Om positief te wees.

November 14, 2009 in Sonder kategorie

Mens se houding oor dit wat die lewe op jou pad saai is baie keer die deurslaggewende faktor in moeilike situasies. Vandag so ‘n situasie gehad en net gedink: ‘Te moer. Ek is baas, en die ding gaan my nie onderkry nie”. En toe het ek met ‘n smaail op my bakkies die “swaarky met lekkerkry klaargekry!” (Met dank aan Langenhoven) Maar dit laat my toe aan die volgende storie oor positiewe denke dink…

Tydens die Boereoorlog le ‘n ou kryger en sy seun in die loopgrawe en wag vir die Kakies om aan te val. Na ‘n ruk vra die seun : “Pa hoeveel burgers het ons?” En sy pa se: “So omtrent 80” Nou le hulle weer en wag. Toe vra die seun  weer: “Pa, wat se die verkenners? Hoeveel Kakies is daar?” En sy ou vader suig aan sy pyp en se: “Hulle reken daar’s omtrent 10 000 Kakies.”

Die seun se vir lank niks. En dan…

“Ag fok. Ons gaan vannaand weer laat by die huis kom…”

15 antwoorde op Om positief te wees.

  1. ‘Skuus vir skrap…my vingers te vinnig vir die gesonde deel van my verstand! Lekker groot smile diekant.

  2. rosa02 het gesê op November 14, 2009

    lang dag inderdaad – maar tou opgooi? nie maklik nie, dit is geneties in ons Afrikaners, dink positief en hou aan fight tot die bitter einde

  3. Ek hou van die ‘oortyd’ deel!

  4. Sterk swart koffie!

  5. zephur het gesê op November 17, 2009

    Jip positiewe denke…

  6. Hehehehe. Jy sal herman Charles Bosman se Anglo-Boereoorlogstories baie geniet. Daar was mos ook so ‘n brief in die eposomloop oor ‘n Boer wat vir Sadam Hoesein geskryf het. Skreeusnaaks gewees.

  7. Dankie Antie. Ek het hulle jare gelede gelees. Sal graag daai brief onder oe wou kry…

  8. Goeie motto daardie Plankloper

  9. mind over matter 🙂

  10. Berwick het gesê op November 19, 2009

    :-)))

  11. zephur het gesê op November 20, 2009

    Lekker naweek

  12. Ja, ons moet maar positief wees oor die Bokke…

  13. hehe, lang dag wat hulle gehad het.

  14. Positief is goed!

  15. Ja, maar ek kan mos kom kuier…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.