Lysie van tien
Desember 7, 2009 in Sonder kategorie
-
Ek kan nie hekel of brei nie
-
Ek ly aan erge hoogtevrees
-
Ek het twee pelle wat al van 1970 my vriende is.
-
Ek is ‘n groot ‘fan’ van Fords. (Bloos)
-
Net een persoon op die blogs weet wie ek is.
-
Ek is ‘n groot ‘fan’ van die Parlotones.
-
Ek ondersteun die Leeus (Transvaal) al van 1968 af
-
Ek is mal oor rooi hare (op ‘n vrou)
-
Ek ry perd en motorfiets ewe goed, maar was amper twintig jaar laas op ieder.
-
Ek is ‘n potjiekoskoning.
aardsmoeder het gesê op Desember 7, 2009
baie nice lysie! aangename kennis! ek deel beslis die hoogtevrees ene met jou!
modderkoekie het gesê op Desember 7, 2009
Toemaar..ek kan ook nie hekel of brei nie.
En ek hou ook van die Parlotones :0)
eiewys-gekkigheid het gesê op Desember 7, 2009
1.Ek het rooi hare…jiss ek sal minder kom kuier.
2.Ek vrek ook oor die Parlotones (onlangs ‘n dvd geblog van hulle)
3.Ek kan ook nie hekel of brei nie omdat ek links is en niemand kon my leer nie!
karientjies het gesê op Desember 7, 2009
Ek luv perdry …maar ysterperd nee hou verby!…
plankloper het gesê op Desember 7, 2009
Hou net jou oe toe en klou!
plankloper het gesê op Desember 7, 2009
Ek was ‘n Transvaal Fan toe daar net drie van ons was. Ek, Louis Luyt en Jimmy Abbot.
plankloper het gesê op Desember 7, 2009
Pragtig!
plankloper het gesê op Desember 7, 2009
As jy een van my twee sussies is, dalk?
plankloper het gesê op Desember 7, 2009
Dankie!
plankloper het gesê op Desember 7, 2009
Gedog daar’s iets omtrent jou wat my welgeval! (lol)
Berwick het gesê op Desember 7, 2009
Potjiekoskoning – respect!
plankloper het gesê op Desember 7, 2009
Tx hoor!
plankloper het gesê op Desember 7, 2009
Tx. (Grin)
plankloper het gesê op Desember 7, 2009
lmga!
plankloper het gesê op Desember 7, 2009
LMGA!
dinkweer het gesê op Desember 7, 2009
Ek dink ek moet ook so ‘n lysie skryf. Maar sal eers moet gaan sit en dink wie ek is…!
plankloper het gesê op Desember 7, 2009
Raai, laat ek sien!
plankloper het gesê op Desember 7, 2009
Dit het nogal kopkrap gekos.
hippieheart het gesê op Desember 7, 2009
wie weet wie jy is? ek wil die persoon gou gaan omkoop ;D
plankloper het gesê op Desember 8, 2009
lol
plankloper het gesê op Desember 8, 2009
Vroeg of laat vyftigs?
plankloper het gesê op Desember 9, 2009
Ave!
plankloper het gesê op Desember 9, 2009
1957. Geluk, jy wen ‘n boks tjoklits.
boerseun1 het gesê op Desember 9, 2009
Broer, nr4 sou ek liewer nie erken het nie. groete
plankloper het gesê op Desember 9, 2009
Hoekom dink jy bloos ek?
boerseun1 het gesê op Desember 10, 2009
Ek verstaan, al is ek nie ‘n Ford man nie, het ek tog so halwe liefde vir die outydes Ford F100’s. Het nog nooit een gehad nie, mar ek sien deesdae bou die manne hulle om tot baie mooi rygoed. groete, ek verstaan.
plankloper het gesê op Desember 10, 2009
Lekker voertuie die F100’s. Maar dors!
zephur het gesê op Desember 10, 2009
Indien ek jou misloop op die blogs die volgende paar dae…wil ek net nou sê, geniet die verlof (indien enige) en beleef ‘n wonderlike fees tydperk. Mag die Kersfees ‘n baie spesiale tyd wees vir jou en familie.
So met tyd gaan Blogville nou stil loop, soos almal hul karretjies pak…mag ons almal weer veilig terugkom en aan almal ons ervarings en ondervindings kom deel…onthou die fotos.
plankloper het gesê op Desember 11, 2009
Dankie Zep. En mag jy en joune ‘n baie geseende Kersfees beleef.