stupid as ‘n belustigte vrou nie…

  20. plankloper het gesê op April 30, 2010

    Ek dink dis net tipies… Joseph Heller (Catch 22)het ‘n boek oor die twee geskryf en volgens hom was dit beslis sy wat vir Dawid verlei het. Maar ek is nie so seker nie… Ou Dawie was ok maar ‘n kabouter…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.