Jy blaai in die argief vir 2010 April.

Die Manne wat na bokke staar

April 30, 2010 in Sonder kategorie

Gisteraand is ek genooi na ‘n voorskou van die nuwe rolprent “Men who stare at goats” met George Clooney, Ewan McGregor, Jeff Bridges en Kevin Spacy.

Hmmm…

Wat gebeur as jy ‘n spesmagsoldaat, wat op sy kop geval het en gesigte gesien het, ‘n onbeperkte begroting gee om ‘n spesmageenheid op die been te bring wat spesialiseer in “Psigiese oorlog” – met die uitsluitlike doel om ‘n einde aan alle oorloë te bring? Jy kry “Men who stare at goats….”

McGregor is ‘n joernalis wat Irak toe gaan op soek na “Die Groot Storie” nadat sy vrou hom gelos het vir ‘n kollega met ‘n kunsarm. Hy ontmoet vir Lyn (Clooney) toevallig in sy hotel in Saudië en die twee reis saam na Irak. Op pad begin die storie ontvou oor hoe Lyn sy Psigiese Oorlogvoeringsopleiding onder Kolonel Django (Bridges) ontvang het, hoe die eenheid ontstaan het en wat later gebeur het.

By tye is die fliek skreeusnaaks, en soos dit ‘n goeie fliek betaam, by tye nogal hartseer. Daar is lekker snaakse verwysings na ander flieke, wat mens maklik kan mis: Silence of the goats… En McGregor word heeltyd verseker dat hy dit het wat nodig is om ‘n “Jedi Knight” te word. (Hy was natuurlik Obi One Kenobi in die Star Wars rolprente) Baie verwysings na Timothy Leary en die LSD kultuur en die hippie era van die sestigs.

Bridges, ‘n akteur wat ek al van 1974 volg, is briljant as die hippie kolonel Django. McGregor, ‘n Skotse akteur, speel die Amerikaanse joernalis soomloos en by tye baie snaaks, veral as hy paniekerig raak oor die feit dat hy dalk geskiet kan word. En Clooney is baie, baie snaaks sonder om ooit in ‘slapstick’ te verval. Hy wissel ook maklik tussen verskillende ouderdomme, van jonk tot middeljarig en oud.

Die een terleurstelling is Spacy. Hierdie begaafde akteur lyk asof hy net die pas markeer, en alhoewel hy ‘n ondankbare rol vertolk, kon hy darem sekerlik harder probeer het! Bygesê… Sy selfmoordpoging was, vir my altans, skreeusnaaks. Maar een toneel maak nie ‘n moewie nie.

Die fliek sal eersdaags in teaters landwyd vertoon word, en ek het ‘n spesmaas dit gaan, of ‘n hiper-populêre kultusaanhang ontwikkel, of dit gaan vinnig van die skerms af verdwyn.

So, as jy hy van slim en pittige draaiboeke met baie verwysings na ander flieks en die geskiedenis, is die een vir jou. As jy nie hou van “quirky” humor nie, gaan die nie jou koppie tee wees nie. Ek vermoed as jy van Britse humor hou gaan jy die fliek geniet.

Men who stare at goats: Met George Clooney, Ewan McGregor, Jeff Bridges en Kevin Spacy.

Vergifnis

April 29, 2010 in Sonder kategorie

Iewers tussen afkeur en aanvaarding het wellus (of dalk liefde?) oorgeneem.

Ek het haar die eerste keer gesien toe ek op die uitkyk was vir die ruiter van die voorste linies af. Sy’t op haar dak gestaan en haar hare gewas; haar lang donker lokke sorgvuldig gewas, uitgedraai, met ‘n doek droog gevryf en toe met olie ingekam. Sy kon my nie sien nie want ek het in die donker dieptes van my daktuin gesit in die koelte van ‘n tent.

Daarna het ek begin uitkyk vir haar as ek met my musiekinstrument versies en liedjies opmaak wat die skriba’s neerskryf vir die nageslag. Sy het op haar dak gebad, hare gewas en soms net in die rigting van die linies gesit en staar.

Haar lyf het by my begin spook. Die lang bene soos die van ‘n koordanser. Die omgekeerde driehoekie haartjies onder haar naeltjie. Die beweging van haar borste as sy met ‘n doek haar liggaam was en afdroog…

En sy was getroud.

Maar ek het haar laat kom en haar beveel om by my te lê. En iewers tussen afkeur en aanvaarding het wellus (of dalk liefde?) oorgeneem. En dit was goed.

Toe sy swanger word het ek haar man van die linies af laat kom en hom uitgevra oor toestande op die grens. Hy was ‘n sterk soldaat en het saaklik verduidelik dat ons besig was om die oorhand te kry, maar baie stadig. Toe het ek gesê hy moet huistoe gaan, maar die pligsgetroue gek het geweier en voor my deur op die grond geslaap. Ek het hom dronk gemaak, maar steeds het hy geweier om huistoe te aan. Sy makkers slaap dan in die veld. Hoe kan hy nou met ‘n skoon gewete by sy vrou gaan slaap?

Ek het hom terugestuur grens toe met verseëlde bevele aan sy bevelvoerder dat hy op die gevaarlikste plek ontplooi moes word. En toe het ek gewag. En elke aand het sy na my toe gekom…

Na ‘n week het een van my generaals self verslag kom doen. Soos gewoonlik het sy gesig niks verraai nie, maar ek kon die afkeur in sy stem hoor toe hy my vertal dat haar man die vorige dag gesterf het.

Laat haar na my toe kom” beveel ek die kamerheer.

Wie, U majesteit?”

Batseba”

En ek wonder of daar vergifnis kan wees vir iemand soos ek.

Dinge wat ons nooit geweet het nie

April 25, 2010 in Sonder kategorie

Die Internet is ‘n eindelose bron van gevaarlike en nigseggende informasie. Fassinerend! Opwindend en skrikwekkend. Gister soek ek na informasie oor tuishysbakke. “Home elevators” En toe kom ek op die juweeltjie af…

8% of librarians have had sex in an elevator.

Nou vra ek jou met trane in my oe….

Die regte man

April 19, 2010 in Sonder kategorie

Na aanleiding van verskeie bloggers se soeke na die regte lewensmaat (of dalk net bedmaat) die volgende:

A girl can wait for the right man to come along but in the meantime that still doesn’t mean she can’t have a wonderful time with all the wrong ones.

Cher.

Vir die SMK

April 18, 2010 in Sonder kategorie

Hier’s ‘n stukkie prettigheid vir die van julle wat dit oorweeg om die Geliefde later vandag tot ‘n SMK te orreed…

He kissed the plump mellow yellow smellor

melons of her rump, on each plump

melonous hemisphere, in their mellow

yellow furrow, with obscure prolonged

provocative melonsmellonous osculation

James Joyce

Geniet!

Drie dinge

April 17, 2010 in Sonder kategorie

THREE THINGS ABOUT ME:

  1. Ek kan baie goed perd ry maar doen dit te min.
  2. Op skool was ek ‘n landswye debatskampioen
  3. Ek speel trompet

A THREE NAMES I GO BY :

  1. Perd
  2. Boeta
  3. Lovelet

B THREE PLACES I’VE BEEN: 

  1. Griekeland
  2. Gariep
  3. Gharies

C THREE THINGS I LOVE TO WATCH :

  1. Die see
  2. Rugby
  3. Die wegstap van ‘n vrou in ‘n stywe broek

D THREE PLACES I HAVE LIVED: 

  1. Parow
  2. Simonstad
  3. Johannesburg

E THREE PEOPLE WHO EMAIL ME REGULARLY: 

  1. Monica, my boekhouer
  2. My produksiehoof
  3. My ma

F THREE THINGS I LOVE TO EAT: 

  1. Biltong
  2. Meang Kum
  3. Skaapkop

G THREE PEOPLE I THINK WILL RESPOND: 

Jy, jy en jy (ja, JY) 😉

(Ek kan nie op Droomkind verbeter nie!)

H THREE THINGS I’M LOOKING FORWARD TO: 

  1. Die Leeus gaan ‘n Super 14 wedstryd wen.
  2. Julius Malema gaan op sy moer kry
  3. Ek gaan eendag weer ‘n salaris kry en nie net kontrakwerk doen nie.

Gedagte vir die dag

April 16, 2010 in Sonder kategorie

But all my life I have been attracted to “nice ” girls, the kind you aren’t supposed to “do it” to… And they, too, have been brought up, at least in my generation, thinking that they shouldn’t “do it” either. How “it” ever gets done between nice people is a mystery to me.

ALLAN SHERMAN

Vier vroue.

April 15, 2010 in Sonder kategorie

Ek en die Rooikop is gister 25 jaar lank met mekaar getroud. Dis ‘n leeftyd. En ons is geseën met 3 seuns wat elkeen besondere talente het. En ons bly in ‘n lekker groot huis met ‘n pragtige tuin. (Haar skuld… Ek raak nie aan plante nie, behalwe as mens hulle kan eet.)

En toe vat ek haar gisteraand uit vir ete. Lekker. (Terloops, sy’t vergeet. Ek moes HAAR herhinner… Lekker kry ek nou!)

Aan tafel het die gesprek lekker gevloei oor die seuns, die planne… Die planne vir more, die planne van gister… En ek kyk diep in haar oë en kry ‘n rilling van plesier teen my ruggraat af. Na 25 jaar kan sy my nog steeds laat spring van lekkerkry. Ek en sy dans nog steeds soos tieners en ons kuier nog steeds ‘n hond uit ‘n bos uit. Ek is geseënd. Mildelik. En daarvoor is ek dankbaar…

Een van my seuns sien ‘n foto van ‘n bekende diva in een van die Oudshoorn feeskoerante wat ek saam met my teruggebring het en vra so skaam-terloops of ek regtig in ‘n stadium met die vrou uitgegaan het. En so dink ek toe nou aan hoe anders alles kon gewees het as ek anders gekies het, of as omstandighede nie my gedwing het om te kies nie.

Daar’s baie meisies en vrouens in my lewe en in my verlede. Met meeste van hulle is ek nog op goeie voet en trouens baie van hulle kuier gereeld by ons. (Die Rooikop is spesiaal) Maar daar is vier wat ek onthou, met wie ek sou kon trou. Of wou trou.

Die eerste een was ‘n pragtige donkerkop met ‘n pikante lyfie en die gesig van ‘n madonna. (Die godsdienstige een, nie die een wat sing nie) Maar tussen daai heilige oortjies was ‘n brein wat baie gehou het van Die Donker Daad van die Nag. Ek was in die Vloot en sy was nog op skool, maar sy’t my dinge geleer wat ek nou nog onthou. En dit alles in die voorhuis terwyl haar ouers net ‘n entjie in die gang af slaap. Sy’t later, na ek die Vloot vaarwel toegeroep het, Johannesburg toe gekom en by RAU ingeskryf om naby my te wees. Toe ek Johannesburg verruil vir die Jakarandastad om op TUKS te studeer het sy opgeskop en werk gekry in Pretoria om naby my te wees. Haar ouers is intussen oorgeplaas vanaf Vishoek na Pretoria en so in my eerste jaar het ek begin planne maak om te trou. Sy was steeds entoesiasties, steeds verlief op my en steeds woelig met die dinge van die lyf. En ek het lustig saamgedoen… En toe word haar ouers verplaas Pietermaritzburg toe en sy gaan saam en begin daar swot om onderwyseres te word.

Op haar volgende verjaardag ry ek Natal toe om haar te verras. En ék kry toe die verassing…

Ek moes seker ook geweet het dat die lyfie waaraan ek so mildelik gesmul het nie vir lank sonder bevrediging sou kon klaarkom nie… Eina.

Ek het haar eenkeer, jare later in ‘n restaurant gesien saam met ‘n man en sy’t haar glasie op my gelig toe sy my oog vang – met ‘n effense glimlaggie.

Terug op Varsity was dit die diva se beurt. Sy was toe nog totaal onbekend, maar haar reuse talent was reeds duidelik vir almal om te sien. En ons het almal aan haar voete gelê in bewondering. En vir een of ander duister rede het sy vir my, twee jaar haar junior, gekies. En ek was verblind. Vir twee jaar. Ek het haar ouers gaan ontmoet, die ja-woord gevra en gekry, en haar stem, haar bene, haar hande en haar talent aanbid. Maar die son laat nie toe dat Ikarus te naby vlieg nie en my vlerkies het gesmelt en in haar terleurstelling in my tekortkominge het sy begin krap aan my psige. Deur my patetisie pogings om haar gelukkig te maak het ek haar net meer irriteer tot sy een aand, goddank, vir my in my moer gestuur het. Eina.

Ek sien haar gereeld – op ‘n veilige afstand – en hoor gerugte oor haar en is dankbaar dat ek haar geken het, maar nog meer dankbaar dat sy my laat gaan het.

Die volgende Punt van my Hart was een van ‘n gemengde tweeling en haar broer het my ontmoet en teësinnig vir haar gesê, ek is nie te sleg nie. (Dit was niks in vergelyking met wat sy meisies moes ly onder haar vergrootglas nie!) Ons verhouding was gemaklik. Sy was ‘n ballerina wat net te lank geword het om prefessioneel te dans en het dus die kunste – waarin ek teen die tyd besig was om my merkie te maak – goed verstaan. Ons het goed oor die weg gekom, saam oorsee gaan vakansie hou, saam die land platgery, partykeer op ‘n motorfiets, partykeer per trein, partykeer in ‘n motor. Sy was ewe gelukkig in ‘n tent as ‘n vyfster hotel.

En dit was goed.

En toe gaan ek Kaap toe op ‘n kontrak. Voor ek ry het ek haar grappenderwys gemaan om nie op iemand anders verlief te raak terwyl ek weg is nie, maar dis presies wat sy gedoen het. Ek het teruggekom om haar te vra om met my te trou en op pad terug van die lughawe af het sy my vertel dat sy gaan trou met iemand anders. Eina.

Sy is nog met hom getroud en hulle het twee kinders en ons loop mekaar elke nou en dan raak en dan gesels ons oor haar familie en ons kinders en dis lekker.

En toe gaan ek deur ‘n tydperk waar ek nogal gewoeker het. Op soek na professionele sukses, op soek na seks, op soek na bevrediging. Die nagte was te lank, my huis te alleen, die meisies in my omgewing te gewillig of nie gewillig genoeg nie.

My ontmoeting met die Rooikop het my lewe gered want ek was in ‘n spiraal van whisky, werk, seks en whisky. En die whisky was besig om te wen.

Dit was by ‘n werksgeleentheid wat deur haar georganiseer is vir die motorfirma waar sy gewerk het. Ek was ‘n genooide omdat die mense wat hulle eintlik daar wou gehad het, dit nie kon maak nie. Sy’t ‘n maroen rok aangehad waarvan die moue met twee silwer halfmaantjies versier was. Sy’t rooi hare gehad met blou-groen oë en was heel aand fyntjies geamuseerd deur my pogings om haar te beïndruk. Maar ek het haar werksnommer gehad!

Deur die volgende twee weke het ek alles probeer, maar sy was eenvoudig net te besig. En toe kry ek twee kaartjies na Loftus toe, en wonder bo wonder stem sy in om saam met my te gaan.

Ek kan nie eers onthou wie het gespeel nie. Na die wedstryd het ons Sjinese kos gaan eet en toe het sy my versigtig na haar woonstel toe genooi. Ek het nooit weer geloop nie. Ek was in my sewende hemel.

Ek is nog steeds. Na 27 jaar saam met haar. Eina, maar ek is ‘n gelukkige donner. En ek dink Kris Kristoffersen se liedjie is beslis op my van toepassing.

What have I ever done, to deserve even one, of the blessings I’ve known…

Die Feesbees het geval!

April 11, 2010 in Sonder kategorie

Ek was nog altyd die legendariese Feesbees (party animal) van die verskeie kunstefeeste in ons land. Niemand kon nog by my kers vashou as dit by laatnag-kuier-vroeg-opstaan-vir-werk kom nie. Ek was die koning. Plein en simpel…

Kom aan KKNK 2010!

Ek werk die jaar aan twee projekte – ‘n vulletjie. ‘n Paar jaar gelede het ek in Grahamstad aan VIER projekte gewerk en die nagte deurgedans (by wyse van spreke…)

Hierdie jaar het ek egter baie gou besef dat die jare sy tol geëis het. Saam met my is ‘n klomp jonger mense wat nog nie dertig gesien het nie. Ek belowe hulle al vir die laaste drie weke dat ek hulle mooi sal leer hoe om te kuier. Die Feesbees vattiekakie… Maar oooo weewee…

Hoe het die helde geval…

Dag een ry ek en ‘n kollega deur van Pretoria af Oudshoorn toe. Dag twee trek ons in ons eerste venue in. Aand van dag twee gaan slaap ek vroeg. Dag drie begin die werk. Dit gaan goed en ons besluit vannaand is partytjietyd. Ons betrek ‘n plek buite die dorp waar daar opelugvertonings aangebied word. Heerlik!

Die eerste probleem is dat meeste van die kuierplekke ‘n ooreenkoms geteken het om net Brandhouse produkte aan te hou. Aldus kan ek nie Zamaleks kry nie en moet ek Windhoek of Amstel drink. My whisky hou hulle ok nie aan nie en ek moet Klokkies by my sodawater gooi eerder as Jakkals en Bolf.

Maar ek is nie ‘n sissie nie en as die groot kuier tussen my blaaie kom lê kan ek dit met enige voggie doen. Ons kyk so tussen die kuiery deur na Taraboemdery wat deur Albert Maritz gereggiseur is en dis voortreflik. Daarna ontmoet ons ou drinkebroers en toe word ons dors. Ons eindig met ‘n “drag show” – Mincing in the Klein Karoo. Nie my koppie tee nie, maar baie prettig.

Ons verkas dorp toe om verder te kuier, maar doen eers by die plaas aan, waar ons bly, om iets warmer aan te trek. Daar verras ek almal, myself ingesluit, as ek sê, ek gaan nie verder kuier nie, maar gaan eerder slaap…

Dag vier gaan goed en ek eet aandete op die plaas waarna ek bietjie TV kyk voor ek gaan slaap. (Ons het immers met ons tweede projek afgeskop terwyl die eerste een nog loop!)

Dag vyf gaan slaap ek vroeg. Dag ses verloor ek my stem – iets wat nog NOOIT met my gebeur het nie. Dag sewe kom die Rooikop aan om my by te staan. Dag agt maak ons klaar en dag nege ry ek en die Rooikop terug…

Dag tien slaap ek byna heeldag en nou sit ek hier en skryf die erbarmlike storie aan my blogvriende.

Sien julle die man? Hy was eens op ‘n tyd ‘n legende gewees…

Sjeim.