Jy blaai in die argief vir 2009 November.

Tallulah Bankhead

November 8, 2009 in Sonder kategorie

Die legendariese Amerikaanse aktrise Tallulah Banhead, wat merendeels op die verhoog gewerk het, was bekend vir haar segoed, en veral haar kwinkslae oor seks, was amper so bekend soos die ewe legendariese Mae West. Ek het hierdie pragstukkie in ‘n dokter se spreekkamer raak gelees.

I’ve tried several varieties of sex. The conventional position makes me claustrophobic. And the others either give me a stiff neck, or lockjaw.

Tallulah Bankhead (1903 – 1968)

Darwin awards

November 8, 2009 in Sonder kategorie

Een van my gunsteling dinge op die Internet is die Darwin Awards wat toegeken word aan mense wat die “menslike genepoel verbeter, deur hulleself daaruit te verwyder.” Toe lees ek nou vanoggend die juweeltjie raak en ek dag: Die twee het ons almal amper ‘n guns gedoen…

A couple were severely burnt after their home in Port Elizabeth caught fire on Saturday afternoon, Netcare 911 said.

Spokesperson Jeff Wicks said the house on Bloukappie Street in Acadia allegedly caught fire after one of the two attempted to put out a cigarette by immersing it in a bottle with petrol thinking it was water.

The flames quickly spread through the house, with the couple trying to salvage what they could and douse the flames.

Both the husband and wife sustained second degree burns.

They are both in a serious but stable condition in hospital after they managed to escape from the burning house.

 

Skape op die dak

November 3, 2009 in Sonder kategorie

 

Nou kyk, die storie is nie myne nie. Dis vir my vertel deur ‘n geesgenoot (alhoewel nie tydgenoot nie) wat ‘n paar jaar voor my op Tukkies afstudeer het.

 

Nou hy was in een van die manskoshuise van die tersiëre instansie en het blykbaar sy tydjie daar vreeslik geniet, want sy 3 jaar kursus het hom ruim 5 jaar gevat om te voltooi. En in die tydperk het hy baie stories gehoor en baie wedervaringe beleef.

 

Op ‘n dag neem twee nuwe landboustudente, van Namibië af, hulle intrek in die koshuis. Glo saam grootgeword en skoolgegaan en hulle ouers boer op naburige plase. En so kom dit toe nou dat die twee ook ‘n kamer deel.

 

Na hulle ontgroening – waartydens hulle al die seniors beindruk het met hulle spangees en vasbyt – toe begin hulle hard swot. En dis ook nie lank nie of hulle begin hulle projek op die dak van die koshuis. Die projek is ‘n model van ‘n skaapkraal. En die manne saag en timmer en meet en pas en uiteindelik is die kampie klaar, kompleet met ‘n voer- en waterbak en ‘n afdakkie teen die fel Pretoria son. En toe bring hulle twee skape…

 

Nou hulle en die skape het heerlik in harmonie saamgeleef en die ander manne in die koshuis het naderhand redelik trots geraak op hulle mini- skaapboerdery op die dak.

 

Maar toe verdwyn een van die skape en almal mor en kook oor veediewe, ensovoorts. Toe bieg die Namibiërs dat hulle die skaap geslag het vir die koshuis se saamkuier met huis Erika – ‘n dameskoshuis – oor die vorige naweek. Die storie het soos ‘n veldbrand versprei en dit was nie ‘n honderd jaar nie, toe gaan twee van die meer saggeaarde stadsmeisies en verkla ons helde by die koshuisvader van dieremishandeling.

 

Op inspeksie ontdek die koshuisvader – ‘n professor in die geesteswetenskappe wat niks verstaan van boerdery nie – dat twee van sy manne wel skape op die dak van die kosuis aanhou. Dit kon hy uiteraard nie duld nie en die twee manne word op die rooi tapyt gedaag.

 

Hy trap hulle uit dat seewater hulle nooit sal skoonwas nie. Hy beweer hulle het elke landswet met betrekking tot boerdery gebreek, elke streekswet is moertoe, elke munisipale bepaling is bepaald verkrag en elke reel en regulasie van die universiteit is geskend. En toe hy klaar is met sy tirade toe vra hy…

 

“Sê my asseblief net een ding! Hoekom? Hoekom? Hoekom het julle besluit om skape op die dak aan te hou?”

 

En een van die manne glimlag vir hom, met ‘n sonskynglimlag, gevul met die onskuld van die ongekunstelde natuurkind, en hy sê:

 

“Maar Professsor? Wat nou as ons ‘n noodbraai moet hou?”

Haloween

November 1, 2009 in Sonder kategorie

Is daar enigiemand anders in die land van ons wat vir my kan veduidelik hoekom al wat winkel is deesdae Haloween vier? En daarmee saam moet pa’s en ma’s geld uithaal vir die ‘trick or treat’ kostuums en ons mede Suid Afrikaners doen sonder om te skroom die Amerikaanse ding en leer ons kinders dis lekker. (Oor die moraliteit en oorsprong van Haloween gaan ek nie nou uitbrei nie. ‘Suffice it to say’ dat geen lid van die drie susterskerke (en enige ander een, eintlik) aan die “fees” mag deelneem met ‘n skoon gemoed nie.)

However!

Ek trek te velde teen die Amerikaanse Kultuur Imperialisme. Ons kinders praat al fokken Afrikaans met ‘n Amerikaanse aksent! Gaan luister maar hoe klink dirt as Menlopark Hoerskool uitkom. En Waterkloof en Affies. En nou moet ek nog swiets gaan koop sodat ek dit vir die ‘trick or treat’ kindertjies kan gee as hulle aan my hek se klokkie lui! Watse kak is dit! (En ek is nog meer die moer in want ek kon nie gaan rugby kyk nie, want my span was te lank laas in ‘n finaal!)

As Anah nie so kwaai teen die p woord gekant was nie (en let’s face it, ek is ok, maar ek is die moer in vir Obama en al die donnerse Yanks) was ek nou kwaad genoeg om dit te gebruik!

Haloween se moer. Moenie julle kinnertjies na my huis toe stuur nie. Ek het die swiets vir die Jack Russel/Foksterrier kruis gegee, en nou is hy BAIE hyper. Hy sal hulle jaag to op Loftus se B veld en dan hulle misrabele kostuumpies afskeur en al hulle swiets opvreet wat hulle by ander mense gebedel het. And it serves them right!

(Ek kan nie eers meer in ordentlike Afrikaans swets nie. Donnerse Amerikaners met hulle twak!)

Nou voel ek beter.

Dankie.