Vir Therina – Brusselse Spruite wat selfs kinders sal eet.

Februarie 9, 2010 in Sonder kategorie

Al julle bloggers wat Brusselse Spruite nie kan uitstaan nie. Die’s vir julle ook.

APPEL, BRUSSELSE SPRUITJIES AND RAAP DEURMEKAARKOS

Tyd: 40 minute

10 repies dik swoerdlose spek
Growwe sout
500 gram Brusselse spruitjies in kwarte gesny
3 1/2 eetlepels ongesoute botter
2 Granny Smith appels, geskil, pitte verwyder en 10mm snye gesny
1/3 koppie appelasyn
1 lekker groot raap, geskil en in blokkies gesny. (Moet omtrent dieselfde hoeveelheid as die spruitjies wees)
Wit peper
Knypie suiker

 

1. Braai die spek tot bros. Laat vet dreineer op papier, breek in stukkies en sit eenkant. Bring ‘n groot pot gesoute water (ongv. 5 liter) tot by kookpunt en blansjeer die spruitjies vir twee minute. Haal uit, dreineer en doop in yswater. Dreineer en plaas eenkant.

 

2. Smelt 1 ½ eetlepels botter in ‘n groot braaipan oor gematigde hitte. Braai die spruitjies tot dit begin bruin word. (ongv. 5 minute) Sit eenkant, voeg nog ‘n eetlepel botter by en braai die appleskywe tot goudkleurig. Sit eenkant.

 

  1. Gooi 1/3 koppie appelasyn in die braaipan. Op lae hitte voeg die raap by. Sout na smaak en kook saggies tot raap sag is. Voeg bietjie water by indien nodig. (3 tot 4 minute) Voeg spruite by en kook. Roer gereeld. (nog 2 tot 3 minute) Vou nou die appels in, saam met die peper en suiker. Laat dit deurwarm word en vou dan die spekstukkies in. Proe die raap en sit sout, peper en suiker na smaak by. Dit moet sout en suur proe en net effens soet.

 

As jy een van daai mense is wat nie van Brusselse spruitjies hou nie, gaan die een jou bekeer!

8 antwoorde op Vir Therina – Brusselse Spruite wat selfs kinders sal eet.

  1. Bietjie kompleks maar altyd die moeite werd.
    NS. Wie’s Hilda?

  2. Koud is hy net so lekker.

  3. Mmmmmmmm lip lek lekker!

  4. Natuurlik! Sorrie. Ek het bietjie vergeet van haar. Vandat Neef Gert en sy pop nie meer daar is nie, kyk ek nie meer nie.

  5. In my lewe het ek nog nooit ‘n raap in ‘n winkel gesien nie. Waar sal ek ‘n raap kry?

  6. Gaan groentewinkel toe en dan vra jy die omie (gewoonlik ‘n Portugeus) vir ‘n raap of “turnip” in Engels. (Ek weet nie wat dit in Portugeus is nie)

  7. Klink alles lekker behalwe Brusselse spriutjies.

  8. In die dis word die spruitjies os verdoesel dat almal dit eet.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.