Om John Wayne te wees…

Oktober 25, 2009 in Sonder kategorie

Om John Wayne te wees…

 

Ek sou die ou pennevruggie seker ‘n klomp titels kon gegee het maar ek dink die laaste paar dae aanmekaar aan John Wayne.

 

En daar staan ek toe in die swembadganggetjie van Game op soek na ‘n swembadborsel, want die Siberian Husky/Alsation kruis het die ander een opgevreet, vermoedelik omdat sy dit met ‘n blou t-bone verwar het. (Sy’s beeldskoon, maar besig!)

 

Hier kom ‘n jong welgeskape blondine ook in die gangetjie af, vermoedelik ook op soek na iets vir die swembad. En sy het ‘n kort broekie aan en ‘n bruin t-hemp wat styf pas. En voor op die t-hemp is iets geskryf in klein lettertjies, en ek probeer dit lees.

 

Nou kyk… Ek probeer my lewe soos John Wayne leef. My woord is my eer, my handdruk is ferm, ek kyk mense in die oë as ek met hulle praat en my rollies is skoon en geolie in hulle holsters. Ek trek die goed net uit as ek bedoel om iemand te skiet. Ek sit regop op my perd en ek beskerm vroue, kinders en diere.

 

Terwyl ek nog so ingedagte probeer lees wat op die meisie se bors staan, kom ek agter dat sy my ‘n KYK gee, en ek besef dis nie ‘n baie John Wayne ding wat ek nou doen nie. En ek vra om verskoning met my beste teater stem en in goeie Afrikaans. Maar die merrie KYK my en vra op Ingels wat ek dink ek doen, en in haar stem oor ek so ‘n effense Cockney infleksie. En pleks ek toe net soos ‘n pervert vir haar glimlag en wegloop, probeer ek toe weer die saak beredder deur vir haar my beste Queens English te sê dat ek nie besig is om haar buuste te bewonder nie, maar dat ek slegs haar t-hemp wil lees.

 

Iets wat ek gesê het moes haar die verkeerde idee gegee het want sy vra my hoe ek durf! (Kyk of praat… Ek’s nie seker nie) En ek besef skielik hoekom party van ons ou volkie die Ingelse na al die jare nog steeds haat. Want met die dat sy haar so vir my vererg, beduie sy met haar hande en haar buuste spring op en af, want sien, die rooinekkie het nie ‘n buustelyfie aan nie. Dis soos ‘n magneet vir my oë en ek kyk toe maar weer na die twee bonsende klonkies, en ek vermoed ek het dalk van pure plesier geglimlag.

 

Die rooinekkie haak toe af en klap na my, maar ek het in my jong dae geboks en ek bob en weave uit die klap se pad uit. Maar met die neem instink oor en ek bal my vuiste. Suiwer instink, ek belowe. Ek het 25 jaar gelede laas aan iemand geslaan, en hy het dit verdien. Maar weer verstaan die rooinekkie my lyftaal verkeerd en sy begin gil. Die volgende oomblik steek die ge-uniformde “siekoeritie” sy breë gesig om die hoek en vra wat aangaan. Ek probeer verduidelik maar die rooinekkie skree ek het haar ‘sexually harrass’. ‘Siekoeritie’ staan nader en die meisiekind klap weer na my en ek bob en weave, maar hou darem my hande af die keer.

 

“Wat sou John Wayne gedoen het?” dink ek by myself, maar die antwoord is nie dadelik beskikbaar nie, toe doen ek maar dit waarvoor ek opgelei is.

 

My ma het my universiteit toe gestuur om die ‘knowledge from the college’ op te doen en so tussen die Shakespeare deur het ek geleer hom om tegnies te lag en te huil. Ek ek begin huil. Krokodiltrane biggel oor my wange en toe skeur ‘n rou snik deur my bors en ek tjank soos ‘n klein hondjie wat onverwags ‘n armystewel op sy stertjie kry. En so tussen die tjankery deur sak ek af tot op my hurke en ek brul skor: “I was’t looking at your boobs! I was trying to read your t-shirt!

 

‘n Groot ou met ‘n hangsnor en ‘n borselkop, wat lyk of hy dalk vir die Bokke vaskop stut kon gespeel het, wat hardop tjank in die swembadgang van Game is selfs vir die bes opgeleide ‘siekoeritie’ een te veel, en hy blaas die aftog en op sy hakke is my Ingelse nemesis.

 

Ek vee my trane af en gee pad, en as ek by my kar kom besef ek ek het nooit vir die swembadborsel betaal nie…

 

Ek sal maar more terugggaan en betaal. Dis wat John Wayne sou gedoen het.

 

En ter afsluiting…

 

I’m writing this in English in the vain hope that the bra-less lady in the brown t-shirt might get to read this somehow…

 

If you don’t want me to look at your tits, don’t go shopping in a tight t-shirt without a bra!

12 antwoorde op Om John Wayne te wees…

  1. TheSpear het gesê op Oktober 25, 2009

    Lol! Daar het jy dit nou.

  2. louisna het gesê op Oktober 25, 2009

    Volrondings bly maar die skepping van alle tye.

  3. Jodo het gesê op Oktober 25, 2009

    lekker gelees tussen jou lyne, oor die fynskrif tussen die duine

  4. louisna het gesê op Oktober 25, 2009

    Fynskryf laat my aan draai dink

  5. hutton het gesê op Oktober 25, 2009

    hehehehehhe!!!!!

  6. *LMGA*
    Daai twee hondjies wat onder ‘n laken speel is maar ‘n moeilike ding.
    Ek dink die “duke” sou ‘n skyf aangesteek het en die rook in haar ogies geblaas het.

    En dan skelm gekyk het.

  7. Tog jammer ek rook nie…

  8. Fyn gestel. Dankie

  9. Ja nee… Dankie

  10. EK ook nie! Verstaan jy my frustrasie?

  11. zephur het gesê op Oktober 26, 2009

    Flip nou wil ek ook weet…wat staan op daai T-shirt

  12. Zeppie, met tyd kom raad. En as ek gister nie so geskrik het nie, het ek haar voorgele en ordentlik gelees… Ai daai heuwels

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.