Jy blaai in die argief vir 2009 Desember.

Groetnis, tot later

Desember 11, 2009 in Sonder kategorie

Ek en Snotvis en Number One Son pak vanoggend. Ons gaan woestyn toe vir ‘n paar dae. Die Namib wag. Ek sal foto’s neem en ek sal probeer blog terwyl ek daar is, maar ek belowe niks! Geniet asseblief julle Kersfees en die res van die vakansie! En vir die wat by die huis bly en werk… IEMAND moet dit doen…

Lysie van tien

Desember 7, 2009 in Sonder kategorie

  1. Ek kan nie hekel of brei nie

  2. Ek ly aan erge hoogtevrees

  3. Ek het twee pelle wat al van 1970 my vriende is.

  4. Ek is ‘n groot ‘fan’ van Fords. (Bloos)

  5. Net een persoon op die blogs weet wie ek is.

  6. Ek is ‘n groot ‘fan’ van die Parlotones.

  7. Ek ondersteun die Leeus (Transvaal) al van 1968 af

  8. Ek is mal oor rooi hare (op ‘n vrou)

  9. Ek ry perd en motorfiets ewe goed, maar was amper twintig jaar laas op ieder.

  10. Ek is ‘n potjiekoskoning.