Vir Modderkoekie – as sy nou RERIG huistoe verlang!

Februarie 5, 2010 in Sonder kategorie

Skurwejantjies

 

875ml suiker

400g hoë vet margarien

75ml stroop

5 x 250ml koekmeelblom

5 x 250ml klapper

5 x 250ml hawermout

5ml kaneel

10ml sout

5ml gemmer

5ml fyn neut

3 eiers geklits

20ml koeksoda

60ml melk

 

Metode

 

Voorverhit die oond na 180°C. Smeer bakplate

Room die suiker en smeer en voeg die stroop by. Voeg nou alle droë bestanddele behalwe koeksoda by. Voeg die eiers by. Los die koeksoda in die melk op en voeg dit ook by die mengsel. Maak okkerneutgrootte balletjies en druk dit plat op die bakplaat. Bak tot goudbruin.

 

Werk lekker saam met melkerige koffie of tee!

7 antwoorde op Vir Modderkoekie – as sy nou RERIG huistoe verlang!

  1. Joune kom ok nog…

  2. aaaaaaaaaaah….ek is mal oor skurwejantjies en Hertzoggies,yum.
    Dankie vir die resep,ek gaan dit beslis probeer.

  3. Laat weet wat jy dink!

  4. Wag tot jy sien wat ek vir jou beplan, Warrior Woman!

  5. Ek sal fotos neem :0)

  6. Vra en jy sal kry…

    SKURWE ABRAHAMS (weet nie waar die naam vandaan kom nie)

    650 g koekmeelblom 15 ml kremetart
    12,5 ml sout 400 g suiker
    250 g botter, by kamertemperatuur, 250 ml karringmelk
    10 ml koeksoda 1 eier
    Voorverhit oond tot 200C. Smeer ‘n rolkoekpan van 45x30x2cm of bespuit dit met kleefwerende middel. Sif die koekmeeblom, kremetart en sout saam. Voeg die suiker by en meng. Vryf die botter met die vingertoppe in die meelmengsel in totdat dit fyn gekrummel is. Meng 25 ml van die karringmelk met die koeksoda. Voeg dit by die meelmengsel. Klits die res van die karringmelk en die eier saam. Hou 25 ml van die mengsel om oor die beskuit te verf en voeg die res by die meelmengsel. Meng goed tot ‘n deeg. Verdeel die deeg in 8 ewe groot stukke. Fatsoeneer elke stuk op ‘n meelbestrooide deegplank om ‘n wors van 28 cm en druk dit effens plat. Sny elke wors in 4 ewe lang stukke. Plaas die stukke effens uitmekaar in die pan. Verf die oorblywende 25 ml karringmelk-en-eiermengsel oor die beskuite. Bak hulle sowat 30 minute of tot gaar op die middelste oondrak. Laat die beskuite effens afkoel, breek hulle oop en droog in ‘n koel oond uit.

    Geniet!

  7. Laat weet as jy geproe het!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.