Jy blaai in die argief vir 2009 November.

Liefde

November 29, 2009 in Sonder kategorie

Netta en Nella drink koffie en eet muffins.

Netta vra vir Nella: “Hoe weet jy jou man is lief vir jou?”

“Hy dra altyd die vullis uit”

“Dis nie liefde nie, dis goeie huishouding.”

“Hy gee my al die geld wat ek nodig het.”

“Dis nie liefde nie, dis vrygewigheid.”

“Hy maak altyd die deur vir my oop.”

“Dis nie liefde nie, dis goeie maniere.”

“Hy kyk nie ander vouens nie.”

“Dis nie liefde nie, dis stiksienigheid.”

“Hy soen my self al het ek krullers in my hare en ek stink na knoffel.”

“DIT is liefde!”

Vrees of verbeelding?

November 28, 2009 in Sonder kategorie

Kyk, ek is ‘n rugbyman. Ek het die eierbôl ‘game’ gespeel van ek 8 jaar oud was, tot my werk belangriker geword het as die plesier van rugby. En ek was nooit bang nie. Die grootste ou kon maar op my afstorm, en ek was daar om hom met ‘n skouer in die kortribbes te klap met ‘n Joggie Jansen plettervat. Losskrums was a vreugde, selfs al het die ouens dit gereeld gebruik om jou met die vuis of toks by te kom. In my laaste wedstryd, teen Yskor, Van der Byl, het hulle slot my so hard geslaan dat ek vir tien minute ‘lights out’ was, en toe ek bykom toe gaan ek terug op die veld en sorteer die knaap toe weer op my beurt in die losskrum uit. (In daai dae het ons nog nie gebekommer oor harsingskudding nie) So ek vermoed ek kan met ‘n oop gemoed sê, ek is nie bang vir fisiese geweld nie.

 

Maar gesteraand sit ek na die krieket en kyk…

 

Kyk, die blote gedagte dat mens willens en wetens daar gaan staan en wag dat ‘n rooinek jou met ‘n klipharde bal probeer vermoor, en al wat jy het om jouself mee te beskerm is ‘n stuk wilgerhout, ‘n paar stukke spons en ‘n plastiek ‘helmet’, laat my hare orent staan. En daai manne kan ‘n bal gooi… Iewers tussen 140 en 150 kilometer per uur kom daai bal op jou af en jy moet keer vir jou ‘wickets’. Aikona, mens maak nie uit eie vrye wil so nie.

 

En dan is daar die veldwerkers. Mark Boucher het sulke lekker dik handskoene aan, maar die ander arme ouens moet daai bal kaalhand probeer vang. En as die bal hulle op die kneukels of die elmboog tref dan glimlag hulle net en vryf die seerplek vir ‘n vale. Ek het bietjie somme gedoen. As die bal by die kolf uitkom teen 145 kph, en die kolwer bliksem die ding terug. Dan gaan hy weer by die kolwer uitkom teen om en by dieselfde spoed – friksie ens, in aggenome. Dan duik die kolwer – nie uit die pad uit nie – nee, hy duik voor die bal in en steek ‘n hand uit om die ding te probeer vang! Met ‘n kaal hand…

 

My knape was almal kranige krieketspelers. Snotvis het selfs eendag 96 lopies aangeteken vir sy skool se 4e span. En hulle sê toe nou vir my, dis net omdat ek self nooit krieket gespeel het nie dat ek so bang is vir daai bal. Maar ek weet wat ek weet. Daai ding is kliphard en as hy jou tref gaan dit seer wees. Ek het eenkeer as klein seuntjie om die buitekant van ‘n krieket veld geloop op pad winkels toe en toe slaan iemand ‘n vier en die bal tref my in die sy waar ek aan die anderkant van die grens drafstap. Toe ek bykom lê ek op die naat van my rug met ‘n klomp bekommerde ooms wat in ‘n kringetjie om my staan.

 

Maar nou wonder ek… Is ek so bang vir daai bal omdat my verbeelding vir my sê hy gaan my seermaak. Of is ek so bang vir daai bal omdat hy my al seergemaak het? Ek vra maar net…

Met die oog op die naderende feesseisoen…

November 26, 2009 in Sonder kategorie

The Value of a Drink

“Sometimes when I reflect back on all the wine I drink
I feel shame. Then I look into the glass and think
about the workers in the vineyards and all of their hopes
and dreams
. If I didn’t drink this wine, they might be out
of work and their dreams would be shattered.
Then I say to myself, “It is better that I drink this wine and let their
dreams come true than be selfish and worry about my liver.”
~ Jack Handy

WARNING: The consumption of alcohol may leave you wondering what the hell
happened to your bra and panties.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
“I feel sorry for people who don’t drink. When they
wake up in the morning, that’s as good as they’re
going to feel all day.”
~Frank Sinatra

WARNING: The consumption of alcohol may create the illusion that you are tougher, smarter, faster and better looking than most people.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
“When I read about the evils of drinking, I gave up reading.”
~ Henny Youngman

WARNING: The consumption of alcohol may lead you to think people are laughing WITH you.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
“24 hours in a day, 24 beers in a case. Coincidence? I think not.”
~ Stephen Wright

WARNING: The consumption of alcohol may cause you to think you can sing.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
“When we drink, we get drunk. When we get drunk,
we fall asleep. When we fall asleep, we commit no sin.
when we commit no sin, we go to heaven. So, let’s all
get drunk and go to heaven!”
~ Brian O’Rourke

WARNING: The consumption of alcohol may cause pregnancy.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
“Beer is proof that God loves us and wants us to be happy.”
~ Benjamin Franklin

WARNING: The consumption of alcohol is a major factor in dancing like a retard.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
“Without question, the greatest invention in the
history of mankind is beer. Oh, I grant you that the
wheel was also a fine invention, but the wheel does
not go nearly as well with pizza.”
~ Dave Barry

WARNING: The consumption of alcohol may cause you to tell your friends over and over again that you love them.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
To some it’s a six-pack, to me it’s a Support Group. Salvation in a can!

~ Dave Howell

WARNING: The consumption of alcohol may make you think you can logically converse with members of the opposite sex without spitting.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
And saving the best for last, as explained by Cliff Clavin, of Cheers.
One afternoon at Cheers, Cliff Clavin was explaining the Buffalo Theory to his buddy Norm.
Here’s how it went:

“Well ya see, Norm, it’s like this… A herd of buffalo can only move as fast as the slowest buffalo. And when the herd is hunted, it is the slowest and weakest ones at the back that are killed first This natural selection is good for the herd as a whole, because the general speed and health of the whole group keeps improving by the regular killing of the weakest members. In much the same way, the human brain can only operate as fast as the slowest brain cells. Excessive intake of alcohol, as we know, kills brain cells. But naturally, it attacks the slowest and weakest brain cells first. In this way, regular consumption of beer eliminates the weaker brain cells, making the brain a faster and more efficient machine. That’s why you always feel smarter after a few beers.”

WARNING: The consumption of alcohol may make you think you are whispering when you are not

Dink ding vir die dag

November 26, 2009 in Sonder kategorie

A girl can wait for the right man to come along, but in the meantime that still doesn’t mean she can’t have a wonderful time with all the wrong ones.

CHER

Papeslaai se speletjie

November 25, 2009 in Sonder kategorie

R 500 000

Die oorspronklike Mini wat die Monte Carlo gewen het. En as ek hom nie kan kry nie, ‘n goeie replika. (Dink in elk geval ek sal die net die replika kan bekostig vir daai geld.

R 50 000

‘n Lekker Groot Braai vir 100 van my beste vriende om die nuwe Mini te vier

R 5 000

Hoofpyn medisyne vir na die braai.

‘n Moderne Ikoon

November 22, 2009 in Sonder kategorie

50 jaar later…

 

Kyk, ek is ‘n petrolkop. (Natuurlik op die mees kunsinnige manier denkbaar…) En op my werf staan daar baie karre. Daar is die alledaagse vervoer – My Isuzu diesel bakkie, die rooikop se Ford diesel bakkie, skoonma se Hyundai… Dan besit ek ook ‘n 1957 Jaguar Merk 7. En dan is daar die Mini’s. Ses van hulle.

 

Die ding het so begin… In ‘n futiele poging om my pensioengeldjies nie heeltemal moertoe te stuur nie het ek vir elkeen van my drie seuns ‘n Mini gekoop vir hulle dertiende verjaarsdae. Die plan was eenvoudig, logies en slim. Elkeen kry ‘n Mini wat hy dan moet uitmekaar haal en weer aanmekaar sit en restoureer, en sodra hy dan oud genoeg is om wettiglik te bestuur het hy ‘n kar wat hy soos die palm van sy hand ken.

 

Ek het egter nie rekening gehou met my en die rooikop se gene nie. Sy het vir jare in die motorbedryf gewerk en sodoende al wat ‘n kursus is gedoen om al vinniger met enige iets met wiele te kan ry. En sy hou van vinnig ry. Op ons eerste date het sy my so bang gery ek het daar en dan besluit om met haar te trou sodat ek haar heer en meester kan wees en haar sodoende kan beveel om stadiger te ry. (Nog ‘n slim, logiese, eenvoudige plan wat sy gat gesien het.)

 

Alle geval… Number One Son was skaars veertien toe sy rooi Mini klaar is, kompleet met resies sitplekke, ‘n rolhok en ‘n warmgemaakte enjin. (Ek belowe ek het hom nie geleer om so te wees nie. Hy’t alles op die Internet gekry.) En toe leen hy ‘n kartreiler en toe gaan jaag hy resies. Middelkind het net ‘n aks langer gevat voor hy ook renbaan toe is met sy Mini. En toe kom Snotvis (die jongste) en hy kry ‘n Mini stasiewa wat hy in ‘n “Shaggin Wagon’ (sy woorde) verander. En hy gaan jaag ook resies.

 

Resies jaag is baie soos boer. Jy ploeg baie geld in die land in en dan wag jy. En dan ploeg jy nog geld in en nog en nog en nog… Julle kry die prentjie. Nou het ek nie net my eie resies jaaery wat ek moet borg nie, ek het drie seuns wat ook jaag. En die rooikop begin sê dis nie regverdig nie, sy het dan nou niks om mee saam te jaag nie…

 

En dis alles die Mini se skuld.

  

Vyftig jaar gelede het Alec Issigonis saam met ‘n paar kollegas in ‘n kroegie langs die Teemsrivier gesit en agter op ‘n papierservet sy idees vir ‘n nuwe klein motorjie uitgestip. Oor die volgende paar weke het die karretjie gestalte begin kry in Issigonis se kop en sketse het op koeverte, notaboekies, tafelblaaie en selfs tafeldoeke begin verskyn soos wat Issigonis sy idees verfyn het. Toe hy uiteindelik tevrede was het hy sy idee aan die bestuur van BMC (British Motor Corporation) gaan verkoop. Vier maande later het die eerste Mini die lig gesien.

 

Hierdie ikoniese motorjie het die wêreld stormgeloop. Almal het ‘n Mini gehad of begeer. Mary Quant, die Beatles, Twiggy, Jean Shrimpton… Noem hulle name, hulle het Mini’s gery. Mini karre en mini rompe was in. Dit was die ‘swinging sixties’ .

 

BMC se bestuur het gehoop dat die Mini se produksie vir ongeveer twee tot drie jaar sou hou. Maar toe kom John Cooper na vore en begin Mini’s warm maak en begin wedrenne wen met hulle. Wie het nog nie gehoor van die legendariese Mini Coopers nie? In die begin stadium het hulle maar net ‘n 850 cc enjin gehad, maar ek het ‘n foto van John Cooper, in ‘n Mini, wat vir Jim Clark, in ‘n V8 Ford Galaxie, in ‘n draai verbysteek. Die Mini het die Monte Carlo tydren gewen. En uiteindelik het BMC besef die mini is hier om te bly.

 

En in die vyftigste bestaansjaar van die Mini leef die karretjies nog steeds legendaries voort. By ‘n onlangse klubkampionskap by Zwartkops renbaan, buite Pretoria, het ek gestaan en kyk hoe Number One Son die Klub se Victor Laudorum word in sy selfgeboude, vyftig jaar oue, Mini. Number One Son se leningsrekening by my pensioenvonds, tot op hede, staan onder twintig duisend… En van die ander manne wat aan die kampioenskap deelneem ry met goed wat ‘n miljoen, plus, kos.

 

Middelkind en Snotvis het ook al ‘n paar trofees en pryse losgery en as die rooikop aanhou brom oor ‘n resieskar gaan ons sommer gou-gou ‘n nuwe trofeekas moet bou. (En my planne vorder fluks vir die 2011 Dakar…)

 

Dankie Sir Alec. Dankie BMC. En dankie Mini!

 

(Ek gaan binnekort ‘n steekproef oor mini’s op die blog laat verskyn, so begin gerus poleer aan julle eie Mini stories!)

Om positief te wees.

November 14, 2009 in Sonder kategorie

Mens se houding oor dit wat die lewe op jou pad saai is baie keer die deurslaggewende faktor in moeilike situasies. Vandag so ‘n situasie gehad en net gedink: ‘Te moer. Ek is baas, en die ding gaan my nie onderkry nie”. En toe het ek met ‘n smaail op my bakkies die “swaarky met lekkerkry klaargekry!” (Met dank aan Langenhoven) Maar dit laat my toe aan die volgende storie oor positiewe denke dink…

Tydens die Boereoorlog le ‘n ou kryger en sy seun in die loopgrawe en wag vir die Kakies om aan te val. Na ‘n ruk vra die seun : “Pa hoeveel burgers het ons?” En sy pa se: “So omtrent 80” Nou le hulle weer en wag. Toe vra die seun  weer: “Pa, wat se die verkenners? Hoeveel Kakies is daar?” En sy ou vader suig aan sy pyp en se: “Hulle reken daar’s omtrent 10 000 Kakies.”

Die seun se vir lank niks. En dan…

“Ag fok. Ons gaan vannaand weer laat by die huis kom…”

Die groot vraag

November 12, 2009 in Sonder kategorie

Partykeer kan die verkeerde vraag op die verkeerde tyd, groot moles maak!

Ons sit gister so ‘n halwe rugbyspan groot om die lang tafel in die kantien en eet middagete. En die manne gesels rugby en voorrye en politiek en Julius en Eskom en so aan. En ek kom toe egter dat die jong mannetjie wat regoor my sit verkeerdom eet. Almal van ons eet met die vurk in die likerhand en die mes, regs. Maar die knaap het sy mes in die linkerhand en vurk in die regter. En ek sit hom ek kyk want hy het boonop nog so ‘n bakarm manier van die kos in sy mond kry. Nie ongeskik of ongepoets nie, net anders.

 

Hy kom na ‘n ruk agter ek sit hom en dophou en vra my toe of iets verkeerd is, en ek sê nee, maar jy eet anders. En toe hou almal hom dop. En hy raak al meer verboureerd en skaam en toe begin ons praat oor die feit dat hy anders eet. Hy sê hy is nie links nie, maar hy eet al sy lewe lank so. En dan voeg hy by: “Ek dink…”

 

Vanoggend kom hy na my toe en half desperaat wil hy weet hoekom ek hom nou juis op sy manier van eet attent gemaak het. Ek trek skouers op, want ek het nie bedoel om aanstoot te gee nie, dit maar net ‘n opmerking.  ‘n Onskuldige vraag. Toe sê hy vir my dat hy nou glad nie meer weet hoe om te eet nie. As hy eet soos gister voel dit snaaks, as hy hande omruil voel dit snaaks, en hy weet nie wat om te doen nie. Arme man!

 

En dit laat my toe dink aan Oom Servaas wat daar iewers naby Jan Kempdorp geboer het. En Oom Servaas het ‘n lang, welige, spierwit, baard gehad. En alhoewel hy gevorderd was in jare was hy springlewendig en gesond en kon hy menige man van helfte sy ouderdom uitstof as dit by werk kom.

 

Oom Servaas het sy gesondheid toegeskryf aan slaap. “As mens goed en rustig slaap word jou liggaam se beskadigde selle gesond en jou brein rus en jou siel kan met die Skepper praat.”

 

En toe eendag by ‘n nagmaaldiens vra die kranige jong dominee ewe onskuldig vir Oom Servaas of hy met sy baard bo, of onder die komberse slaap.

 

Van daardie dag af het Oom Servaas nooit weer ‘n rustige nag gehad nie, want hy’t nog nooit vantevore daaraan gedink nie.

Assistent vir niemand

November 10, 2009 in Sonder kategorie

Vaatjie Viljee was ‘n ou maat van my. Paar jaar ouer as ek in jare, maar nie in intellek nie. En Vaatjie was ‘n goeie pel want hy het vir die SAS en H gewerk op Kaapstadhawe en daarom kon hy verniet trein ry. En so het hy toe vir my een van sy ou treinpasse gegee en ons het met tippex en wisser dit reggekry dat dit lyk soos die Real McCoy en toe kon ek ook die Kaap platry sonder om ooit iets aan die SAS en H te betaal vir die voorreg. Van Kaap tot Kuilsrivier en Simonstad tot in die Kaap het ek daai treine gery! En dit was lekker en dit was oor die algemeen skoon en veilig. (Helaas nie meer nie! Miskien moes ek maar betaal het dan het die treine dalk beter gelyk, vandag…)

 

Alle geval, Vaatjie se werk op die stasie was om die Inspekteur te assisteer. Die Inspekteur was ‘n man vir wie Vaatjie die wêreld se respek en agting gehad het. Hy was ook so bang vir hom soos die duiwel vir ‘n slypsteen. (BTW. Hoekom is die duiwel bang vir ‘n slypsteen??)

 

Vaatjie het in die oggende ingegaan werk toe, die koerant gekoop en voor die Inspekteur neergesit en dan gaan tee maak met twee Marie biscuits op die piering. Dan het hy die lys van skepe en skeepvragte gaan haal wat die dag geinspekteer moet word. Die Inspekteur het die lys geinspekteer en dan het hy sy pen, sy clipboard en sy bril gevat, sy khaki jas aangetrek en hy en Vaatjie het dan die dag se werk begin. Hulle inspeksies van skeepsvrag was gemik daarop om te sien dat geen produkte die land inkom wat dalk skadelik vir mens of dier kon wees nie.

 

Steekproewe is op sakke met saad gedoen. Kaas is bekyk en geproe (Díé dat Vaatjie so dik geraak het) Melk is getoets ens. Aan die einde van die dag het hulle dan ‘n verslag opgestel wat deur Vaatjie met twee vingers in triplikaat op ‘n ou Olivetti tikmasjien getik is. En more het hulle weer dieselfde gedoen.

 

Op ‘n goeie dag kom Vaatjie doodsbleek by my aan en vertel dat die Inspekteur na De Aar verplaas is, en Vaatjie is bang, want gaan hy ook verplaas word? Wat gaan van sy ma word? Ek het niks geweet van die SAS en H se verplasingsbeleid nie en ou Vaatjie probeer gerusstel.

 

‘n Week later het Vaatjie nog niks gehoor nie. Twee weke, drie weke en toe is die maand om en die Inspekteur vertrek De Aar toe. En die nuwe Inspekteur kom daar aan met sy eie assistent. En van toe af het Vaatjie se lewe drasties verander. Hy’t in die oggende treingery hawe toe en dan tee gemaak vir die nuwe Inspeteur en sy assistent. En dan het Hy die koerant gelees. So teen middagete stap hy na die kroeg toe en speel n’ paar potjies snoeker, Dan gaan loop hy die dokke plat en gesels met almal en vannaand gaan hy weer huistoe.

 

En so het dit vir maande aangegaan en niemnd het besef Vaatjie werk nie, maar hy kry salaris. En toe gaan sy ma dood en ou Vaatjie besluit dis seker maar sy straf omdat hy so lui is. Hy’t aansoek gedoen om op die sleepbote in die hawe te werk en na ‘n paar maande se opleiding stap hy toe ook aan boord.

 

Ek is weg uit Kaapstad uit en toe ek na jare weer daar kom was daar g’n teken van Vaatjie nie. Niemand het hom onthou nie en daarom het niemand geweet waarheen hy is nie.

 

Ek wonder of Vaatjie nie moeg geword het vir die lewe op die sleepboot nie en weer sy werk gaan vat het as assistent van niemand. As iemand van hom weet? Laat weet my… Asb.

Mae West

November 8, 2009 in Sonder kategorie

En so gepraat van die Buxom Blonde… Geallieerde soldate het hulle reddingsbaadjies Mae West’s gedoop omdat hulle gedink het dis hoe dit sal voel as sy ‘n man sou omhels. En sy het gese…

Give a man a free hand and he’ll run it all over you.

Is that a gun in your pocket, or are you glad to see me?

To err is human, but it feels divine.

I lost my reputation young, but I never missed it.

I generally avoid temptetion, unless I can’t resist it.

Ja ne… Ons het nie meer sulke Hollywood sterre nie.