N.a.v die lekker ‘army’ blog wat Sahmur gister gepos het – Contraband

Februarie 7, 2010 in Sonder kategorie

Ek het daai storie baie geniet. Hoop jy geniet die!

 

KONDENSMELK BESKUIT:

 

1kg bruismeel 125ml suiker

500ml semels 250ml volkoringmeelblom

150ml sesamsaad 150ml sonneblomsaad

15ml bakpoeier 5ml sout

2 eiers, geklits 500ml karringmelk

397g kondensmelk 450ml botter gesmelt

 

Plaas droë bestanddele in ‘n mengbak en meng goed. Voorverhit oond tot 180C. Maak ‘n holte in die middel en voeg die eiers, karringmelk, kondensmelk en botter by en meng goed. Smeer 3 middelslag broodpanne met botter. Verdeel mengsel tussen panne en maak gelyk bo-op. Bak sowat 45 minute lank by 180C of tot goudbruin en deurgaar. Laat vir 5 minute in panne afkoel, keer versigtig uit en laat heel temal afkoel. Sny beskuit in vingers en pak effens uitmekaar op bakplate. Laat oornag in ‘n koel oond (60-70C) uitdroog. Plaas ‘n lepel in die oonddeur sodat die vog kan ontsnap.

 

6 antwoorde op N.a.v die lekker ‘army’ blog wat Sahmur gister gepos het – Contraband

  1. louisna het gesê op Februarie 7, 2010

    Plankloper, jy laat die spore van ‘n kenner in die kombuis. Well done

  2. Blikskottel, die een moet ek probeer…of vroulief dwing om te probeer.

  3. Gaan ‘opdrag’ gee dat die enetjie gebam moet word … sal kom rapporteer!

  4. Doen so!

  5. Ek was in die Vloot. Ons HET!

  6. Wat nie vet maak nie maak dood. En die goed maak nie dood nie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.