Diepsloot se spietkop

Augustus 16, 2012 in Sonder kategorie

Ek is gewoond daaraan dat die metro-spietkops my gereeld aftrek by Diepsloot, raak nie meer ontsteld nie. Moet bieg, alhoewel padwaardig lyk my moertoe bakkie of daar fout moet wees, so ek verstaan. Maar tog gebeur dit soms dat daar ‘n skelm een is wat ‘n geldjie uit jou probeer dreig met ‘n: “Produce something small for me today.” Maar ek het in Afrika gewerk, het ondervinding, maak kortemette van sulke makkers.

Gister word ek weer afgetrek en toe die man nader stap, toe weet ek sommer. Duidelik stel hy nie in die padwaardigheid van my voertuig belang nie. Ignoreer die bestuurslisensie wat ek uithaal. Ek beheer my asemhaling, kondisioneer myself om nie sommer met die intrapslag my boeremoer te pluk nie. Neem hy egter die wind uit my seile: “My lanie, jou bakkie lyk of jy self-employed is. Jy het nie dalk werk vir my laaitie nie? Enige werk. Hy het nie matriek nie maar hy het ‘n drywersliksens.”

9 antwoorde op Diepsloot se spietkop

  1. Ja-nee, dis nogal wind-uit-seile stuff…

  2. TS het gesê op Augustus 16, 2012

    Mag hy dit doen?

  3. frandr het gesê op Augustus 16, 2012

    Ai, die arme man – werkloosheid is ‘n absolute tragedie in ons land!

  4. networking!

  5. CBL1979 het gesê op Augustus 17, 2012

    🙂

  6. “…jou bakkie lyk of jy self-employed is.” Gelukkig getuig jou bakkie nie van tenderpreneurskap nie.

  7. Beslis nie, maar ek verstaan – dit is desperaatheid.

  8. Nes jy daar se. En die koop van my nuwe bakkie sal nou nog ‘n ruk moet wag (die kontrakpos wat ek tans beklee word ‘n permanente pos gemaak, so net AA’s word oorweeg.)

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.