Enetjie vir Zeppie (En al die ander mense wat gereeld langpad ry…)

Oktober 22, 2009 in Sonder kategorie

Hierdie is ‘n uitsonderlike manier om vriende te maak, geselsies aan te knoop en die gebroedsel oneindig geamuseerd te hou. Nee nie Lego, Steve of drugs nie… Maar as mens op jou kar se enjin kook sal jy nooit alleen wees nie, en jou kinders sal nooit vra of ons al daar is nie. Nee! Hulle sal vra, is die kos al gaar?

Vat lekker dik aluminiumfoelie en sit ‘n stuk op jou kombuistafel, of jou kar se enjinkap. Vat nou genoeg kaasworsies, of russians en sit diet in die middel van die foelie. Vou dit dig toe en maak seker niks steek uit nie. Vat nou nog ‘n stuk foelie en draai dit ook stewig om jou pakkie. Jou worsies is nou ordentlik verseel.

Soek nou ‘n plek op jou voertuig se enjin, weg van waaierbande, kabels wat beweeg ensovoorts. Sit jou pakkie met worsies op die geskikste plek op die enjin en indien nodig maak hom vas met binddraad. (Nie ‘cable ties’ nie, hulle smelt!)

Nou vat jy die langpad, en as jy die lekker geure van onder jou enjinkap uit begin ruik, soek aftrek plek en maak jou enjinkap oop. Trek handskoene aan en haal die pakkie uit sy leplek uit. Maak oop, en eet net so, of sit in worsbroodjies en dan smul jy te heerlik.

As daar ander mense in die omtrek is gaan hulle verseker naderstaan om uit te vind wat aangaan. Sien! Dadelik nuwe vriende…

En as almla lekker geeet het, haal jy nog ‘n pakkie uit die koelsak en maak hom vas op sy leplek in die enjin. Nou speel jy raai-raai met die gebroedsel. Ruik en raai wat’s in die pakkie… Te lekker.

FAQ’s

Hoe lank vat dit? Hang af van jou enjin maar gewoonlik so 30 min tot ‘n uur.

Gaan die kos nie na petrol of rook ruik en proe nie? Nie as jou pakkie lekker dig toegedraai is nie.

Wat anders kan ek nog op my enjin gaar maak? Ek het al van Pta na Bloemfontein ‘n hele hoender gebak.

Maar jy lieg moes nou? My pa was ‘n predikant. Ek sal mos nooit lieg oor iets so belangrik nie!

Laat weet as iemand anders al so iets gedoen het, of DIE een probeer het. Ek sal graag wedervaringe oor enjin kook wil uitruil.

Groetnis, tot volgende keer.

Plankie 

8 antwoorde op Enetjie vir Zeppie (En al die ander mense wat gereeld langpad ry…)

  1. Maghitta het gesê op Oktober 22, 2009

    Plankie jy klink eerder na ‘n plaaitjie sal hierdie een vir my wederhelf vertel hy sal dit definitief wil probeer

  2. Jy het dit… Maar met deesdae se petrolpryse is daai goed net te duur om op te kook!

  3. Laat weet! Ek lag my altyd ‘n papie as enjinkookvirgins die eerste keer daai pakkie oopmaak!

  4. Tensy daar GROOT fout met jou enjin is.

  5. zephur het gesê op Oktober 23, 2009

    Great stuff…

    Ek het so ‘n resepte boek…Huffel en Suffel (weet daai vir mans wat net so meet met die hand)

    Daarin het hul ook so ‘n metode.

  6. Ek het jare terug egin om blikkies op die motorfietsenjin warm te maak en toe so met traai en probeer ‘n paar andwer resepte aanmekaar geslaan. Toe stuur my suster vir my ‘n boek uit Amerika – Manifold Destiny. Dis ‘n classic met heerlike disse in. Van toe af geniet ek die enjin kokery.

  7. Ek stem… Maar die vreugde van enjinkook is die reaksie wat jy ontlok. Of by omstanders of jou medepassasiers!

  8. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Maak baie sien, ek sal dit moet probeer!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.