Reseppie vir Zeppie – en natuurlik al die ander bloglanders wat hou van lekker eet.

Februarie 5, 2010 in Sonder kategorie

 

Begin met varkvleis. Enige snit sal doen solank daar ‘n redelike mate vet aan is.

Sny die vleis in klein blokkies.

Sit die bene, vel en vet in ‘n swaar braaipan en bak tot al die geur en sappe uitgekook is.

Skep die bene, vel en vet uit maar los die sous. (Ek los partykeer die vel en vet in, maar dis jou keuse en jou kolesterol)

Sit nou die blokkies vleis in die pot en braai tot bruin.

Vat nou ‘n lekker groot veselperske of twee, skil hom af en sny die vleis van die vrug in blokkies. Meng dit met die verbruinde vleis.

Gooi ‘n lekseltjie onverdunde, gekonsetreerde vrugtesap oor die spulletjie en sit in die oond teen ‘n matige hitte. (As jy lemoensap gebruik, maak seker dis versoet. ENIGE vrugtesap sal doen, maar hy MOET gekonsentreerd en onverdund wees)

 

Hou die spulletjie dop en roer so elke nou en dan, anders brand die suiker in die vrugtesap vas. As die veselperske begin bruin raak is hy reg.

 

Eet hom saam met rys, pasta, vars bruin brood, patats of sommerso uit die pot uit.

 

Yummie!

11 antwoorde op Reseppie vir Zeppie – en natuurlik al die ander bloglanders wat hou van lekker eet.

  1. Yummies klink lekker

  2. louisna het gesê op Februarie 5, 2010

    Maklike resep, maar klink heerlik.

  3. zephur het gesê op Februarie 5, 2010

    Geen groente…

    Ag wel sal hom met glasie wyn doen

  4. Die edel druif kan hom net komplementeer.

  5. Joune is op pad.

  6. Gee terugvoer asb!

  7. Traai hom en laat weet!

  8. louisna het gesê op Februarie 5, 2010

    Thanks. Ek sien uit na hom.

  9. Sout en peper na smaak.

  10. Laat jy my bekkie nou water!

  11. Laat weet!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.