Grys hare se gevare

Oktober 28, 2009 in Sonder kategorie

Laai my ou maat Elmo my toe op om saam met hom Soweto toe te gaan op ‘n sakebesoek. (Ek vermoed hy’t my meer opgelaai vir die gesels as vir die sake) In Soweto aangekom het ons, ons draaie gery en ons make gemaak en Elmo se ma bel en vra of hy by haar kan omry op pad huistoe.

Nou moet ek eers verduidelik. Elmo was op 25 al grys. En nou dat ons albei in ons 50’s is is hy nie net grys nie, hy’s spierwit. Elmo is ook ‘n suksesvolle sakeman wat dwarsoor Afrika sake doen en met groot gemak met mense van alle kulture en kleure en godsdienste oor die weg kom. “Rassis” is nie iets wat enigiemand hom sal, of kan, noem nie en hy tik my gereeld oor die vingers as ek my vooroordele luidkeels laat blyk as ‘n taxibestuurder hom soos ‘n vark gedra.

Ons is toe nou klaar, en na ‘n koue varsetjie in ‘n vriendelike shebeen, ry ons Soweto uit, en in ‘n padblokade in. Die poliesman staan nader en Elmo gee hom sy lisensie. Die man lees die lisensie en vra wat het ons in Soweto kom doen. Elmo vertel dis besigheid en toe vra die man waarheen is  ons op pad. (Nou’s ek al reg om hom ‘n ginekologiese klap te gee want wat de donner het enigiets van die met hom te doen?) Elmo daarenteen glimlag en se ons gaan vir sy ma kuier. Die poliesman kyk Elmo sy grys hare, sy oe rek wawyd oop en hy se in uiterste ongeloof: “Hau! You stil got a  mother?”

Ons het tot in Pretoria gelag

7 antwoorde op Grys hare se gevare

  1. Hehehehe. Lekker lag ek.
    Ginekologiese klap. Skerp een daai.

  2. lol…

    Hoop jy het n lekker dag

  3. Ongelukkig nie my uitvindsel nie, maar ek gebruik dit skaamteloos.

  4. Daai shebeens het karakter en so klink jou vriend gryse vriend ook.

  5. zephur het gesê op Oktober 28, 2009

    Salusa 45

  6. Ek gee hom gereeld die Diepseun van die Week toekenning

  7. As dit nou net nie was vir my rakish charm en boyish goodlooks nie het ek ook DAAI een getraai.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.