Pasop wat jy se…

Oktober 26, 2009 in Sonder kategorie

‘n Ou pel van my is ‘n stoere Blou Bul ondersteuner en ek het hom dit vergewe, want hy was inderdaad ‘n steunpilaar in my tyd van nood. (Baie tye van nood) Alle geval… Hy kom toe nou van Loftus af waar hy die WP game in ‘n losie op ‘n grootskerm tv gekyk het saam met werskollegas. (Hoekom is daar tv’s in die losies? Jy kan mos net uitloop en die game lewendig sien)

Soos dit nou maar, volgens oorlewering, gaan in die losies is daar mildelik van Klippies en Coke verbruik tydens die naalbyt stryd. So kuier hulle toe verder, en verder en verder en diep in die nagtelike ure vat hy die pad huis toe, Garsfontein toe.

En hy kom om ‘n draai en toe is dit net ligte en die manne in blou (SAPS) en die manne in bruin (Tshwane Metro Police) en hulle trek hom af en wys hy moet stop.

En my ou pel besef hy’s in groot poef want selfs ‘n Toyota mag nie bestuur word met al daai Klippies in jou lyf nie.

En hy sien die man in bruin staan nader. En hy rol die venster af en tot sy verbasing sien hy, hy is ‘n sy.

En die (blykbaar) aanvallige dame in bruin kom staan by sy venster met die blaaspypie in haar hand. En die gevaarlike mengsel van Klippies en testostoroon skop in en hy se met ‘n Staal Burger stem: Naand Sexy!

En sy kyk hom op en af en waarsku hom: Besef jy dat alles wat jy se teen jou gehou mag word?

En hy smile.

En hy se:

TIETE!

9 antwoorde op Pasop wat jy se…

  1. Slim gedink 🙂

  2. LOL, kostelik!

  3. Ou Tolla vd Merwe sou “PRAMME” gebruik het. Mooi so ou bees.

  4. Dankie. Het al amper vergeet van daai mooi woord. “By Pramberg bler ‘n moflam…”

  5. Ek skree ook vir die Blou span!

  6. Shame

  7. Inderdaad.
    Ons sukkel nog om haar te kry om te verstaan dit was as kompliment bedoel…
    (En nou gaan ek kak optel van all and sundry)

  8. TheSpear het gesê op Oktober 27, 2009

    Lol!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.