Lysie van tien

Desember 7, 2009 in Sonder kategorie

  1. Ek kan nie hekel of brei nie

  2. Ek ly aan erge hoogtevrees

  3. Ek het twee pelle wat al van 1970 my vriende is.

  4. Ek is ‘n groot ‘fan’ van Fords. (Bloos)

  5. Net een persoon op die blogs weet wie ek is.

  6. Ek is ‘n groot ‘fan’ van die Parlotones.

  7. Ek ondersteun die Leeus (Transvaal) al van 1968 af

  8. Ek is mal oor rooi hare (op ‘n vrou)

  9. Ek ry perd en motorfiets ewe goed, maar was amper twintig jaar laas op ieder.

  10. Ek is ‘n potjiekoskoning.

29 antwoorde op Lysie van tien

  1. baie nice lysie! aangename kennis! ek deel beslis die hoogtevrees ene met jou!

  2. Toemaar..ek kan ook nie hekel of brei nie.
    En ek hou ook van die Parlotones :0)

  3. 1.Ek het rooi hare…jiss ek sal minder kom kuier.
    2.Ek vrek ook oor die Parlotones (onlangs ‘n dvd geblog van hulle)
    3.Ek kan ook nie hekel of brei nie omdat ek links is en niemand kon my leer nie!

  4. Ek luv perdry …maar ysterperd nee hou verby!…

  5. Hou net jou oe toe en klou!

  6. Ek was ‘n Transvaal Fan toe daar net drie van ons was. Ek, Louis Luyt en Jimmy Abbot.

  7. Pragtig!

  8. As jy een van my twee sussies is, dalk?

  9. Dankie!

  10. Gedog daar’s iets omtrent jou wat my welgeval! (lol)

  11. Berwick het gesê op Desember 7, 2009

    Potjiekoskoning – respect!

  12. Tx hoor!

  13. Tx. (Grin)

  14. lmga!

  15. LMGA!

  16. dinkweer het gesê op Desember 7, 2009

    Ek dink ek moet ook so ‘n lysie skryf. Maar sal eers moet gaan sit en dink wie ek is…!

  17. Raai, laat ek sien!

  18. Dit het nogal kopkrap gekos.

  19. wie weet wie jy is? ek wil die persoon gou gaan omkoop ;D

  20. Vroeg of laat vyftigs?

  21. 1957. Geluk, jy wen ‘n boks tjoklits.

  22. Broer, nr4 sou ek liewer nie erken het nie. groete

  23. Hoekom dink jy bloos ek?

  24. Ek verstaan, al is ek nie ‘n Ford man nie, het ek tog so halwe liefde vir die outydes Ford F100’s. Het nog nooit een gehad nie, mar ek sien deesdae bou die manne hulle om tot baie mooi rygoed. groete, ek verstaan.

  25. Lekker voertuie die F100’s. Maar dors!

  26. zephur het gesê op Desember 10, 2009

    Indien ek jou misloop op die blogs die volgende paar dae…wil ek net nou sê, geniet die verlof (indien enige) en beleef ‘n wonderlike fees tydperk. Mag die Kersfees ‘n baie spesiale tyd wees vir jou en familie.

    So met tyd gaan Blogville nou stil loop, soos almal hul karretjies pak…mag ons almal weer veilig terugkom en aan almal ons ervarings en ondervindings kom deel…onthou die fotos.

  27. Dankie Zep. En mag jy en joune ‘n baie geseende Kersfees beleef.

Los ’n antwoord vir modderkoekie. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.