Vir Ouboet, met die naderende winter – en natuurlik al die ander wat hou van eet

Februarie 5, 2010 in Sonder kategorie

Melkkos

 

Bestandele

2 liters melk
400 ml meel
’n Knippie sout
1 etlepel botter
1 kaneelstokkie
Kaneelsuiker

Aanwysings

Sif meel en sout saam en vryf die botter in. Laat melk kook saam met die kaneelstokkie. Voeg die meelmengsel by en klits – moenie skrik as dit klonte maak nie, dit moet! As dit lekker dik en klonterig is, sit die deksel op en laat prut vir 5 – 8 minute. Dit brand maklik so hou die hitte laag. Bedien lekker warm met heuning, stroop of kaneelsuiker.

Vir laataand voor die tv as jy kanaal 184 kyk

11 antwoorde op Vir Ouboet, met die naderende winter – en natuurlik al die ander wat hou van eet

  1. Ek is mal oor die smaak van kaneel,maar omdat ek as koshuiskind ‘n oordosis melkkos en snysels gekry het,kan ek dit nie uitstaan vandag nie.

  2. fiemies het gesê op Februarie 5, 2010

    “Op kanaal 184 kom die melk in sulke oulike houertjies” – my man se kommentaar.

  3. Sorrie… Maar ek vermoed die een is bietjie beter as koshuiskos.

  4. Opmerksame man!

  5. Hoeka die resep by my ma gekry

  6. louisna het gesê op Februarie 5, 2010

    Thanks Plankloper. Ek is mal oor melkkos en sal beslis jou resep probeer.

    En het my grootste talent vroeg in my lewe reeds bemeester: Die verorbering van lekker kos.

    Ek sal nooit eerste in die ry gaan staan by ‘n buffet-ete nie. Ek is bang iemand iemand sê: Kyk daai groot moer. Netnou vreet hy al die kos op.

  7. o my gunsteling darem lekker so op ‘n koue wintersaand

  8. Klink my ons het dieselle probleem.

  9. Jammer om dit te hoor.

  10. Jip. En so maklik!

  11. louisna het gesê op Februarie 5, 2010

    Lyk my so.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.