Vir Dalla se Pa. Sommer net oor ek jou wyshede so geniet.

Februarie 7, 2010 in Sonder kategorie

Geniet dit!

Biltong en pampoen (of butternut) toebroodjies

Bestanddele
125 ml pampeon of butternut, gekook en fyn gedruk
125 ml pecorino kaas, dun gerasper 
125 ml maaskaas
vars tiemie gekap 
swartpeper na smaak 

klam biltongskyfies 
8 snye bruin brood 

Metode:

 

Meng pampoen, kaas en tiemie saam.

Sout en peper na smaak en sit in yskas tot reg is om te bedien
(Dit sal vir ‘n paar dae in die yskas hou)

Smeer die pampoen oor vier sny brood en sit die biltongskyfies bo-oor
Sit die andwer snye brood bo-oor en sny in driehoekies
Dit maak ‘n lekker ligte ete saam met slaai (of as jy voel jy moet jouself ‘treat’)

 

7 antwoorde op Vir Dalla se Pa. Sommer net oor ek jou wyshede so geniet.

  1. Ek dank U!
    :-)))

  2. Geniet!

  3. Lekkkker!

  4. Klink heerlik. Het jy al ‘n pampoen rol geëet? Met lekker soet karamel sous, of ‘n sout suurlemoen sous.
    Lekker honger is ek nou so tussen jou broodjies en DSP se vleis inskrywings.

  5. Hoe maak mens die pampoenrol?

  6. Mens bak ‘n gewone swiss roll(vanilla) en doen presies dieselfde as wat jy sou doen met die konfyt. Alhoewel jy nou net fyn gedrukte pampoen(ek sit die pampoen gewoonlik deur ‘n voedsel verwerker om dit ‘n fyn, fyn smeer te maak) opsmeer en hom dan oprol.
    Saam met dit kan jy iets soos ‘n lemon curd bedien, of dan ‘n caramel vla sousie. En, so snaaks soos dit mag klink, bedien jy hom saam met die rys, vleis, aartappel en… Wel, seker nie NOG pampoen nie. hehehe
    Dis nie ‘n nagereg nie.

  7. Dankie. Net more…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.