Welcome to Diepsloot

Augustus 15, 2012 in Sonder kategorie

Doen tans ‘n kontrak in daai bose stad Johannesburg en ry elke dag langs Diepsloot verby. Ek kan verstaan waarom ‘n kwaaijong ‘n horisontale streep deur die L van Diepsloot getrek het om dit in ‘n T te verander, want ek moet elke dag versigtig wees om nie een van die menigte skoolkindertjies langs die pad raak te ry nie. Kindertjies, hordes, wat nood uitstraal.

 

Net daar waar Diepsloot langs die snelweg begin is dit goed gedink om ‘n Welcome to Diepsloot op te rig. Dit is nou by dieselfde verkeerslig wat in die agt maande wat ek die pad ry minder as twee weke funksioneel was. Net soos die ander verkeersligte langs Diepsloot, permanent buite werking. Presies daar waar die slaggate en die vespoelde pad op sy ergste is.

 

Nie sommer net so ‘n ou Welcome to Diepsloot bordjie nie. Nee, dit is ‘n behoorlike suil van beton en sierklip, met sestien vlagpale, plaveide paadjies, plante en bome daarby. Groot geld spandeer om motorriste welkom te heet in Diepsloot.

 

As agtergrond, minder as dertig meter verder begin dié Diepsloot waar ons welkom moet voel – plakkerskamp krotte tot op die rand van die wal. Huisafval wat teen die rand afgolf tot teen die pad.

 

En soms, net soms wonder ek oor prioriteite in ons hartseer landjie.

 

8 antwoorde op Welcome to Diepsloot

  1. CBL1979 het gesê op Augustus 15, 2012

    Laat mens beslis wonder….

  2. TS het gesê op Augustus 15, 2012

    Dit maak mens erger as hartseer… magteloos.

  3. frandr het gesê op Augustus 15, 2012

    Aangrypend!

  4. avega het gesê op Augustus 15, 2012

    Ek het nou die dag daar verby gery en net ‘n entjie van die groot bord af, ‘n groot park tussen die krotjies gesien met kinders wat daar speel, amper soos ‘n oase in die woestyn.

  5. eros01 het gesê op Augustus 15, 2012

    Het op jou blog teruggelees. Jy skryf goed.Hoop om meer te sien. xR

  6. Ons land se prioriteite bestaan nie.

  7. Het jy van daai kastele daar gesien? Ek wonder of hulle daar skuil vir Jan Taks. O ja, het jy ook gesien dat tweederdes van daai ‘huise’ het satellietskottels. Donner, ek kan nie eers een bekostig nie.

  8. Dankie & aangename kennis.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.