Vir Anha

Februarie 8, 2010 in Sonder kategorie

Chasen’s is al vir 60 jaar ‘n bekende restaurant in Hollywood. Een aand het die kinderster, Shirley Temple, saam met haar ouers daar gaan eet. Voor ete het die grootmense toe elkeen ‘n mengeldrankie bestel. Shirley wou ook saamdrink en toe maak die kroegman vir haar hierdie drankie. Sy is een van net twee mense na wie ‘n drankie in Chasen’s vernoem is. Shirley Temple-Black is deesdae ‘n ambassadeur vir die VSA.

5 dele gemmerlim (ginger ale)

1 deel Grenadine

1 skyfie lemoen

Marachino kersie

Ys.

Sit ‘n paar blokkies ys in ‘n lang glas. 

Gooi die gemmerlim en Grenadine by en roer.

Maak nou die glas vol ys.

Sit ‘n kersie in die drankie en bedien met ‘n lemoenskyfie aan die rand van die glas.

Guaranteed not to cause a hangover!

4 antwoorde op Vir Anha

  1. Die punt is juis dat die ‘n dop sonder skop is… Maar as jy nou soos ek oor die ding voel kan ‘n bietjie vodka seker net die ding ‘n effentjies opkikker…

  2. Plesier Anha!

  3. zephur het gesê op Februarie 10, 2010

    En vir ons ander kan ons ‘n vodkatjie bygooi

  4. Mits jy belowe om jou te gedra, daarna…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.